SA se topleerling aangewys

Conrad Strydom

Conrad Strydom

Conrad Strydom is as die topmatrikulant van 2016 aangewys.

Conrad is van die Hoërskool Hermanus in die Wes-Kaap. Hy sê harde werk het verseker dat die eer hom te beurt geval het.

Conrad is ook die topmatriekleerling in die afdeling vir kwintiel 5-skole oor die land heen, sowel as in wiskunde. “Ek is regtig trots en opgewonde. Ek het hard gewerk deur my skoolloopbaan. Ek het hard gewerk in die klas, by die huis my werk hersien en selfs in die vakansies geleer,” het Conrad aan verslaggewers gesê, nadat hy Woensdagaand by ʼn spoggeleentheid sy toekennings ontvang het.

Die slimkop beplan om fisika aan die Universiteit Stellenbosch te studeer en ‘n fisikus te word. Conrad het verlede jaar ʼn eerste plek op die Suid-Afrikaanse Fisika Olimpiade behaal.

Weens sigprobleme het Conrad eers op agtjarige ouderdom begin lees. Conrad se presiese uitslae is nog nie bekend nie, aangesien hy van die Wes-Kaap is en die provinsie se uitslae eers later vandag bekend gemaak word.

“Voorwaar uitstaande! As ‘n skool en ‘n gemeenskap kan ons so trots wees. Baie geluk aan almal! Dit is ‘n spanpoging. Wat ‘n voorreg om deel van hierdie fantastiese skool te wees. Welgedaan Conrad. Welgedaan Hoërskool Hermanus! Hermies bo!” het Conrad se skool laat hoor oor sy prestasie.

Lees berigte oor ander toppresteerders hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Albatros ·

Ek dink ek kan se ek praat vir almal as ek se ons is almal trots op hom. Goed gedaan Conrad!

John ·

Stry? Die kerel is beslis nie dom nie… Hermanus kan nou maar regte sjampanje se proppe laat spat…

Lance ·

Geluk dis voorwaar merkwaardig ….baie sterkte jy is loshande voor deur jou harde werk en talente.

Coa ·

Harde werk word altyd beloon, Baie Baie geluk. Ons hou jou loopbaan dop.

Liza ·

Knap gedaan, baie geluk Conrad en mag jou pad net vorentoe in jou lewe geseend wees, voorspoed……..

Maria Van Dieweeck ·

Mooi so Conrad, trots op jou! God seen al jou harde werk!

Pietsepan ·

Suid Afrika se eie Max Planck? Wie weet. Daar is nog baie navorsing in fisika te doen. Voorspoed vir die toekoms.

Emile ·

Pragprestasie Conrad, welgedaan.

Jy’s ‘n inspirasie vir ons almal.

1 Vraag ·

Baie Geluk Conrad, ek het net een vraag, hulle se sy presiese punte is nog nie bekend nie. Maar hulle dien hom met n prestasie, wat as hulle punte bekend maak en iemand anders in die selfde area doen beter???
Vat hulle prestasie terug of hoe maak hulle

Vêêêrr voooor !! ·

Dit werk soos die krieket teen Sri Lanka. Vêêêrr voooor en kan nie meer verloor!!
Mooi so grootman, arbeid adel.

Stevie ·

Ek glo hulle is wel in besit van almal se uitslae en die toekenning is op grond daarvan gemaak ;)

johan brits ·

Veels geluk aan die regte slim koppeen nie die TV se voorstelling nie. Mooi julle hou die blanke se naam hoog. Ons is trots op julle.

Hettie ·

Baie geluk! Trots op jou! Jy het bes gedoen om prestasie te behaal maar dink aan toekoms of jy maklik werk kan kry! Sterkte vir toekoms! Gaan oorsee en werk daar!

Andre ·

Onlangs nog was daar op die forum argumente vir onderrig in Engels al is jy Afrikaans. Net weer n bewys dat moedertaal onderrig die beste resultate lewer. Baie mooi gedoen seun en aan pro Engels onderrig ondersteuners: “In your face!”

Helen ·

Dis nou enige ouer se droomkind. Baie geluk, en mag jou toekoms net so blink wees. Harde werk sal altyd beloon word.

Johann ·

Met die standaarde wat so laag is, bevraagteken ek elke persoon wat 1 onderskeiding kry.
Sorry julle om julle “bubble” te bars

Lindie Lourens ·

Dis nie die standaard van vakinhoud wat laag of verlaag is nie, dis die slaagvereistes wat verlaag word.

Basson ·

Vertel meer, met bewyse asb?
Watter vak se standaard, en hoe het jy dit bepaal.
Het jy enigsins ‘n matriekvraestel onder oe gehad?
Hoekom gaan skryf jy nie ‘n paar NSS vakke dan kyk ons hoeveel kry jy.

Basson ·

jy is reg Lindie, maar nasionale sport is mos net om aanhoudend te kritiseer, klakkeloos….

Afgetrede Fisikus ·

Uitstekend Conrad.

Voltydse werksgeleenthede vir fisici in Suid-Afrika is uiters beperk. Fisika-loopbane in Suid-Afrika is eintlik dood soos ‘n dodo.

Indien jy wel ‘n loopbaan as fisikus wil volg, doen dit voltyds oorsee waar daar voldoende befondsing is, die projekspanne groot is en jy kan verder praktyk ervaring kan bekom onder jarelange bewese ervare bedrewe kreatiewe fisika-mentors.

Plaas hierdie goeie skriftelike raad in ‘n bottel en begrawe die bottle in jul tuin maar onthou waar jy dit begrawe het.

Disselboom ·

Menings is daar baie, maar waarop baseer mense hulle stellings van standaarde en vakinhoude? Dis hartseer vir die kinders wat in hierdie maalstroom ingesuig is, want van hulle studeer regtig ywerig en doen hulle bes binne die stelsel waarin hulle ouers hulle plaas. In die groter saak van die land en sy toekoms moet onderwys ongelukkig bespreek word, en waar meer leerlinge begin om 100% vir Wiskunde te kry terwyl die algemene slaagsyfer so swak is, is daar êrens ‘n groot skroef los.

Johann ·

Jy is heeltemal reg Disselboom.
Ek glo vas dat daar regtig baie slim kinders daar buite is.
Die mens se brein ontwikkel deur uitdagings. Hoe swakker die standarde van die uitdaging, hoe swakker die ontwikkeling.
Suid Afrika se onderwys sisteem, publiek en privaat is ‘n gemors en die wereld lag vir ons.

Leonard van der Dussen ·

Waar ‘n wil is, is ‘n weg en ons hoef nie al ons Afrikanerkinders aan die Suid-Afrikaanse staatsonderwys uit te lewer nie. Ek is betrokkke by ‘n skool wat vir Christen-Afrikaners die internasionale Cambridge-leerplan aanbied. Dit bring mee dat daar uiteindelik in Engels eksamen geskryf moet word, maar die voordele van hierdie CIE-onderwys wat in diepte en wydte uitstekende akademie bied wat vakgerig en nie ideologies-beïnvloed is nie, is baie groot; en dit gee geleentheid vir Afrikanerkinders om uit die verslaafdheid aan staatsonderwys te ontsnap en inisiatief en eie denkvermoë te kweek.

Katryn ·

“Conrad het vroeër vanjaar ‘n eerste plek op die Suid-Afrikaanse Fisika Olimpiade behaal”. Was dit tussen 1 en 4 Januarie 2017, want vandag is die vyfde?

Landi Slatter ·

Dagsê Katryn

Dankie vir jou terugvoer. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Charmaine ·

So trots op ons Afrikaner kinders, niks kry hulle onder om net hulle beste te gee nie! Ons nasie ken van hard leer en hard werk. Baie geluk ek as n ouer kan net dink hoe trots jou ouers is. Pragtig hou so aan.

Theresa ·

Veels geluk, Conrad! Mens is baie trots om te weet daar is nog jongmense wat alles insit om te presteer. Beste wense vir ‘n suksesvolle toekoms, waar dit ookal is waar jy graag wil funksioneer.

elizette van rhyn ·

Baie baie geluk jou prag kind.net om in n vakansie te leer verdien klaar n toekenning vir deursettings vermoe.jy is n ster.ons is trots op jou en Hermanus skool.net die beste vir die pad vorentoe.net een versoek , moenie vergeet om jou jong lewe te geniet ook nie hoor, dis maar kort.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.