SA stad een van die mooistes ter wêreld

Argieffoto (Foto: Rohan_Reddy, Pixabay)

Kaapstad is onlangs deur Flight Network as een van die tien mooiste stede in die wêreld aangewys.

Flight Network het meer as 1 000 reisskrywers, reis-bloggers en reisagentskappe wêreldwyd, wat al die beste plekke op die aarde besoek en ervaar het, gevra om ʼn lys van die wêreld se mooiste stede op te stel.

Flight Network het geskryf dat Kaapstad die nr. 7-posisie op dié lys ingeneem het omdat dit ʼn natuurliefhebber se droom is. “Dit het berge, kilometers van kuslyn en volop roetes vir fietsry en staptogte.

“Dit is moeilik om ʼn mooier plek as Tafelberg te vind en rondom dié berg is daar die Tafelberg Nasionale Park, wat een van die oorvloedigste blomme-streke in die wêreld is. Ander wonderlike plekke is Kaap die Goeie Hoop, Boulders-strand en Leeukop.”

Hier is die 10 mooiste stede in die wêreld volgens Flight Network:

  1. Parys, Frankryk
  2. New York, VSA
  3. Londen, Engeland
  4. Venesië, Italië
  5. Vancouver, Kanada
  6. Barcelona, Spanje
  7. Kaapstad, Suid-Afrika
  8. San Francisco, VSA
  9. Sydney, Australië
  10. Rome, Italië

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Valerie ·

En ek is seker daar’s mooi foto’s van die armoede in Khayalitsha ook? So gedink. Propaganda is maar ‘n nare ding.

koos ·

En die bende geweld, en die plaas aanvalle naby daar?
Ek moet to krediet gee waar nodig, die bemarkers van Kaapstad kan ys aan Eskimos verkoop

Karel ·

Koos, toeriste het mos nie n saak met n land se interne probleme nie. Bende geweld en plaasaanvalle raak hulle nie, so hoekom moet hulle dit in ag neem? Hou op dink die hele wêreld met sy 7 miljard inwoners is oor ons probleme gepla. Hulle is nie. Hulle het hul eie probleme.

Vra net ·

Mooiste… Dit beteken mos mooiste? Nie veiligste of vriendelikste of iets anders nie, maar mooiste. Tensy iemand Tafelberg gaan afkap of die see gaan wegneem of die plante alles gaan uithaal sal dit nog vir lank mooi bly…

Risa ·

Dis nes jy daar se “Vra net”, dis mooi en niks anders nie. Ek stem saam dat Kaapstadregtig so mooi is, goeies

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.