SA volkslied kraai koning

Argieffoto

Suid-Afrika se nasionale volkslied, “Nkosi Sikelil’ iAfrika”, is onlangs deur The Economist as die beste volkslied ter wêreld aangewys.

The Economist, ʼn weeklikse koerant in ʼn tydskrif-formaat, het ʼn begeleiding oor die beste volksliedere saamgestel nadat dié publikasie ʼn verslag oor nasionalisme gedoen het.

“Wat maak ʼn volkslied? ʼn Opwindende melodie wat die pols vinniger laat klop, patos wat ʼn traan in die oog bring en daardie onverklaarbare iets wat dit bó die res laat uitstaan,” berig The Economist.

“Te veel [volksliedere], insluitend “God Save the Queen”, ly aan dor harmonieë en gemeenplase oor hoe om oorwinnend en glorieryk te wees. Goeie volksliedere, soos die van die Oekraïne en Israel, bevat ʼn bietjie hartseer want nasionalisme gaan eintlik oor verlange, lyding en opoffering. Die beste, soos Suid-Afrika se “Nkosi Sikelil’i Afrika”, skep heeltemal ʼn wêreld van sy eie.”

Volgens The Economist is “Nkosi Sikelil’ iAfrika” die gunsteling. “Geneem uit ʼn proteslied en gekombineer met lirieke in Afrikaans, Engels, Xhosa, Zoeloe en Sesotho is dit ʼn daad van musikale genesing vir die reënboognasie.”

Hier volg die ranglys van volksliedere nadat The Economist die lande se agtergrond bekyk en na die liedere geluister het voordat ʼn keuse gemaak is:

  1. Suid-Afrika
  2. Rusland
  3. Uruguay
  4. Brasilië
  5. Oekraïne
  6. Japan
  7. Israel
  8. Nepal
  9. Duitsland
  10. VSA
  11. Wallis
  12. Frankryk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Hendrik ·

Sjoe, en daar dink ek toe altyd SA se nuwe volkslied is n samevoeging van Nkosi en Die Stem en nie bloot Nkosi nie. Nie dat die nuwe konkoksie enigsins beter as die twee liedere apart was nie. Nkosi is egter wel die volkslied van n paar ander Afrika state. Ek hoop die Economist weet meer van die ekonomie as van volksliedere af. Dis jammer dat die sing van Die Stem deesdae so te sê verban is!

Bekommerd ·

Heeltemal reg Jan. Gelukkig is daar mense wat die vertaling verstaan en reg lees. Die wereld sal dit dan ook so kies as No 1…..verbaas dit my?

Hanna ·

Ek sing net die stukkie van Die Stem. Dis al. Ek sal geen hoofman of voorvadergees besing of eers erken nie. Gee die duiwel geen vastrap plek nie!

Kobus ·

God seën Afrika. Wat verstaan ek nie? Dit is SA se Volkslied of hoe maar Afrika word besing? Is dit nou weer ‘n emosionele en politieke besluit? Skotland het die mooiste en beste lied.

Chris ·

O flower of Scotland
When will we see your like again
That fought and died for
Your wee bit hill and glen
And stood against him
Proud Edward’s army
And sent him homeward
Tae think again

The hills are bare now
And autumn leaves lie thick and still
O’er land that is lost now
Which those so dearly held
And stood against him
Proud Edward’s army
And sent him homeward
Tae think again

Those days are passed now
And in the past they must remain
But we can still rise now
And be the nation again
That stood against him
Proud Edward’s army
And sent him homeward
Tae think again

Valerie ·

Net jammer Skotland het nie ‘n amptelike volkslied nie.

Ag nee wat, hierdie “Economist” poging is suiwer polities van aard. Met die eerste note van die saamgeflanste, deurmekaar SA “volkslied” lied wil ek my stuk biltong heel insluk en afspoel met mampoer.

Marietjie ·

Ek stem saam Kobus, mens kry sommer hoendervleis as The Flower of Scotland gesing word! En dalk is dit juis die laaste deel van ons volkslied wat dit so uitstaande maak!

Dirk Coetzee ·

En wie is “The Economist” nou eintlik om só ‘n beslissing te maak? Die pot word hoogs waarskynlik misgesit.

PJC ·

K9bus ek stem saam. “Flower of Scotland” het ń ongelooflike mooi melodie. My eggenote speel dit gereeld op die klavier en ek kan net nie genoeg kry daarvan nie.

Kabous ·

Het nog nooit en sal nooit die huidige ‘volkslied’ sing nie. ‘n Volkslied is veronderstel om die waardes, norme en nasionaliteit van ‘n bepaalde volksgroep te verwoord. Aangesien daar geen Suid-Afrikaanse volk in hierdie sin van die woord is nie, is enige Suid-Afrikaanse ‘volkslied’ betekenisloos. Ek sal die Stem op Afrikanersaamtrekke sing, want ek is deel van die Afrikanervolk. Dit is my volk se lied. Nkosi se alie!!

Basson ·

Vir solank ek as ‘n vreemdeling / indringer in MY eie land behandel / verdruk word, weier ek om’ eer’ te betoon aan die sg ‘volkslied’.
Dus staan ek nie op as dit speel, en sal dit ook nie sing nie.

Ek is Sam ·

Volgens die Woord mag ‘n afgod se naam nie eers oor ons lippe kom nie, maar dié Kosie word luidkeels in skole en op sportvelde gevra om ons land te seën!

Nou wonder ons volk waarom dit met ons só ellendig gaan … God se toorn het teen hierdie eens heilige volk ontvlam. Ons kan maar bid en saamtrek in watter getalle, maar Hy sal nie gehoor gee nie. Die volk se gebede is ‘n gruwel voor hom.

Die Woord is duidelik dat Hy ‘n behae het in gehoorsaamheid, nie in offerhandes nie. Ons moet in waarheid terugkeer tot ons Vader. Begin deur die Woord, ons lewensgids, te ken, sodat ons Hom en Sy wette kan ken om Hom te gehoorsaam.

BenaYaHU ·

Ek is Sam
Jy is heeltemaal korrek in jou laaste paragraaf..
Dis egter BAIE belangrik om die Skepper en Sy seun se WARE naam te ken.. want die Seun HET immers IN Sy Vader se naam gekom.. YaHU-aH (AL Shaddai) & YaHU-sHa (YaHUaH bevry!).
G-o-d is ‘n TITEL .. waar daar na ALLE magtiges verwys word.. YaHUaH is Sy naam .. soos in HalleluYAH! Ahmein

Stan ·

Australia se volkslied word nie genoem nie, maar moed sê elke keer as ek die lied sing het ek hoedervleis want dit verteenwoordig wat Australia vir my beteken.

Verse 1
Australians all let us rejoice,
For we are young and free;
We’ve golden soil and wealth for toil;
Our home is girt by sea;
Our land abounds in nature’s gifts
Of beauty rich and rare;
In history’s page, let every stage
Advance Australia Fair.
In joyful strains then let us sing,
Advance Australia Fair.
Verse 2
Beneath our radiant Southern Cross
We’ll toil with hearts and hands;
To make this Commonwealth of ours
Renowned of all the lands;

kosie ·

Die algemene siening van die deursnee Australier is dat hulle volkslied maar swak is. Jy’s seker ‘n uitsondering op die reel.

Mark ·

Ons volkslied pas by die rugby wat ons deesdae speel
Viva viva

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.