SA’ner wil Mnr. Wêreld-kroon huis toe bring

Armand du Plessis (Foto: Facebook via  Armand du Plessis)

Armand du Plessis (Foto: Facebook via Armand du Plessis)

Hy hoop hy kan “Suid-Afrika trots maak”, het Armand du Plessis, wat tans die Mnr. Suid-Afrika-kroon dra, gesê ná hy Donderdagoggend in Londen aangekom het om op internasionale vlak sy staal te wys in die Mnr. Wêreld-kompetisie wat in Engeland plaasvind.

Du Plessis, wat in 2015 sy studie aan die Universiteit van Pretoria voltooi het en nou ʼn kandidaatprokureur is, het in ʼn onderhoud met Maroela Media vertel hy hoop om dié gesogte titel huis toe te bring.

“Ek hoop om die eerste Suid-Afrikaner en Afrikaner te wees om dié gesogte titel te wen, maar indien dit nie vir my bestem is nie, hoop ek om soveel lewens moontlik aan te raak deur my betrokkenheid by die kompetisie,” het hy vertel.

Hy sê Mnr. Wêreld is sy lewenslange droom, en dat hy sy tuisland trots wil maak met dié titel. Hy het immers al ʼn hele paar kilogram afgeskud om teen die ander spiertiere mee te ding.

“Dit beteken vir my ongelooflik baie om aan so ’n gesogte kompetisie deel te neem. Dit was nog altyd ’n droom gewees om ons land internasionaal te verteenwoordig, veral op so ’n groot skaal. Ek hoop om ons land sommer baie trots te maak.”

ʼn Kroon is wel die kersie op die koek, maar dié model wil ook aktief betrokke in die welstand van gemeenskappe bly. Onderwys is onder meer een van die kwessies wat hom na aan die hart lê. “Indien ek Mnr. Wêreld sou wen, sou ek graag wou voortbou op die verskil wat ek gemaak het deur my jaar as Mnr. Suid-Afrika en dit uitbrei na ander kontinente en veral die Afrika-kontinent,” het hy vertel.

Mnr. Wêreld, nes die plaaslike weergawe van die kompetisie, bestaan uit ʼn groot verskeidenheid uitdagings wat die modelle moet bereik. “Dit sluit talentkompetisies en sport in. Ek het vir elke uitdaging afsonderlik voorberei na die beste van my vermoë en weet ek gaan die vrugte van my harde werk pluk.”

Die kompetisie begin op 8 Julie in Manchester in Engeland, en die gala-geleentheid vind op 19 Julie in Southport, Engeland, plaas.

Besoek sy Facebook-blad vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Louis C Prinsloo ·

Maak SA trots Armand, ongeag of daarin slaag of nie; los spore dat buitelanders die nut van blankes in SA met goeie oog en hart sien. Dat ander lande ook sal wil instaan om korupsie en moord hok te slaan! Vir regverdige hofbevelle wat land reg sal ruk. Nie net weer oor ‘n tyd terug laat val in onveiligste land se skadu nie

Gene ·

Baie sterkte, ons gene is van die aantreklikste in die wereld, ons maniere is reg, jy het dit in jou!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.