Sanger aangenaam verras deur weldaad

Foto: Facbook/Caren Visagie

Foto: Facbook/Caren Visagie

Die sanger Adam Tas het ongeveer ʼn maand gelede sy selfoon op die N1 verloor toe hy van Pretoria op pad Kaap toe gery het op sy motorfiets. Hy het gedink die foon is skoonveld, maar Adam se vrou, Caren, het toe ʼn oproep ontvang wat hulle albei verbaas het. Caren het die volgende inskrywing op Facebook gedeel:

“Thomas (regs) en Johannes (links) is padwerkers wat die maintenance doen op die paaie rondom Pretoria. Adam Tas het sy foon so paar weke terug op die N1 verloor. Hul het die Iphone opgetel, maar kon hom nie oopmaak nie. Hulle het hom laat rica toets en laat charge sodat hul kon sien wie se foon dit is, en vandag kon ek uiteindelik die foon by hul gaan optel. Hulle het nie eens gevra vir vergoeding nie, maar natuurlik het ons vir hul ʼn paar rand gegee. Ek kon nie glo toe ek die oproep kry nie. Julle is ʼn voorbeeld vir baie” [sic].

Adam het aan Maroela Media gesê sy vrou se besonderhede is as noodkontak op sy foon gestoor en dis hoe hulle haar in die hande gekry het. Adam is baie dankbaar en het glad nie gedink hy sal ooit weer sy foon sien nie. Hy het vir die weldoeners R500 gegee vir hul moeite.

“Ek was so verbaas! Ek het dit glad nie verwag nie,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Erika ·

Thomas en Johannes ons kort meer mense soos julle wat so eerlik is!!

Hasie ·

Thomas en Johannes, julle het goed gedoen en ek glo julle harte voel ook goed oor hierdie daad wat julle gedoen het. Adam Tas en sy vrou se harte voel goed, en almal wat julle storie gehoor of gelees het se harte voel bly oor wat julle gedoen het. Julle het goed gedoen Thomas en Johannes, en baie harte aangeraak en bly gemaak. Julle is ‘n voorbeeld vir almal in SA.

charlene ·

Goeie mense is skaark maar hulle is wel daar. Julle 2 is baie goeie mense met goeie harte. Wens die wereld het meer van julle soort gehad. Die wat liewer gee as ontvang, die wat omgee
Dankie vir die mense wat julle is

Joey ·

Ek staan verstom oor die weldaad! Julle is ‘n voorbeeld vir baie!

chrisp ·

Puik manne puik…

Kan sien julle is gewone mense soos die meeste van ons en nie in die Politiek nie.

JWM ·

Ja, Johan. Ek mis ook die “like” knoppie hier, die een wmet die “wow” gesiggie. Dis verfrissend om n goeie nuus-berig te kan lees.

tersia smit ·

Thomas & Johannes, ek eer en respekteer julle! Mag die Here julle self vergoed vir die weldaad bewys. Mag ander mense ag gee en dieselfde doen

Madelein Botha ·

Kan jul asb. n like knoppie installeer by jul berigte!

Nico ·

Kan die 2 here nie vir zuma opleiding in eerlikheid en samewerking gee nie.

Karma ·

Wow! ‘n Ware goedvoel-storie wat mens nog ‘n bietjie hoop gee in ‘n land wat voos geslaan is deur misdaad en korrupsie. Fantastic, Johannes & Thomas, fantastic!!! Ek wens ek het jul FB-profiele gehad om namens Adam Tas ‘n groot, groot, GROOT dankie te sê.

Net so ‘n bietjie (hopelike) bruikbare inligting: ons almal moet ;n naasbestaande se nommer op ons selfone onder ICE sit – dit staan vir “In Case of Emergency” – ingeval jy in ‘n ongeluk is of nie vir jouself kan praat nie, sal ‘n EMT na so ‘n nommer op jou selfoon soek. Hulle weet nie wie Jannie S. of Sannie J. is nie – of hulle kliënte, vriende of naaste familie is nie.

Naas Vermaak ·

Daar is miljoene sulke mense in ons land. Ek het al te veel met alle rasse te doen gehad in my lewe om te dink bg weldaad is ‘n uitsondering. Ons moet net uitreik na mekaar en hande vat!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.