Sanger deel eerste foto’s van sy pienkvoet

(Foto: Susan du Toit/Facebook)

Retief Burger en sy seuntjie, Wynand (Foto: Susan du Toit/Facebook)

Die Afrikaanse gospelsanger, Retief Burger, het skattige foto’s van sy babaseuntjie, wat ‘n maand oud is, op Facebook gedeel.

Die sanger en sy vrou, Isabel, het op 17 Mei hul babaseuntjie in die wêreld verwelkom.

Retief het hom tot Facebook gewend om sy blydskap uit te druk. “Wynand Joshua Burger, gebore om 10:18 op Dinsdag 17 Mei 2016. 3,55kg! Baba en mamma is veilig. Prys die Here alleen wat lewe gee!” het geskryf.

Die bulletjie is vernoem na die sanger se pa, Wynand.

Retief is onlangs benoem vir ʼn Tempo-toekenning vir sy Nou en vir altyd-album.

Die foto’s is deur Susan du Toit geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Tina ·

Baie geluk met die pragtige engeltjie waarmee Jesus julle geseen het. Hy is baie kosbaar. Geniet hom en pas hom mooi op. Baie seen en vreugde

Tina ·

Baie geluk met die pragtige engeltjie waarmee Jesus julle geseen het. Hy is baie kosbaar. Geniet hom en pas hom mooi op. Baie seen en vreugde

neelsie ·

God gee ons geskenke wat nie met geld gekoop kan word nie.
Wat n genade om n volmaakte skepping van God op te voed.

Hesta Swanepoel ·

Liewe Retief en Isabel, baie geluk met klein Wynand se geboorte. Mag die Here julle aanraak en seën soos net Hy alleen dit kan doen. Mag julle bande as familie heg en geborge wees in die Here altyd. Ons opregte hartewens vir julle is dat net goedheid en guns jul sal volg. Blessings vir julle 3

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.