
Waldouw Smit en sy ouma kom by die matriekafskeid aan (Foro: Verskaf)
Waldouw Smit (18) het die koppe behoorlik laat draai toe hy verlede maand sy ouma as metgesel na sy matriekafskeid geneem het.
Smit, wat by Potchefstroom Gimnasium skoolgaan, wou graag sy ouma Yvonne (80) as matriekafskeidmetgesel hê, om op só ʼn manier vir haar dankie te sê vir alles wat sy al vir hom gedoen het.
“Ek het al verlede jaar begin wonder wie ek na die matriekafskeid toe gaan nooi, en toe besluit ek sommer dat ek my ouma wil saamvat. Sy het al so baie vir my gedoen, so toe vra ek haar,” het Smit aan Maroela Media gesê.
“Sy wou eers nie saam met my gaan nie. Sy het gesê daar is baie ander meisies vir wie ek kan vra, maar ek het vir haar gesê ek is ernstig daaroor dat ek wil hê sy moet saam met my gaan.”
Hoewel ouma Yvonne eers huiwerig was, het sy nader aan die matriekafskeid baie opgewonde geraak.
“Sy het so twee weke voor die matriekafskeid oor alles begin uitvra. Sy wou alles weet en was baie opgewonde.
“Sy het haar hare al die dag voor die matriekafskeid laat versorg en die oggend van die matriekafskeid het sy haar grimering laat doen. Die rok wat sy aangetrek het, het sy by iemand geleen,” het Smit gesê.
Smit en sy ouma het met ʼn 1970 Mazda De Lux wat al vir vier geslagte in die familie is na die matriekafskeid gery. Die kar se nommerplaat het met die woorde “Ouma en Kleinseun” gepryk.
Toe hulle by die matriekafskeid opdaag, het die skare hulle staande toegejuig.
“Ek het nogal gewonder hoe mense gaan reageer, maar sjoe, toe ons daar uitklim, het mense geskree. Hulle het baie daarvan gehou en omtrent tekere gegaan.”
Smit sê hy en sy ouma het dit baie geniet, maar dat sy te oud is om so laat soos die res van die matrieks uit te bly.
“Sy gaan slaap gewoonlik 20:00, en die matriekafskeid het tot 23:00 aangehou, so ek het haar maar vroeër huis toe gevat sodat sy in die bed kon kom.”
- Waldouw en sy ouma kom by die matriekafskeid aan (Foto: Verskaf)
- Waldouw en sy ouma kom by die matriekafskeid aan (Foto: Verskaf)
- Waldouw en sy ouma voor die matriekafskeid (Foto: Verskaf)
- Waldouw Smit en sy ouma kom by die matriekafskeid aan (Foto: Verskaf)
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
26 Kommentare
DIS KOSBAAR! 10 UIT 10 V DAAI MATRIEKSEUN!
Sooooo Pragtig Jy is ‘n wonderlike jong man
Hierdie is nie ‘n man in wording nie. Hy is rééds’ n ware man en heer daarby.
Ouma het pragtig gelyk.
Well done!!!! Die trane het sommer geloop terwyl ek die berig gelees het. Julle het stunning gelyk!!