Shoprite-studentedag dié jaar landwyd

shoprite

Argieffoto.

Shoprite se nasionale studentedag vind vanjaar op 27 September plaas. Dié studentedag wat voorheen slegs in die Wes-Kaap van toepassing was, geld nou by alle Shoprite-winkels landwyd.

“Shoprite reik ʼn helpende hand na studente reg oor Suid-Afrika om te verseker dat hulle geld ʼn bietjie verder kan strek,” lui Shoprite se verklaring.

Dié aanbod bied studente tussen die ouderdom van 18 en 30 ʼn 10%-afslag op inkopies (tot ʼn maksimum van R1 500).

Studente kan hiervoor registreer deur *120*569*, gevolg deur hul ID-nommer, gevolg met die #-teken te skakel (Voorbeeld: *120*569*ID NOMMER#).

Nadat die student geregistreer het sal hy of sy ʼn SMS of e-pos met ʼn unieke koepon ontvang. Hierdie koepon moet saam met ʼn geldige studentekaart by die kassiere in ʼn Shoprite-winkel vertoon word.

Die koepon is slegs geldig op Woensdag 27 September en dit kan nie by Shoprite se LiquorShop, Money Market of MediRite gebruik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.