Silwerkroon 2015: Raakvat bejaarde maak ʼn verskil in Brackenfell


Mercia-Ruthenberg

Mercia Ruthenberg is een van vanjaar Helpende Hand se top 6 Silwerkroon-finaliste. Foto: Verskaf.

Antie Poeding is die bynaam vir Mercia Ruthenberg (72), wat Sondae vir die verstandelik gestremde kinders van ʼn plaaslike psigiatriese hospitaal in Brackenfell, Kaapstad, lekkergoed vat. Sy neem hulle dikwels op uitstappies of self net na die haarkapper. Mercia is al 15 jaar lank betrokke by liefdadigheid en doen die werk met haar eie pensioen as inkomste. Haar grootste vrees is dat haar karretjie sal oppak, want dan kan sy nie meer in haar omgewing help nie. Tog vra sy niks vir haarself nie, eerder net dat mense haar kerk, Heidekoppie Gemeente, sal ondersteun.

Mercia is een van Helpende Hand se top 6 Silwerkroon-finaliste en Esté Meyer Jansen het met haar gesels om meer oor haar betrokkenheid by liefdadigheid uit te vind.

  • Mercia Ruthenberg is een van die top 6 Silwerkroon-finaliste – jy kan vir haar stem deur “Kroon 2” te SMS na 38969. SMS’e kos R10 en die opbrengs sal ten bate van jou gekose finalis se projekte aangewend word. ʼn Lys met inligting oor die finaliste se projekte en prestasies is beskikbaar op silwerkroon.co.za. Die Silwerkroon-wenner sal in September aangekondig word.

Die ander top raakvatters is:

  • Felicity Combrinck (66) van Kroonstad in die Vrystaat;
  • Willie Massyn (66) van Dominionville in Noordwes;
  • Kalvyn Olivier (82) van Sabie in Mpumalanga;
  • Dollie (81) en Gert (83) Smith van Walkerville, suid van Johannesburg; en
  • Erik Bekker (74) van Polokwane in Limpopo.

Kliek hier om na nog onderhoude met vanjaar se Silwerkroon-finaliste te luister.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Delia ·

Waar is die jong mense se bydraes? Is dit net die bejaardes wat omgee……boonop almal blankes?

Antoinette ·

Sjoe – baie dankie helpende hand wat hierdie dankie moontlik maak. Daar is so min goeie dinge in die nuus dat hierdie ‘n wonderlike verskil maak. Aan al die genomineerde silwerkroon mense – baie dankie vir ‘n puik voorbeeld wat julle stel. Julle almal verdien ‘n medalje.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.