Skare stroom na Geloftediens by Voortrekkermonument

Geloftediens-2017

(Foto: Verskaf)

Die jaarlikse Geloftediens wat Saterdag by die Voortrekkermonument in Pretoria gehou is, het volgens die bestuur van die monument duisende mense gelok.

Hierdie diens word elke jaar deur die bestuur van die monument, in samewerking met Die Voortrekkers, aangebied om die gelofte te gedenk wat voor die Slag van Bloedrivier op 16 Desember 1838 deur die voortrekkers afgelê is.

Celia Kruger, besturende direkteur van die Voortrekkermonument, het in ʼn verklaring gesê dominee Cassie Aucamp het tydens die geleentheid ʼn positiewe boodskap gelewer. “Die Gelofte is deurgetrek na ons situasie in Suid-Afrika vandag en ook na elkeen se persoonlike lewe,” het sy gesê.

Die skare het na afloop van die Geloftediens in die Voortrekkermonument bymekaar gekom om die sonstraal op die senotaaf om 12:00 waar te neem – ʼn belewenis wat slegs op dié dag en tyd gewaar kan word.

Die argitek, Gerard Moerdijk, het tydens die beplanning van die gebou ʼn skaalmodel gebruik om die posisie van die son tydens die opening van die monument op 16 Desember 1949 te bepaal, en in wese funksioneer die monument as ʼn groot sonwyser. Volgens Kruger is die sonstraal simbolies van God se seën wat op die werk en strewe van die voortrekkers gerus het.

Diegene wat nie die Geloftediens kon bywoon nie, kan na ʼn opname van die diens op die Voortrekkermonument se webwerf kyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
Ada

Ek kry sommer sommer hoendervleis!!

Eish

Wat n welkome artikel na die hordes Nasrec publisiteit.
Wat n pragtige gesig om my ou volkie so te sien die geloftedag eerbiedig. Verruklik mooi!

jaco

daardie amfiteater by die voortrekkermonument kan meer as 200 000 mense vat EN dit was al vol in die verlede. So ‘n paar duisend mense by laas Saterdag se geloftediens is maar swak.

jaco

Hoe was daar dan 250 000 by die Voortrekkermonument se inwyding in 1949? Daar was toe maklik 1 miljoen plus MINDER Afrikaners as vandag. En hoe was daar dan 150 000 of meer by ‘n Republiekdagviering by die Monument in 1991 (ek was self daar). Ons mense is gou om oor klomp goed te kla, maar as daar raad gegee word met goed soos bid, gaan kerk toe, STEM in verkiesings, woon Geloftedagbyeenkomste by, is daar grootskaalse onbetrokkenheid én ook kritiek wat soms selfs Godslasterlik is. ONS EIE MENSE help eintlik maar net om ons eie graf te grawe. My… Lees meer »

PW

Dankie vir ‘n berig oor die Geloftefees