Skenk ʼn stukkie plaas vir ʼn geliefde

Leerhandsakke te koop in Maroela se aanlyn winkel, Die Koöperasie

Van leer looi en brei kon jy ʼn plaasboer niks vertel nie. Op die plaas is alles self gemaak: van saalsakke en gordels tot kruisbande. Selfs riempiestoele is deel van ons geskiedenis, ons grootwordjare.

As kind het ons in die agterplaas op ʼn stokou breiklip geskaterlag in die koelte van die groot boom terwyl ons al in die rondte getol het. Terwyl ons speel is meters en meters riempies gebrei wat later tot swepe en toue verwerk is.

Leer is vir ʼn boer goud werd.

Maroela Media se aanlyn winkel, Die Koöperasie, het ʼn groot waardering vir dié goue herinneringe en daarom is dit vir ons belangrik om seker te maak ons vir jou die mooiste egte leerprodukte kan aanbied. Dit is deel van die nostalgie wat nou slegs in herinneringe vasgevang is.

Nou kan jy ook jou eie stukkie boeregoud besit of dit hierdie Kersfees met ʼn geliefde deel.

In ons winkel verkoop ons onder andere die mooiste leertasse, leerhandsakke, ʼn leerbeursie en selfs ʼn sweep. Gaan snuffel sommer nou in die rakke.

Besoek ons winkel

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Hannes ·

Net n kort mening. Hoekom praat van n plaasboer? Iemand wat op n plaas woon en sy lewe uit boerdery maak is n boer en nie n plaasboer nie. Kry tog nie so iets soos n stadsboer nie.

Mrs H ·

Gaande oor die sweep! Dankie, ekt drie gekoop. 2 x vier riem en 1 x 8 riem. Dis nie meer iets wat n mens maklik in die hande kan kry nie. Wag net vir aflewering, dan kan ek nie wag om te sien of ek nog n sweep kan klap soos “in die ou dae” nie…hehehe. Dalk bietjie met leë blikkies weer oeffen en speel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.