Skoolkoor ‘uit die veld geslaan’ oor reaksie op Queen-video

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Projek deur Hoërskool Rustenburg se skoolkoor om iets uniek te doen “wat bietjie anders as ʼn gewone CD is”, het oornag van dié koor ʼn Suid-Afrikaanse gunsteling gemaak.

Dié skool het Maandag ʼn video op hul Facebook-blad gedeel van hul skoolkoor se vertolking van Queen se bekende Bohemian Rhapsody. En die reaksie was verstommend!

“Ons is uit die water geblaas deur die reaksie. Ons het dit regtig nie verwag nie, maar ons is baie opgewonde daaroor,” sê Bernhard Visser, ʼn lid van die skool se beheerliggaam.

Teen Woensdagoggend is die video van die skool se indrukwekkende vertolking al meer as 600 000 keer op Facebook gekyk en meer as 23 000 keer gedeel. Duisende sosialemediagebruikers het ook op die video kommentaar gelewer. “Absoluut briljant! Die vervaardigingspan, die koor, die videoredigering – dit is wêreldklas!” skryf een gebruiker. “Ek trek Rustenburg toe net sodat my kinders by hierdie skool kan skoolgaan. Briljant. Fantasties. Ongelooflik,” skryf ʼn ander.

Visser vertel aan Maroela Media die idee vir die video kom al ʼn paar maande. Die skoolkoor het vantevore al CD’s uitgebring, maar dié jaar wou die beheerliggaam graag iets meer uniek doen. “Die groot rede hiervoor is om ʼn nalatenskap vir die kinders te skep. Sodat hulle eendag vir hul kleinkinders kan wys, ‘kyk, hier het ouma of oupa in my skoolkoor gesing’,” sê hy.

Die skool het ʼn skarefinansieringsinisiatief van stapel gestuur om die geld in te samel om die video te maak en toe hulle genoeg geld bymekaargemaak het, kon hulle wegspring. Die musiekopnames is voor die tyd gedoen en die video is verlede week by The Rand Club in Johannesburg deur ʼn professionele videovervaardigingspan geskiet met Andrew Timm as regisseur.

Die koorleier, Ralf Schmitt. (Foto: Facebook)

En die man agter dié ongelooflike vertoning? Niemand anders nie as die skool se koorleier, Ralf Schmitt, dieselfde man wat verantwoordelik is vir die Ndlovu Jeugkoor se wegholsukses op America’s Got Talent.

“Ralf is ongelooflik. Hy is ongelooflik passievol oor wat hy doen en doen dinge net op ʼn ander vlak. Ons is absoluut bevoorreg om hom as koorleier te hê,” sê Visser. “Saam met Madeleen Koch en Lize Meyer is ons koor net in ongelooflike hande.”

Schmitt het die verwerking van die liedjie gedoen en saam het hulle die konsep vir die video aanmekaargesit. Kykers sal boonop ook een van die koorlede herken wat ʼn solo in die video sing. Dit is niemand anders nie as Bernice West, die tweedeplekwenner van die jongste seisoen van Maak my Famous.

Selfs met so ʼn uiters talentvolle koor en ysterspan aan die stuur van sake, is die koor oorweldig deur die reaksie op die video. “Ons is uit die veld geslaan, dit is ongelooflik,” sê Visser.

“Natuurlik is die skool baie trots op ons koor. Ons koor is ʼn ander tipe koor, dit is nie die tradisionele ‘kompetisiekoor’ nie. Ons fokus is regtig daarop om musiek te maak wat vir die luisteraar lekker is om te hoor en die reaksie wat ons kry op dié video, wys ons dat ons suksesvol is met wat ons doen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

77 Kommentare

Essa ·

Puik! Briljant! Soveel talent! Ja, baie geluk aan almal betrokke by hierdie grootse produksie. Ralf Schmitt jy is ‘n ster.

Frank ·

Skitterend! Die talent is maar altyd daar, maar nie almal het die vermoëns van ‘n Ralf Schmitt nie! Dis nou ‘n nalatenskap vir elke koorlid!

AnnaMaria Flanegan ·

Werklik ‘n uitstekende uitvoering van hierdie produksie! Fantastiese weergawe, baie effektief, musikaal, asook die videoopname self is van die hoogste gehalte. Die koor, groepe en soliste is uitstekende afgerond! Wow!! Baie geluk aan elkeen wat aan hierdie opname deelgeneem het, die voorbereiding ens. En Ralph Schmitt….. ek dink daar wag groot dinge met talent soos joune!! Geluk aan almal!!

Elize ·

Wat kan ek sê? Uitstekend! Welgedaan. Die talent in ons land is volop en ek is so bly daar is mense wat die gewone in die uitsonderlike omskep. Baie geluk almal wat deelgeneem het.

Michael Stellenbosch ·

Skitterend julle. Ek skoon hoendervleis. Nou mis ek die 80’s.

Elizabeth ·

O N G E L O O F L I K!!!!! Hoendervel mooi!!!! Kan nie beter nie! WOW!!! Hou so aan julle!

ella ·

wow… die beste wat ek nog gehoor het. Fantastiese stem beheer en afronding.

Derick ·

Hulle hoef nie uit die veld geslaan te wees nie, dis awesome ????

Sing ·

Nadat ek die video vir die 3de keer gekyk het, het ek nogsteeds nie woorde nie!
Wow! Welgedaan!

Mamma ·

Het hierdie koor al by 2 geleenthede vantevore gesien. Hulle is werklik besonder

PJN ·

Whaw… whaw ….whaw!!!!!. Wat kan ek meer sê. Fantasties !!!! Ongelooflik!!!!!

Christine ·

Julle het die standard vir skoolkore hemelhoog gelig! Welgedaan aan die hele span! Praat van “disruption”! Hoendervleis!

Driekie ·

Sjoe, dis merkwaardig. Dit maak mens sommer positief oor die toekoms van ons land. Ons is beslis trotse Suid-Afrikaners.

Marius ·

As julle nie oorsee toer met die video dan weet ek nie.(uit die boonste rak)Fantasties hou so aan.

Alwyna ·

WOW…WOW…WOW!!! Absoluut briljant. Ralf Schmidt, jy mag maar!

Jaco ·

SJO!!!!!!!!!! MINDBLOWING!!!! Het nie woorde nie. Dis verby ongelooflik!! Dit het nou my week gemaak!

Conrad Bruyns ·

Puik, Daai hele skool wens hulle was nou in daai koor. Al wen hul 1st spanne die liga is hulle nog steeds nie naby so cool soos die nie. Welgedaan aan daai Koorleier dit is super goed saamgestel.

ZeeBee ·

Priceless !!!!!! Hoendervleis mooi ! Dankie vir julle harde werk hierin .

Fielies ·

Goeie werk!
Hierdie sal ook baie goed presteer op America’s Got Talent ens.
Tops.

Yolanda ·

Julle sing uitstekend!! Baie geluk aan die koor en koorleier!

Rooi Jan ·

Iemand het …….jy. Geniet dit vir n paar minute en vergeet van kleinlike dinge soos daardie. Dit is seker die beste interpretasie van Bohemian Rhapsody buiten Queen self wat ek al gehoor het. En ek dink selfs die Queen homself sou mal gewees het hieroor. Los die politiek vir n paar minute en geniet net die musiek en die koor se aansteeklike entoesiasme.

Super trots ·

BRAVO!! Uitstekend! Encore! Julle is pragtige jongmense met pragtige stemme. Mag julle van krag tot krag gaan. Die begeleiers op die verskeie instrumente is fantasties. Ek verlang sommer terug na die jare toe ek nog in die skoolkoor gesing het.

Lee ·

FANTASTIES, GREAT!! Dis hoendervleis mooi. Puik gedoen Hoërskool Rustenburg!!

Wielspore ·

Puik uitvoering, sangers, afrigter, klankman, orkes, kamera man, klere en dekor is alles uit die boonste rakke.
Beslis ‘n uitvoering om op trots te wees!

EAN ·

Julle het iets besonders hier beet. Hou so aan! Een van die beste interpetasies van hierdie lied naas Freddie Mercury. Baie geluk aan die hele span! Ek het dit voorwaar baie geniet!

Erika ·

Ek kry hoendervleis mense! Julle is fantasties. Baie geluk aan julle koor en mense wat julle afgerig het… Well done!!

Hannelie Brink ·

Sjoe, sjoe … ek het nie woorde nie. Dis die BESTE koor wat ek nog ooit gesien het! Hulle kan maar gerus ook aan AGT en BGT gaan deelneem en WEN! Baie geluk, julle uitstekend!

Magaretha van heerden ·

I live in the UK and I’ve shared it here with my friends. It is so beautifully sung. Well done.

Ninette ·

ek is mal daar oor en die meisiekind het n uitsonderse stem, pragtig baie mooi

Toerien ·

Suid Afrikaners KAN rock!!!Awesome !!!! Ralph Schmitt ja mag maar!!! Wêreldklas!@!

Andrea van Vuren ·

Ek huil steeds onverpoosd. My kleinseun sing in daardie koor! Moenie ophou nie!

Michelle ·

@ Ralf
10 uit 10 – vir jou en jou koor.
Uitstekend !!!!!!!

Lynne ·

Fabulous! ‘n Meesterstuk gebore uit vars nuwe denke! Welgedaan Ralff! Keep up the EXCELLENT WORK!

ISABEL ·

Shoe shoe shoe ek het hoendervleis tot op my wange gekry. Julle mag maar bars van trots rerig.

Vera Naude ·

Luister niemand na die woorde van die liedjies wat hulle sing nie? Dan wonder ons waar die geweld onder die jongmense vandaan kom.

Trots ·

Wow wow wow! Dis uitstekend ons koor hetnue eens soveel talent nie die kinders wat in daai koor is moet maar weet die Here het hulle talent kla vir hulle gegee dis baie baie baie mooi ek het hoendervleis gekry! ✨

Gwen ·

Kan die persoon wat hierdie kommentare modereer asb. op hierdie openbare forum verduidelik waarom my vroeëre kommentaar nie verskyn nie (vermoedelik omdat dit verwyder is)? My kritiek was geensins onbillik nie, in teendeel, dit was opbouend. Al wat ek toe gesê het, en nou maar weer moet sê, is dat hierdie tipe koorsang nie ’n unisone koorklank bevorder nie. Dit is egter mooi om te sien as jong mense so saam sing.

Ek hoop van harte die reddaksie het die moed om my opbouende kritiek nie te verwyder nie en ek verwag ’n verduideliking oor waarom my stem stil gemaak word.

Rooi Jan ·

Ongelooflik hoe iemand seker n puris n eiertjie moet lê oor hoe musikaal korrek hierdie musiek was. Dit moet seker baie moeilik wees om in jou vel te leef?

Gwen ·

My kommentaar het niks met musikale korrektheid te make nie. U moet dalk leer lees.

My vel leef baie lekker, dankie. Ek raak gelukkig nie vies as iemand krities is nie; kritiek kan ook opbouend wees.

Jax ·

Die koor is puik! Absoluut uit n klas van sy eie maar die lead vocals het baie werk nodig aan hul stembeheer en asemhaling. Persoonlik dink ek dat daar dalk ander stemme in die koor is wat baie sterker is. Gelukkig is dit, met harde werk, moontlik om ook die lead vocals goed op te lei.
Puik werk. Regtig – die koor mag maar n paar CD’s maak.

OLJETTER ·

Hoe jammer dat hulle so hard probeer om na iemand anders te klink in plaas daarvan om net hulleself te wees. Daar is oorgenoeg talent- vir wat nou die aangeplakte ou stemmetjies om soos een of ander ou popsterretjie te wil klink? Kan hulle nie maar soos hulleself klink nie? Jammer Meneer die koorleier, jy ontneem jou koor van hulle eie unieke klankidentiteit. Dit herinner aan die outydse skoolkonserte waar kinders deurgeloop het onder juffrou se idee van uitspraak.

Sonja ·

Julle is “next level”.
Internasionale koorspele toe met julle asb.

Frik Kruger ·

n Eenkeer in n leeftyd ervaring. Dit is net hier in ons reenboognasie wat dit kan gebeur. Absoluut perfek. Geluk is nie die regte woord nie. Kom ons gee n staande ovasie vir hierdie puik produksie, BRAVO BRAVO BRAVO.

Marietjie ·

WOW!!! Dit is verby wêreldklas…. baie trots op julle!! Doen so voort!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.