Skoonmaker (80) kan aftree, danksy skoliere

Die drie skoliere by Mr James (Foto: Greyson Thurman/GuFundMe)

Skoliere wat besorg was oor hul 80-jarige skoonmaker by die skool, het geld ingesamel sodat hy kan aftree. Hulle het gou meer as $270 000 (byna R5 miljoen) ingesamel.

Die werker, slegs bekend as Mr. James, kan nou sy skroewedraaier en mop wegpak by Callisburg High School in Texas in die VSA.

Drie leerders het die GoFundMe-veldtog begin om geld in te samel en was verstom oor die reaksie. Greyson Thurman, Marti Yusko en Banner Tidwell wou seker maak dat Mr. James uiteindelik kan aftree. Binne ʼn paar weke het hulle $270 905 van meer as 8 600 verskillende mense ontvang.

Die oorspronklike doelwit was $10 000 om sy huur, kos en rekeninge te dek. Dit is binne ʼn paar uur ingesamel en die geld het bly inrol.

Mr. James moes verlede maand terugkeer werk toe ná sy huur skerp verhoog is.

“Dit is so hartseer om te sien hoe ʼn 80-jarige werk moet doen wat geen 80-jarige moet doen nie,” het Banner aan KXII gesê.

Hulle het op 15 Februarie met die fondsinsameling begin. ʼn Video waar hy sy skoonmakerwaentjie in die gang rondstoot, is gou deur duisende op sosiale media gekyk.

“Hierdie is ons 80-jarige skoonmaker. Hulle het sy huur opgestoor en toe moes hy terugkom werk toe. Kom ons help Mr. James,” lui die teks by die video.

Ná die yslike bedrag ingesamel is, het die drie ʼn foto saam met Mr. James gedeel: “Baie dankie aan elkeen wat ʼn skenking gemaak het. Julle het almal ʼn groot impak gemaak wat sy lewe vir altyd verander het! God seën julle elkeen.”

** UPDATE for all those that shared 2/24/23 – donations were closed and $270,905 were raised!!** Thank you ALL!!!Umm…

Posted by Lisa LeeAnn Leverett on Wednesday, February 15, 2023

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Suzette ·

Wat ‘n pragtige storie – dit gee my ‘n knop in die keel. Wonderlike jongmense wat soveel omgee en empatie het. Ek is so bly dat hulle hom gehelp het.

Tia ·

Wónderlik dat jong mense nog sulke inisiatief aan die dag kan lê.
Daardie vloere is skoner as van ons land se hospitaal-vloere…

Nicholaas ·

Was nogal my eerste gedagte ook, ek onthou hoe goed versorg ons destydse staats hospitale was.

Marlene ·

So goed om hierdie wonderlike storie te lees, jong mense wat ‘n voorbeeld stel

Sandra ·

Wat ‘n mooi gebaar. Nou kan die oom maar ordentlik aftree en bydi huis bly en goed doen wat hy graag wil doen.

Adri ·

Ai, as ek sulke verhale lees, wens ek ons kon ook in ‘n beskaafde land woon.

TRP ·

Wat ‘n mooi storie, die mate van respek en omgee van hierdie leerlinge verwarm my hart.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.