Skryfnet bied aan: ‘Inleiding tot Kreatiewe Skryfkuns’

skryfnet-aanlynwinkel-ab.jpg“Ek het baie meer geleer as net ‘inleidende’ werk. Ek is dankbaar vir dié leergeleentheid vanuit my gemakstoel!” Só sê een van die studente wat die kursus, Inleiding tot Kreatiewe Skryfkuns, vroeër deur Skryfnet gedoen het.

Indien jy dus dié kursus vroeër vanjaar misgeloop het, het jy nou weer die geleentheid om aan daardie storie waarmee jy in jou kop rondloop op papier gestalte te gee.

Dié projek, wat gesamentlik deur Maroela Media en Akademia aangepak word, het ten doel om jou te help om jou woorde te slyp – of dit nou ʼn storie, ʼn mediaverklaring, ʼn toespraak of ʼn biografie is wat jy wil neerpen.

Die agt weke lange aanlyn kursus is ontwikkel deur die bekroonde Afrikaanse skrywer prof. Hans du Plessis. Praktiese leiding aan kursusgangers word gefasiliteer deur Elzebet Stubbe. Stubbe beskik oor ʼn honneursgraad in Kreatiewe Skryfkuns en ʼn meestersgraad in Afrikaanse prosa, en is tans ʼn senior redakteur by Penguin Random House. Sy het al met die skryfkuns van onder andere Marita van der Vyfer, Karin Brynard, Bettina Wyngaard en Leon van Nierop gewerk.

Na afloop van die kursus sal deelnemers ʼn deeglike begrip hê van die aard van verhalende skryfwerk en die skryfbeginsels, skeppingselemente en die skryfproses. In dié kursus word deelnemers toegerus met die teoretiese kennis en praktiese vaardighede om ʼn eie verhaal te beplan, skryf en ontleed.

Die kursus skop 6 September af en duur tot 1 November 2021. Inskrywings sluit 30 Augustus. Vir meer inligting en om in te skryf, besoek gerus https://www.skryfnet.co.za/inleiding-tot-kreatiewe-skryfkuns/

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.