Skryfnet: Laat jou volgende mediaverklaring die nuus haal

skryfnet-mediaverklaring-horisontaal.jpegMoet jy soms inligting aan die media kommunikeer, maar dit haal nooit die nuus nie? Wil jy soms met lede van die publiek kommunikeer oor jou produk of diens? Is jy onseker hoe om ’n behoorlike mediaverklaring op die regte tyd saam te stel?

Dan is daar goeie nuus vir jou! Skryfnet, die Afrikaanse skryfskool, bied binnekort ’n oggendwerksessie aan waar jy kan leer presies hoe om die perfekte mediaverklaring te skryf.

Dr. Thalyta Swanepoel, ’n dosent in joernalistiek en mediaskakeling aan die Noordwes-Universiteit en ’n voormalige joernalis en kommunikasiepraktisyn, het dié praktiese werksessie spesiaal ontwikkel vir diegene wat kleitrap.

Dit sal regstreeks en aanlyn aangebied word en deelnemers toerus met die nodige kennis en praktiese vaardighede om in-die-kol mediaverklarings te skryf, wat nuusredakteurs se aandag trek en nie in hulle snippermandjies beland nie.

“Skryf ’n mediaverklaring” is ook nie net ’n teoretiese kursus nie; dr. Swanepoel sal deelnemers aan die hand van hulle eie persvrystellings lei om treffender kopie te skryf.

studeer-studies-skootrekenaar-tegnologie

Foto: Christin Hume/Unsplash.com

Maroela Media se redakteur, Nico Strydom, sal ook kortliks sy ervaring deel en verduidelik hoe nuusredakteurs besluite neem oor die plasing van mediaverklarings.

As jy ’n kommunikasiepraktisyn of entrepreneur is wat graag vir jou kliënte of onderneming meer blootstelling wil gee, is hierdie werksessie ’n móét.

Dié regstreekse sessie is Skryfnet se eerste kursus vir die professionele mark en vind op 5 Mei 2022, van 09:00 tot 13:00, plaas.

Kom skyf nou in!

Om jou plek te bespreek, kliek hier. Sodra die registrasieproses afgehandel is, sal daar ’n e-pos met verdere inligting deurgegee word om by die aanlyn sessie in te skakel en ’n bestaande mediaverklaring as voorbeeld in te dien.

Deelnemers wat die werksessie voltooi, ontvang ’n sertifikaat van Akademia. Inskrywings sluit op 2 Mei 2022. Koste beloop R470 per persoon. Afslag is beskikbaar vir groot groepbesprekings.

Besoek ook Skryfnet se webblad vir meer inligting en antwoorde op gereelde vrae.

Skryfnet is ’n projek deur Maroela Media en Akademia.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.