Skryfnet: Leer die basiese beginsels van skryf

Was dit nog altyd jou droom om ʼn skrywer te wees? Dan is Skryfnet se inleidende skryfkursus, Inleiding tot Kreatiewe Skryfkuns, die perfekte manier om jou droom vlerke te gee.

Hierdie praktiese, inleidende aanlyn kursus (wat van 11 Julie 2022 vir die vierde keer aangebied word) is ontwikkel deur die bekroonde Afrikaanse skrywer prof. Hans du Plessis en word aangebied deur Corlia Fourie.

Inleiding tot Kreatiewe Skryfkuns duur agt weke en fokus op die skryf van verhalende prosa, met spesifieke verwysing na die skryf van ʼn kortverhaal. Die beginsels en skeppingselemente wat in die kursus bespreek word, geld egter ook vir die skep van enige verhalende prosawerk – soos ʼn roman, jeugverhaal, kinderverhaal of novelle.

Prof. Hans du Plessis (Foto: Hans du Plessis/Facebook)

Die kursus bestaan uit agt leergedeeltes (wat weekliks op kursusgangers se eie tyd deurgewerk word) met notas, video’s, praktiese opdragte, aanvullende leermateriaal en regstreekse aanlyn sessies.

Fourie (die aanbieder) ondersteun die deelnemers om die inhoud en vaardighede te bemeester en gee ook weekliks terugvoer op werkstukke. Deelnemers kan ook enige tyd met mekaar gesels op die platform se kletskamer.

Na afloop van hierdie kursus sal deelnemers toegerus wees met die teoretiese kennis en praktiese vaardighede om ʼn eie verhaal te beplan, te skryf en te ontleed. Hulle sal ook kan spog met ʼn afgeronde kortverhaal en ʼn sertifikaat van Akademia.

Oor die kursusontwikkelaar en -aanbieder:

Die geliefde en bekroonde Afrikaanse skrywer prof. Hans du Plessis het in 1978 gedebuteer met sy digbundel Kleinwild. Sedertdien het hy meer as 160 publikasies – waaronder akademiese artikels en boeke, ses digbundels, drie jeugromans en vier romans – die lig laat sien. Sy jongste roman, Die opstand van Poppie Nel, het in 2020 by Lapa-uitgewery verskyn. Du Plessis het al verskeie pryse en toekennings vir sy werk ontvang, onder meer die ATKV-kinderboekprys en ʼn erepenning van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.

 corlia-fourie.jpg

Corlia Fourie (Foto: verskaf)

Du Plessis is reeds sedert 1985 betrokke by skryfkursusse wat die ATKV in samewerking met die Noordwes-Universiteit aanbied; hy was ook die eerste direkteur toe die ATKV-skryfskool in 1990 gestig is. Hy en sy vrou, Magdaleen, woon op Potchefstroom.

Corlia Fourie het as joernalis gewerk voordat sy fiksie begin skryf het. Van haar bekendste werk is die drama Moeders en dogters wat onder meer deur Kruik opgevoer is en voorverlede jaar ook deur die dramadepartement van die Universiteit van Kaapstad. Twee kortverhaalbundels,  en Liefde en geweld, en drie romans het uit haar pen verskyn. Sy het ook kinderstories geskryf en haar digbundel, Die goeie vrou en ander mites, het in 2018 verskyn. Sy was vir 25 jaar lank rooirose se verhaalredakteur.

Bespreek nou jou plek!

Belangstellendes kan nou uit een van twee opwindende opsies kies wanneer hulle plek bespreek vir hierdie waardevolle kursus.

  1. Betaal ’n eenmalige bedrag van R2 800 vir die agt weke kursus. Klik hier om jou plek te bespreek.
  2. Bespreek vir Inleiding tot Kreatiewe Skryfkuns + enige ander kursus van jou keuse (binne 12 maande vanaf betaling) en kry R500 afslag. Dis twee kursusse vir slegs R4 450! Klik hier om van die spesiale aanbod gebruik te maak.

Besoek ook Skryfnet se webwerf vir meer inligting en antwoorde op gereelde vrae.

Skryfnet is ’n projek deur Maroela Media en Akademia.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.