Skryfnet: Leer hoe om self ʼn mediaverklaring te skryf

skootrekenaar-slimfoon-tik-skryf

Argieffoto (Foto: Stanley Dai/Unsplash)

Moet jy soms inligting aan die publiek kommunikeer? Wil jy soms ʼn boodskap oor jou onderneming vir die media aanstuur, maar jy is nie seker of hulle dit vir publikasie sal oorweeg nie? Is jy onseker hoe om die wie, wat, waar, wanneer en hoe van ʼn persverklaring op te stel?

Dan is hier goeie nuus! Skryfnet, ʼn Afrikaanse skryfskool, bied binnekort ʼn kursus aan waar jy kan leer hoe om ʼn mediaverklaring te skryf.

Dr. Thalyta Swanepoel, ʼn dosent in joernalistiek en mediaskakeling aan die Noordwes-Universiteit en ʼn voormalige joernalis en kommunikasiepraktisyn, het dié praktiese werksessie ontwikkel.

Dit word regstreeks en aanlyn deur dr. Swanepoel aangebied en deelnemers sal toegerus word met die nodige kennis en praktiese vaardighede om in-die-kol mediaverklarings te skryf wat nuusredakteurs se aandag trek en nié in hul snippermandjie beland nie.

INLIGTING OOR AANHEGSEL skryfnet-aanlynwinkel-02-003.jpg“Skryf ʼn mediaverklaring” is nie bloot ʼn teoretiese kursus nie; dr. Swanepoel sal deelnemers aan die hand van hul eie persvrystellings lei om treffender kopie te skryf.

Maroela Media se redakteur, Nico Strydom, sal ook kortliks sý ervaring deel en verduidelik hoe nuusredakteurs besluite neem oor mediaverklarings.

As jy ʼn kommunikasiepraktisyn of entrepreneur is wat jou organisasie of onderneming meer blootstelling in die media wil gee, is dié werksessie onontbeerlik.

Dié regstreekse aanlyn werksessie is Skryfnet se eerste kursus wat op die professionele mark gerig is en vind op 13 Mei van 09:00 tot 13:00 plaas.

Om te registreer, besoek gerus https://www.skryfnet.co.za/mediaverklaring/. Sodra deelnemers se registrasie gefinaliseer is, sal daar per e-pos verdere inligting deurgegee word om by die aanlyn sessie in te skakel en ʼn mediaverklaring as voorbeeld in te dien.

Deelnemers wat die werksessie voltooi, ontvang ʼn sertifikaat van Akademia. Inskrywings sluit op 7 Mei en die sessie word op 13 Mei aangebied. Koste beloop R450 per persoon.

Besoek ook gerus https://www.skryfnet.co.za/vrae/ vir antwoorde op moontlike vrae wat jy het.

Skryfnet is ʼn projek deur Maroela Media en Akademia.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.