Skryfnet: Skryf ʼn wen-toespraak!

 toespraak-debateer-product-school-unsplash.jpg

Foto: product-school/unsplash

Is jy ʼn onderwyser wat redenaars moet afrig, ʼn mamma wat moet help toesprake skryf of ʼn passievolle redenaar wat graag ʼn wenpraatjie wil lewer? Dan is Skryf ʼn Toespraak net wat jy nodig het!

Hierdie praktiese en prettige eendagwerksessie vir leerders tussen 12 en 18 jaar oud gaan die manier waarop jy jou toesprake benader vir altyd verander.

Dit word aangebied deur Afrikaans Hoër Meisieskool se gewilde redenaarsafrigter, Erica Dannhauser.

Skryf ʼn Toespraak fokus op al die bestanddele wat nodig is om ʼn uithalertoespraak te skep. Dit is die ideale werksessie vir leerders, onderwysers of ouers wat graag op ʼn praktiese en prettige manier hulle toespraakvaardighede wil opskerp.

Oor die aanbieder

 erica-dunnhauser.jpg

Erica Dunnhauser (Foto: verskaf)

Erica Dannhauser glo as jy kan praat, het jy die vermoë om te beïnvloed en lewens te verander. Sy leef deur te praat! Hierdie begaafde onderwyseres spog met ʼn BCom-graad in joernalistiek, ʼn honneursgraad in sielkunde en ʼn onderwyskwalifikasie (NGOS) van Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus. Erica is al die afgelope sewe jaar die hoofafrigter van redenaars by Afrikaans Hoër Meisieskool in Pretoria. Gedurende hierdie geseënde tydperk in haar lewe, het haar afrigting drie nasionale wenners opgelewer. Haar lewensfilosofie, wat sy by Aristoteles geleen en aangepas het, is: “Speaking to the mind without speaking to the heart, is no speaking at all!”

Bespreek nou jou sitplek

Om ʼn wentoespraak te skryf is elke redenaar se droom.

Gee hierdie droom vlerke deur jou kind in te skryf vir die Skryf ʼn Toespraak-werksessie wat op 30 Julie 2022 by Akademia se Centurion-kampus van 09:00 tot 15:00 plaasvind.

 skryf-kenny-eliason-unsplash.jpg

Foto: kenny-eliason/unsplash

Slegs ʼn beperkte getal plekke is beskikbaar, so bespreek nou om teleurstelling te voorkom!

Kaartjies kos R650 per persoon en 10% afslag is beskikbaar vir groepe van vyf of meer leerders. Ná afloop van die werksessie sal deelnemers ook ʼn sertifikaat van deelname ontvang. ʼn Ligte middagete sal ook bedien word.

Klik hier om kaartjies te koop.

Inskrywings sluit op 25 Julie 2022.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.