Solidariteit bou aan beroepsgildes

Argieffoto (Foto: geralt, Pixabay)

Deur Cilleste van Dyk

Beroepsgildes is ʼn eeueoue konsep wat ten doel het om lede van ʼn beroepsrigting onderling aan mekaar te bind sodat hulle mekaar kan help om suksesvol in hul beroep te wees.

Wat doen ʼn gilde?

ʼn Gilde dien as ʼn netwerk, opleidingsplatform, hulpbron vir vordering in lede se professie, en as toegangspunt tot die beroepslewe vir jongmense.

Die lede van ʼn gilde is trotse mense wat streef na uitnemendheid en om meesters op hul vakgebied te wees. Hulle is ʼn helpmekaar-beroepsgemeenskap.

Solidariteit het besluit om die gildekonsep te laat herleef. Daar word beplan om mettertyd ʼn Afrikaanse gilde vir elke beroepsrigting te skep. Die gildes gaan saamgebind word onder die sambreel van die Solidariteit Beroepsgildes.

ʼn Wêreldwye studie het getoon dat dit mense se grootste behoefte is om ʼn betekenisvolle werk te hê. Afrikaanse werknemers voel toenemend verstoot by die werk. Hul loopbaanvordering het weens onbillike regstellende aksie ’n plafon bereik, daar word nie meer deur opleiding in hulle belê nie en Engels is dikwels die enigste voertaal by die werk.

Solidariteit Beroepsgildes skep ʼn helpmekaar-beroepsgemeenskap vir Afrikaanse professionele beroepslui waar hulle kan tuisvoel in Afrikaans en waar hulle kan voel hulle dra betekenisvol by tot die behoud van hul beroepsrigting en hul eie loopbaanvordering.

Die eerste volwaardige beroepsgilde wat Solidariteit op die been gebring het is die Beroepsgilde vir Gesondheidspraktisyns.

Argieffoto (Foto: Berzin, Pixabay)

Waaroor is die Beroepsgilde vir Gesondheidspraktisyns passievol?

Ons wil gesondheidspraktisyns in Suid-Afrika suksesvol maak.
– Ons bou en belê in kennis deur voortgesette professionele opleiding (VPO) van gehalte in Afrikaans aan te bied en deur Afrikaanse opleidingsinstellings te versterk.
– Ons bou ʼn helpmekaar-beroepsgemeenskap bestaande uit professionele mense.
– Ons bou aan die toekoms van die gesondheidsbedryf deur die volgende geslag Afrikaanse gesondheidspraktisyns te ondersteun om toegang tot opleiding te kry.

Wat is die Beroepsgilde vir Gesondheidspraktisyns nie?

Hierdie gilde is nie ʼn instelling waaraan gesondheidspraktisyns behoort vir dít wat hulle daaruit kry nie. Dit is ʼn instelling waaraan gesondheidspraktisyns behoort om ʼn blywende verskil in hul beroepsveld en gemeenskap te maak terwyl hulle ook in hul eie persoonlike ontwikkeling belê.

Kontak ons by [email protected], of SMS “Gilde” na 34802. Ons sal jou kontak en die aansluitingsproses telefonies hanteer. ʼn SMS kos R2.

Suid-Afrika se grootste gesondheidsamaritaan-kompetisie

Ons het onlangs ʼn kompetisie bekend gestel om Suid-Afrika se grootste gesondheidsamaritaan aan te wys. Nomineer ʼn gesondheidspraktisyn wat jy meen ʼn ware samaritaan is en staan die kans om groot pryse te wen! Lees gerus meer oor die kompetisie en vertel asseblief jou vriende en familie ook van die kompetisie. Al wat jy hoef te doen om in te skryf is om die webwerf te besoek en die kompetisievorm in te vul – dit is hoe maklik dit is.

Wat is op die spel?

Mense wat gesondheidsamaritane genomineer het, staan die kans om ʼn seevakansie by Santana en ʼn kontantprys van R10 000 te wen.

#BouSaam met Solidariteit aan beroepsgildes. Besoek www.solidariteit.co.za/bousaam of SMS die woord BOUSAAM na 34802 (R1).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.