Solidariteit neem die voortou in vakbondwese

Argieffoto (via Wikimedia Commons)

Argieffoto (via Wikimedia Commons)

[promosie-artikel]

Alhoewel Solidariteit as ’n vakbond bekendstaan, is dié organisasie – die oudste van sy soort in Suid-Afrika – ’n vakbond wat werklik vir sy lede omgee en wat ondanks sy grootte vêr bo sy gewigsklas boks.

Terwyl Solidariteit feitlik daagliks die onreg van regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging teenoor sy lede in Suid-Afrika se hoogste howe beveg, is Solidariteit ook op voetsoolvlak aktief betrokke om sy lede te beskerm en by te staan.

As daar op grond van ras teen ons lede gediskrimineer word, skroom Solidariteit nie om die regering tot in die konstitusionele hof te pak nie. Solidariteit het ook al ’n klag teen die Suid-Afrikaanse regering se kwotabeleid by die Verenigde Nasies ingedien. Solidariteit het reeds daarin geslaag om die Suid-Afrikaanse Polisiediens se regstellendeaksieplan onwettig te laat verklaar en het ook die departement van korrektiewe dienste tot in die konstitusionele hof oor die toepassing van rassediskriminasie in die werksplek gepak.

Solidariteit bereik gereeld skikkings namens sy lede wat hetsy vanweë onbillike ontslag of beserings aan diens op kompensasie geregtig is. Hierdie skikkings kom neer op miljoene rande wat die vakbond namens sy lede beding. Solidariteit het ’n span organiseerders en regsgeleerdes wat oor die 400 000 werksnavrae per jaar hanteer, terwyl daar op enige gegewe tydstip sowat 1 200 regsprosesse by Solidariteit hanteer word. Solidariteit wen boonop 87% van die regsgedinge wat hy aanpak.

In ’n gemiddelde jaar kry Solidariteit-lede gemiddeld R200 miljoen per jaar aan vergoeding vir beroepsbeserings en -siektes en in hofsake wat die vakbond namens sy lede beding. Solidariteit-lede ontvang ook begrafnisvoordele waarvan Solidariteit sowat R7,5 miljoen per jaar aan sy lede uitbetaal.

Benewens die arbeidsregtelike sake wat Solidariteit namens sy lede by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) en in die arbeidshof behartig, is Solidariteit ook direk betrokke by loononderhandelinge en -dispute terwyl die vakbond namens sy lede optree en aansienlike bystand tydens afleggings bied.

Solidariteit is terselfdertyd aktief in die werkplek betrokke om te verseker dat verskeie bedrywe nie weens swak of korrupte bestuur ten gronde gaan nie. Solidariteit sien ook toe dat werknemers nie deur hul werkgewers uitgebuit word nie en maak seker dat maatskappye wat óf werknemers se lewens óf hul heenkome in gevaar stel, aan die kaak gestel word.

Waar was Solidariteit onlangs betrokke?

Aurora

Solidariteit was direk betrokke by die aankla van die direkteure van Aurora Empowerment Systems (onder wie Zondwa Mandela en Khulubuse Zuma) vir onder meer die korrupte bestuur van twee voormalige Pamodzi-myne. Sowat 5 000 werkers het hul werk by dié myne verloor.

Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit, het dit sy missie gemaak om te verseker dat die Aurora-skandaal die nodige media-aandag geniet en deel van die publieke diskoers uitmaak. Hy het ook met verbete vasberadenheid opgetree om te verseker dat diegene wat verantwoordelik was vir die verlies van duisende huishoudings se inkomstes aan die pen ry.

Lily-myn

Die Lily-myn, wat op 5 Februarie 2016 ineengestort het en sowat 100 werkers vasgekeer gelaat het, het wêreldwyd opspraak gewek. Drie van die werkers is nog steeds nie gevind nie.

Die ramp het ook meegebring dat sowat 700 werkers hul werk by die myn, wat deur Vantage Goldfields besit word, kan verloor. Solidariteit het egter hier ook proaktief opgetree en was derhalwe die enigste vakbond wat deur die mynbestuur vir samesprekings genader is.

Highveld Steel

Die sluiting van Highveld Steel, een van die grootste staalprodusente in Suid-Afrika, het nie net ’n reuse-impak op Suid-Afrika se staalproduksie nie, maar gaan ook Witbank se ekonomie en gemeenskap baie swaar tref .

Highveld Steel het sowat 2 200 werknemers gehad wat summier huis toe gestuur is met die boodskap dat daar geen kapitaal beskikbaar is om hul salarisse vir die maand te betaal nie – en nog minder om vir pakkette te betaal.

Alhoewel Marius Croucamp, Solidariteit se adjunk-hoofsekretaris vir die metaalbedryf, sy uiterste bes gedoen het om ’n gunstige uitkoms vir Highveld Steel te beding, het ’n voornemende koper van die aanleg op die laaste oomblik kop uitgetrek.

Solidariteit het egter in samewerking met die Solidariteit Helpende Hand praktiese hulp aan sowat 300 lede en hul gesinne verleen deur reeds drie keer kos en kruideniersware – telkens genoeg om ʼn gesin van vier ʼn paar weke lank te onderhou – onder die mense uit te deel. Solidariteit het ook gehelp om die geaffekteerde werkers se CV’s by te werk sodat hulle dadelik vir ander werk kon aansoek doen.

ArcelorMittal en die staalbedryf

Die staalbedryf oor die hele Suid-Afrika verkeer onder geweldige druk. Die volgende groot maatskappy wat geraak kan word, is die staalreus ArcelorMittal – meer bepaald sy Vanderbijlpark-aanleg.

ArcelorMittal Vanderbijlpark het sowat 5 000 vaste werknemers; indien hierdie aanleg sluit, sal dit ʼn ekonomiese ramp vir die Vaaldriehoek inhou. Marius Croucamp het hier die voortou geneem en dien in ’n spesiale taakspan wat die probleme in Suid-Afrika se staalbedryf ondersoek. Hy het reeds die International Trade Administration Commission (Itac) versoek om so gou moontlik met ’n oplossing vorendag te kom om die staalbedryf in Suid-Afrika daadwerklik te beskerm nadat Itac hierdie ondersoek tot Junie vanjaar wou uitstel.

Ons doen meer

Solidariteit stop nie by vakbonddienste nie. Solidariteit bou aan ʼn toekoms, skep hoop en veg vir jou en jou gesin sodat julle binne Suid-Afrika van ’n vry, veilige en voorspoedige toekoms verseker kan wees.

Bou saam met ons ’n toekoms en ondersteun Solidariteit. SMS bloot “ONSBOU” na 34802, of besoek www.onsbou.co.za.

Artikel verskaf deur Solidariteit

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Bruno Stef ·

Solidariteit is inderdaad die beste opsie wat vir minderheids groepe ook n stem kan gee daarom is daar n gereelde koortjie bestaande uit mishorings wat hulle probeer kritiseer. Flip en sy manne doen uitstaande werk hou net julle oe oop vir politieke rugkrappers en oppertuniste wat gaan probeer om julle te rysmier en te vernietig met hulle eie bedenklike agendas.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.