Somerbruid 2024: Geluk aan ons stem-en-wen-wenners

(Foto: Miekeraai Modemal/Instagram)

Vyf gelukkige Maroela-lesers, wat aan die stemmery vir ons Somerbruid deelgeneem het, het in aanmerking gekom vir een van vyf geskenkbewyse van R500 van Miekeraai Modemal.

Baie geluk aan Tiané Oelofse van Despatch; Marie-Louise Albertyn van Port Elizabeth; Michaela Breedt van Stilfontein; Nakita Fourie van Carletonville en Fiela Janse van Rensburg van Durbanville wat elkeen ʼn geskenkbewys van R500 ontvang.

Suzette de Gouveia is as ons Somerbruid aangewys.

Miekeraai Modemal

(Foto: Miekeraai Modemal/Instagram)

Miekeraai se produkte is van uitstekende kwaliteit en genoeg om enige iemand se kop te laat draai. Oorbelle, haarknippe, serpe en nog meer kan by Miekeraai gevind word.

Mia Botha, eienaar van Miekeraai, het in 2021 die AfriForum Sakenetwerk se Tinteltong-toekenning ingeoes vir haar bydrae tot die bevordering van Afrikaans in die sakewêreld.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.