Somerbruid: Stem en wen-wenner

Maroela Media gaan met elke seisoen ʼn seisoenebruid aankondig en aan die einde van die jaar gaan ons lesers ook die geleentheid kry om die Bruid van die Jaar aan te wys.

Paartjies wat tussen Desember 2021 en Februarie 2022 getrou het, het vir die Somerbruid in aanmerking gekom.

Uit honderde inskrywings moes ʼn beoordelaarspaneel behoorlik kopkrap! Ons het ʼn top-10 Somerbruide saamgestel ons lesers kon stem vir hul gunstelinge en sê wie as die Somerbruid aangewys moet word.

Stem en wen-wenner

Baie geluk aan Joyce Venter van Sasolburg wat aan die stemmery deelgeneem en vir haarself ʼn wonderlike Tupperware-geskenkpak ter waarde van R5 500 losgeslaan het.

Dié wonderlike geskenkpak sluit in ʼn mikrogolf- vinnige koker (ter waarde van R1 999), ʼn kruieknipper (R459), ʼn “Signature Line”-stel (vier verskillende groottes) (R1 686), ʼn VentSmart High-stel (R499), ʼn “Click Series”-stel (R500) en ʼn geskenkbewys wat jy aanlyn in Tupperware se winkel kan gebruik ter waarde van R500.

Maroela se Somerbruid

Baie geluk aan Emelia le Roux, ʼn ontvangsdame van Meyerton, wat verreweg die meeste stemme in dié kompetisie gekry het!

Emelia en Donavan wen twee nagte vir twee persone wat deel by die Finfoot Lake Reserve in Rustenburg, Noordwes (insluitend aandete en ontbyt) met die komplimente van Dream Hotels and Resorts.

Emelia dring nou deur na die finale ronde aan die einde van die jaar waar ons seisoenebruide gaan deelneem aan die Bruid van die Jaar.

Maroela se Bruid van die Jaar

Ons gaan deur die loop van die jaar ook ʼn Herfsbruid (troues in Maart – Mei 2022), Winterbruid (troues in Junie – Augustus 2022) en Lentebruid (September – November 2022) aanwys. Hou dus Maroela dop as jy wil seker maak jy skryf vir dié opwindende kompetisie in!

Jy kan tydens die stemproses van elke seisoenebruid in aanmerking kom vir ʼn Tupperware-geskenkpak ter waarde van R5 500. Bly dus ingeskakel!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.