Sorina Erasmus se pienkvoet gebore

Sorina Erasmus en haar man, Braam Riekert, en hul seun, Braam. Foto: Facebook via Sorina aka Die Flooze

Sorina Erasmus en haar man, Braam Riekert, en hul seun, Braam. Foto: Facebook via Soria aka Die Flooze

Die sanger en aktrise Sorina Erasmus, in die vermaakbedryf ook bekend as Die Flooze, het Woensdagmiddag lewe geskenk aan ʼn gesonde babadogtertjie.

Sorina het tydens die première van Modder en bloed aan Maroela Media vertel hulle is tradisievas en het daarom gekies om hul dogtertjie na haar ma, Mariana Elizabeth te noem.

Hulle gaan haar egter sommer net Miana noem. “Miana beteken ‘God is genadig’ asook ‘sy is die liefde van my lewe’,” het Sorina gespog.

Sorina het haar tot Twitter gewend om ʼn pragtige boodskap aan Miana oor te dra. “Welkom in ons wêreld, mooiste Miana meisiekind! Jy’s ʼn beeldskone engeltjie gestuur vanaf God se paradys. Ons is lief vir jou in hoofletters.”

Sorina en haar man se eersteling, Braam, is wel nog klein, maar Sorina het vertel hulle berei hom reeds voor op Miana se aankoms by die huis. “Ons maak dit ʼn saak van gebed. Ons hoop hy gaan sy sussie koester en vertroetel.”

Sy vertel hoewel sy vir ʼn rukkie uit die openbare oog gaan wees, beplan sy om einde April weer met vertonings te begin. Haar jongste enkelsnit, “Deure”, is ook onlangs uitgereik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johann ·

Baie geluk Braam, Sorina en klein Braam met Miana se toevoeging tot die gesin. Die twee kleingoed sal julle baie vreugde in die lewe bring. Ons wag vir die eerste fotos! Groete.

Theresa B ·

Baie geluk julle 3 met die vierde liefde in die huis. Baie blessings!!

broos ·

baie geluk! mag sy net liefde en vreugde en baaaaie smiles bri ng :-)

Christa Hattingh ·

Sorina baie geluk met julle klein prinsessie. Mag sy ‘n sonstraaltjie. Wees wat julle net vreugde en plesier bring. Kan nie wag om haar gesiggie te sien.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.