SOS vereer beste Afrikaanse skole

sos-beste-afr-skole-2018-2019-01-25

Van links is Mariana van Zyl, hoof van die Hoër Meisieskool Paarl, Marna Jordaan, hoof van die Afrikaanse Hoër Meisieskool, Santjie van Vuuren, onderwyser aan die Hoër Meisieskool Bloemhoef en Amanda Lochner, hoof van die Hoërskool La Rochelle. Foto: Verskaf.

Die Skoleondersteuningsentrum (SOS) het Vrydag die land se beste Afrikaanse skole vereer vir hul uitnemende prestasie tydens die 2018-matriekeindeksamen.

Skole wat die meeste onderskeidings per leerder behaal het in die vakke wiskunde, rekeningkunde, Afrikaans-huistaal en fisiese -en lewenswetenskappe, het ’n sertifikaat van uitnemendheid ontvang tydens die SOS se hoofde-ontbyt in Centurion.

Afrikaanse skole het hulle weer verlede jaar uitstekend van hul taak gekwyt en ’n matriekslaagsyfer hoër as die nasionale gemiddeld verwerf. Afrikaanse skole het ook meer wiskunde-onderskeidings per leerder behaal en ’n groter persentasie Afrikaanssprekende matrieks het universiteitsvrystelling behaal as die nasionale persentasie.

Skole het Vrydag van so ver as die Paarl in die Wes-Kaap gekom om toekennings te ontvang.

Die Hoër Meisieskool Bloemhof in Stellenbosch het 11 sertifikate ingeoes, die meeste van al die skole. Die skool is ook as die beste Afrikaanse skool in Suid-Afrika aangewys. Die vier Afrikaanse skole wat die meeste onderskeidings per leerder tydens die matriekeindeksamen verwerf het, is almal enkelgeslag-meisieskole.

“Dit kan toegeskryf word daaraan dat leerders aan meisieskole die vrymoedigheid het om ten volle deel te neem aan enige van die skoolaktiwiteite en ook meer gefokus is op akademie as leerders in ’n gemengde skool,” sê Melanie Buys, onderwyskenner aan die SOS.

Dr. Danie Brink, hoof van die SOS, sê Afrikaanse skole vaar uitstekend binne die raamwerk van die Caps-kurrikulum. “Ons wil onderwysers egter uitdaag om leerders toe te rus om kreatief te wees, krities te dink en in ’n span saam te werk om probleme op te los. Dan sal hulle opgroei om suksesvolle volwassenes te wees.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Lorinda de Jager ·

Ai mense. Hierdie is net die tipe berigte wat die anc en die eff nodig het om hul dae te vul

Charles ·

Hehe! Want andersins het hul NIKS om te doen nie!

AFRIKAANS!!!!!!!!!!

Almama ·

Ek stem 100% saam met jou! Net soos die berigte wat geroem het op die Kaap wat so veilig is, toe lees die verkeerde ouens dit en nou is dit nag daar. Dis só jammer dat dit so is deesdae!

Tom ·

Wonderlik! Kom ons hoor watter ander 3 skole ook so goed presteer het dan kan ons hulle ook geluk wens?

Francois Joubert ·

Jy sal maar soos ek die onderskrif by die foto moet lees. Berig hou dit geheim.

jaco ·

is hierdie onderskeidings en wonderlike prestasies regtig so goed? skoolstandaarde raak al hoe laer. ek het soms na die matriek hersieningsprogramme op DSTV gekyk. Vakke wat ek self op skool gehad het, o.a. geskiedenis en geografie, se vrae was verspot maklik – definitief nie so moeilik soos toe ek in die ou SA in matriek was nie.
Ek waag n kans om te sê dat deesdae se wonderlike onderskeidings maklik 15 na 20% MINDER sou wees as dit teen die skoolstandaarde van die ou SA gemeet word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.