Spar in Plet laat sosiale media gons

Spar (1)

Foto: Facebook/ Anton Muller

ʼn Foto wat by die Beacon Isle Kwikspar in Plettenbergbaai geneem is, het omtrent sosiale media aan die gons. In die foto is daar ʼn krat vol vrugte met ʼn boodskap wat lui: “Hallo ouers, vat gerus ʼn gratis vrug vir jou kinders terwyl jy inkopies doen. Ons moedig gesonde eetgewoontes aan en wil jou inkopie-ervaring so ’n klein bietjie makliker maak.”

Die eienaar, Duncan Brown, sê hy het dié oulike idee oorsee by Tesco gesien en besluit om dit ook in sy winkel in te stel.

Duncan sê hy bestee baie geld en moeite daaraan om dié winkel ʼn bietjie meer spesiaal te maak omdat ʼn groot deel van die gemeenskap by sy winkel koop. “Ons is ʼn klein gemeenskap en almal ken mekaar – ons moet vir mekaar omgee.”

Vir dié eienaar is gehaltekos baie belangrik en hy meen daar is baie opsies vir mense wat gesondheidsbewus is, maar hulle is nie uitsluitlik ʼn gesondheidswinkel nie. “Ek dink nie ons gaan mense se lewe verander deur vrugte gratis te gee nie, maar ons probeer om die manier hoe ons ons winkel bestuur, net ’n bietjie anders te hanteer.”

Verskeie mense het dié foto gedeel en kommentaar gelewer oor die manier waarop Duncan sy winkel bestuur en ouers in ag neem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Willie ·

Great idee!!! Jammer ek bly in Bloem. Bietjie ver om te ry vir inkopies. Kinders wil altyd aan iets knibbel, en dis nogal n stryd om asn n kleinding te verduidelik dat daai eetding eers joune is as jy klaar daarvoor betaal het.

Puik Duncan!!! As ek weer in Plet kom (nadat die rand herstel het na die Nene fiasco), sien jy ons beslis!!

Corrie ·

Puik Duncan! So mooi gebaar van jou om aan jou gemeenskap te dink.

Franci ·

Baie geluk, Duncan! Jy het hiermee vir jou winkel myle meer ‘goodwill’ gekoop as 10 volskaalse advertensieveltogte! Ek sal verseker in die vervolg eerder by jou kom koop!

GES ·

Ons het so ‘n winkel in Centurion ook nodig. Puik Duncun 10 / 10

Netta ·

‘n Ware “Feel Good” storie in ‘n week waarin lesers papgeslaan is deur misdaad statistiek, verhale van moord en verkragting, ‘n onskuldige dogtertjie wat vir haar lewe veg na ‘n honde-aanval, Zuma wat die land, die rand en die wêreld skud met ‘n ondeurdagte, suiwer politieke skuif!!! “Well done” Spar Plettenbergbaai & Duncan!!!

Tienie ·

Dis so teenstrydig met n kennisgewing by ons “Vrot n Veg” op Potgietersrus wat lees…” Moet asseblief nie aan die druiwe proe nie”. Dis hoekom ek eerder ordentlike groete en vrugte by my Spar koop.

Johann Marx ·

Nou gaan dit nie lank wees nie, dan moet hy ook die volgende plakaat posit: “Just ONE fruit per child. Do NOT put fruit in your handbag. Once you’ve tasted a fruit, do NOT put it back on the shelf. The child must be WITH you to get a fruit…..the TEN children at home can wait their turn!!” En dan kort daarna: The “free” fruit for children experiment had to be stopped due to fact that we couldn’t keep up the supply to the hordes of idiots not buying anything but just loitering in the shop to get fruit!!” Have a merry X-mas.

Rudolph ·

As jou bril vuil is sal die wereld altyd dof en onaagenaam lyk.

Annie ·

As jy niks positief kan se nie…bly eerder stil…hemel weet…as jy ongelukkig is met jouself en jou lewe moenie dit vir ander ook onsmaaklik maak nie

HEVW ·

Ja Johan dit sal beslis ook nie hier by ons werk nie.Vrugte word so gedruk en gekneus en druiwe gekorrel dat geen beskaafde mens daarvoor kans sien nie. Die proses sal net vinniger verloop soos jy dit stel. Die eienaar sal dit nie eens oorweeg nie.

welmari ·

Ag rerig. Dis hoekom dit n krat vrugte is wat daar is staan met n plakkaat op. Dis n great idee, gun dit vir hul. Los als wat negatief is uit..fokus op die positiewe…daars min genoeg in lewe daarvan. Spar is tops.

Liefie ·

Geluk Duncan en well done! Pick n Vrot, Woolies en Altyd beter kan gerus by jou kom lesse neem. Ek sal verseker jou besigheid ondersteun.

ChrisP ·

Die mense met die negatiewe kommentaar…julle is deel van die land se probleme. Oorweeg dit sterk om eerder deel van die oplossing te word.

HEVW ·

Dit is nie maar net negatief nie. Dit is heel realisties. Indien jy nie glo nie kom kyk by die einste Spar hier in Namibie. Het ook al die groente en vrugtemark in Pretoria besoek. Het self beleef hoe daar geoes, geplunder word as die sekuriteit nie op en wakker is nie. Om nie eens te praat van die morsige plakkerskamp wat daar teen die mark plak nie en die gevolge daarvan nie.

Jakoba ·

Ek bly in Namibia en ek weet nou van watter plakkerskamp jy praat nie. In Windhoek is ons Superspar agter Marua Mall in die Lifestyle centre en dit is super skoon geen morsigheid nie en ook geen plakkerskamp nie. Praat jy nou van Pretoria? Ons het ook ‘n Spar in Pionierspark uitbreiding 1 wat pragtig en skoon is geen morsigheid nie ook in die Grove Mall is ‘n Superspar en dit is superskoon en dit is heerlik om by die Superspar orals te koop veral oor die Heilige Geboorte fees van die Christus Kind (Kersfees) met al sy lekker ingevoerde duitse koekies, net jammer hulle is so ‘n bietjie duur. Mnr Duncan jy is voorwaar ‘n ster, jou positiewe uitkyk op die lewe is wonderlik. Doen so voort en God se rykste seen.

Rudolph Scharneck ·

Hopelik is daar n paar suur druiwe ook vir die suur mense in ons wereld soos party wat hier kommentaar lewer. Sommige mense MOET net altyd die negatiewe in alles sien.
Dankie vir die inspirasie wat jy vir baie ander is, Duncan!

Fanie ·

Briljant Duncan.
By Checkers word die vrugte en groente in tonne weggegooi of vir die varke gegee. Én dit makeer byna niks. Ek het destyds toe ek by Checkers se despatch afd gewerk het, gevra hoekom deel hulle nie die groente en vrugte uit vir die arm mense nie!?
So welgedaan Duncan.

Pierre ·

Net sodra ek dink daar is iets positief in die land van ons kom mense en draai dit om na ‘n negatief. Hou dan liewers jou mening vir jouself. Aan Duncan, doen so voort.

Henk Celliers ·

Wat n mooi storie,in Rayton naby Pretoria is n man wat n kwekery bedryf op die sypaadjie voor sy huis,sonder om die plante selfs in die aand in te bring,het hy oor n tydperk van 8jr slegs R300 verloor,jy help jou self,en plaas jou geld in n blikkie,en gly dit deur n plastiese pyp tot in sy erf,daar is meer eerlikke mense as skelms

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.