Speel saam: Boer op jou eie plaas in jou agterplaas!

Met die reuk van varsgebakte beskuit in die lug en ʼn koffie boeretroos in jou hand kan jy nou self leer boer – in die gemak van jou eie huis.

Boereplaas

Boereplaas

Foto: Verskaf

Leer boer met dié heerlike Boereplaas-bordspeletjie: beurtkrag laat jou kuikens vrek, jy moet allerhande belastings betaal en die werkers staak vir hoër lone. Maar jy voer ook vrugtesap uit na Doebai, begin ’n staproete op jou plaas en begin ’n aanleg vir gebottelde water.

Boereplaas is pret en opvoedkundig. Dit leer kinders (en grootmense) van boerdery, ondernemingsgees, taalvaardighede, rekenkunde en sosiale interaksie. Ook hoe om met geld te werk.

Die Boereplaas-bordspeletjie is ʼn opvoedkundige gesinsbordspel vir 2 – 6 persone.

Koop Boereplaas nou in Maroela se aanlyn winkel, Die Koöperasie, vir slegs R360-00.

Sweep

Lus om die kuns van sweepklap te laat herleef? Hierdie 8-riem, volvleg-sweep van beesleer is perfek daarvoor! Die leer word per hand uitgekies en met die hand gevleg om te verseker dat dit topgehalte is.

Wil jy graag ook vir jou kind ‘n sweep kry om saam met jou te oefen? Sien die 4-riem-sweep vir kinders.

Koop die sweep nou in Maroela se aanlyn winkel, Die Koöperasie, vir slegs R1 200-00.

Voortrekkers kook

Voortrekkers kook-resepteboek (beskikbaar in Die Koöperasie)

Wat maak ʼn kamp so lekker? Dis koffie, pap en wors!

Voortrekkers kook is ʼn resepteboek wat vinnige en lekker resepte bevat. Dit sluit onder andere resepte in vir stokbrood, trekkerbrood, biltongpotjie, mieliekoekies, mieliepapdoughnuts, pampoenpoffertjies, gebakte koeksisters, vlagpoeding en nog baie meer.

Alle resepte word opgedeel onder die afdelings: Staatmaker-resepte vir spankampe, As ma sê daar moet groente wees, Middernagfees, Kampkoffie, Vasbytkos, Spanpret, Kampkos, Iets meer om die lyf, Hoender is mos groente, Nou praat jy, Watertandgroente, Kraakvars slaaie en Feeskos.

Koop Voortrekkers kook nou in Maroela se aanlyn winkel, Die Koöperasie, vir slegs R190-00.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

IK ·

Indien grondeise nie ingesluit is dan is die speletjie nie volledig . . .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.