Spiertier se vrou: ‘Ek is soveel meer as my lyf’

Drew en Jenna Kutcher (Foto: Instagram)

Jenna Kutcher, ʼn troufotograaf van Wisconsin in Amerika, was onlangs in die kollig nadat iemand op Instagram vir haar gesê het hulle kan nie  glo dat sý so ʼn aantreklike man kan kry nie.

Kutcher het normale, vroulike kurwes, en is ʼn aktivis vir ʼn gesonde liggaamsbeeld. Haar man, Drew, is ʼn persoonlike afrigter en het ʼn gespierde lyf.

Kutcher het al voorheen onseker oor haar lyf gevoel, en dié boodskap op Instagram het haar onkant gevang.

“Deel van my onsekerheid oor my lyf het gekom daarvan dat ek met ‘Mr. 6-pack’ self getroud is. Hoekom moet ek, ʼn meisie met kurwes, hóm kry? Ek voel nie waardig nie, en ek maak stories in my kop op dat ek hom nie verdien nie omdat ek nie maer is nie,” het sy later as ʼn reaksie op Instagram geskryf.

Jenna Kutcher (Foto: Instagram)

“Dié man het elke kurwe, dimpel en pond aanvaar vir die laaste 10 jaar, en hy herinner my altyd dat ek pragtig is, ten spyte van wat die stories in my kop vir my sê.”

Kutcher het aan Yahoo Lifestyle gesê sy het die afgelope twee jaar twee miskrame gehad.

“Ek dink ons vroue se grootste vrees is dat ons nie genoeg is nie, dat ons liggame gebroke is, en nadat ek twee verliese gely het, het ek gesukkel om my liggaam weer te aanvaar.”

Kutcher skryf verder dat alhoewel haar liggaam nie perfek is nie, haar man steeds lief is vir haar.

“Ja, my bobene soen mekaar, my arms is groot en my boude is bonkig, maar dit beteken daar is net meer van my waarvoor hy kan lief wees, en ek het ʼn man gekies wat al hierdie dinge kan hanteer!”

“Drew is ʼn spiertier. Ek weet dit, ek sien dit, en ek is mal daaroor. Vir my is hy die aantreklikste man op die planeet,” het sy gesê.

“Ek is soveel meer as net my lyf, Drew is ook, en jy is ook!” het Kutcher op Instagram geskryf.

Dié plasing is al meer as 55 000 keer op Instagram ge-“like”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Snuffels ·

Dit is pragtig as n vrou kurwes het. n Regte man soek mos vleis…n hond soek bene!!!

Nettie ·

My Pa het altyd iets in dieselfde lyn gesê – hy soek ‘n vrou met ‘n bietjie vatplek aan haar lyf; as hy bene wou gehad het, dan sou hy al sy hoenderbeentjies wat hy afgeëet het, in ‘n sak gooi en dáármee saans saam in die bed kruip!

Tess ·

Self liefde is belangrik. Mooi so -ons lewe in ‘n tyd waar min mense tevrede is met hulleself-al is hulle drop dead gorgeous

Denise ·

Ek dink nie daar is fout met jou lyf nie maar as dit jou so pla doen oefeninge en jy sal nog mooier lyk !!!

CARIEN ·

Pragtige storie, hy is ‘n man in die volle sin van die woord. Jenna, jy is ‘n pragtige mensie.

Paul ·

Kyk, as Hanon dit met haarstileering en gesigopmaak kan regkry, wat staan in my pad om ‘n salon oop te maak wat mense na sulke rondinge laat verlang. Daar sal ligte oefenapparate wees, nie om van die rondinge ontslae te raak nie, dit net effe fermer te maak, maar beslis om na te smag. Heerlike gesondheiskos om aan te smul. Ontwerpers sal nuwe ywer aan die dag lê, dollartekens sal in die oë flits.

En die manne sal gewigte optel, trapmeule, elke krieseltjie vet verbrand, oefen dat dit bars ….

Kurwes ·

Voorwaar ñ voortreflike man wat dieper kyk as net haar uiterlike. Dit is gewoonlik sulke verhoudings wat hou. Mans wat hulle vrouens met bietjie kurwes los nadat sy haar liggaam opgeoffer het om vir hom kinders te gee en haar dan los vir ñ maer loslappie, kom wel later agter die gras is toe nie so groen aan die anderkant nie.

Riana Botha Kippen ·

Jenna I can just tell you one thing. You have a very intelligent husband and a man with a beautiful soal. It is the shallow and not so intelegent man that only wants eye candy. Nothing deep about them. My motto in life is, looks and money doesn’t impress me. Is the beautiful soal that does and they way you treat people. Beauty on the outside fades but beauty from within is ever lasting. Take a stunning woman that treats others badly, not long then you cannot see anyting beautiful in her. But then you meet this ordenary person you believe. And she has this amazing gentle caring beautifull personality. And when others can’t see this gorgeous woman. You stand in amazment relizing how blind people can be.

Spel polisie ·

Riana, ek kan jou verseker dat Jenna nie Maroelamedia lees nie . So jy moes dalk maar eerder in Afrikaans getik het. Dalk sou jy minder spelfoute gemaak het.

Anoniem ·

Lief wees vir mekaar is die sement van Liefde en ‘n verhouding ! Geniet mekaar !! ♥♥

Marise Esterhuizen ·

Dame daar is absoluut niks verkeerd met jou lyf ni… Onthou ons is elk uniek geskape ons verskil van mekaar. As iemand n probleem met jou lyf het is dit hul probleem nie Joune nie.

Griet ·

Sy is ‘n PRAGTIGE vrou! En ek hoop dat sy die miskrame sal kan verwerk en eendag die ma van net sulke pragtige kinders sal wees!! “You go girl!!!” :-)

Potties ·

Jenna daar is niks verkeerd met jou nie jy lyk super oulik……..

Andre ·

Ek het toe al die tyd kurwes. Nou voel ek baie beter. Moet my vrou vertel wat sy nie raak sien nie – my kurwes.

Garry Fielding ·

You look absolutely wonderful, your husband is a lucky man.
Thin in most cases is not beautiful.

Spark Plug ·

Ek en my vrou was ook so…20 jaar gelede. Nou het ons al2 kurwes

Sharnelle ·

Vir my gaan dit nie oor hoe jy van buite af lyk nie maar hoe jy binne is. Persoonlikheid se baie meer as jou lyf. As jy n mooi persoonlikheid het kom skoonheid na vore en trek jy meer aandag met jou unieke mens wees as om aandag te trek met n pragtige lyf. Hoe ouer n mens word hoe meer verander jou lyf ook sowel jou gesig wat ook plooie bykry en hare wat grys word. So…voor iemand kan oordeel oor iemand anders se lyf, moet jy dalk jouself gaan bestudeer in die spieel. In God se oe is ons almal uniek en pragtig want dis hoe Hy ons geskape het.

louisa ·

Jy lyk pragtig ……wat saak maak is jou hart en siel…. sterkte met swanger word…geniet mekaar!!!

Carin ·

Jy is pragtig… Dis so sleg dat die media dink dat net maer vrouens iets is……. Ek is self nie streamline nie net ronde kurwes op die regte plekke en my man love my nes ek is….. Hy is baie good looking so dan moet mense dit van my ook se……

MJ ·

Hoeveel boeppens mans loop rond met ‘n pragtige, slanke vrou aan hul sy.. daaroor word geen kommentaar gegee nie. Vrouens met kurwes is vir my mooier as hierdie maer, uitgeteerde nommertjies – veral die ouer vrou.

Willem ·

My vrou is nou nie n model poppie nie sy koop haar klere by done clair wat vir kurwe vroue is ons is al 6jaar saam en ek is meer as gelukkig met haar n plat vloerse hart van goud mooiste persoonlikheid sal haar vir niks verruil nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.