Spog met jou eie Afrikaners is plesierig-hemp

Afrikaners is plesierig-T-hemp in Maroela se Koöperasie

Afrikaners is plesierig, dit kan jy my glo. Hulle hou van partytjies en dan maak hulle só!

Selfs peste en pestilensies kan ons nie onderkry nie, ons kuier nog steeds om ons braaivleisvure en ons kuier ʼn hond uit ʼn bos met ʼn blikbeker boeretroos. Ons raak opgewonde oor die vooruitsig van ʼn kerkbasaar, familiesametrekke en kunstefeeste. Ons lag lekker vir mekaar se grappe en ons strek ʼn helpende hand uit na diegene wat dit nodig het.

Nou kan jy vir almal wys jy is ook deel van dié plesierigheid met die mooiste T-hemde, beskikbaar in ʼn mansnit en damesnit.

Die manshemp is ʼn reguitsnit wat sal seker maak boet kan spog met die spiere wat hy bygekry het van al die harde werk op die plaas, en los genoeg sodat pa met sy boepens ook die hemp met gemak kan dra. Die damesnit is effe ingewerk, mooi vroulik vir ma en sus. En natuurlik gaan ons die geheim vir niemand verklap as tannie Bets eerder die mansnit verkies nie!

Daar is slegs beperkte voorraad beskikbaar van dié unieke T-hemde wat spesiaal ontwerp is vir Maroela Media se 10de verjaarsdag.

Koop dié hemde nou in Maroela se Koöperasie vir slegs R299-00!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
ESTELLE

Dis pragtig, maar R300 vir n T-henp is bietjie erg!

Andre

R300 vir n gholf hemp, Ja.
Vir
n t-hemp, Nee

Linda

Net te duur vir n t-hemp.

Pieter

Toemaar, oor ‘n maand of twee kan jy dit koop vir 10% afslag….. wat nog steeds te duur sal wees.