Storiebus na Namakwaland – ʼn stokkie in die wiel sal ons nie keer!

Volsturisvygies

In September 2020 sou Maroela Media weer met ʼn storiebus na Suid-Afrika se eie blommeland gery het… ʼn reis waarna ons en ons lesers baie uitgesien het. Ongelukkig het Covid-19 ʼn stok in die wiel kom steek, en met onsekerheid oor afsonderingsregulasies en om ons lesers se veiligheid te verseker, moes ons die hartseer besluit neem om die toer na 2021 uit te stel. Ons gaan dus hierdie jaar eerder met Jan Tuisbly se karretjie ry.

Maar moenie bekommerd wees nie, want die bus kom weer!

Ons is baie opgewonde om aan te kondig dat ons reeds ʼn nuwe datum het vir 2021 wanneer Maroela Media se Storiebus deur Namakwaland gaan ry. Ons loop ongelukkig 2020 se pragtige blommeseisoen mis, maar ons weet verseker: ons gaan volgende jaar weer die blommeland besoek nie en ons gaan almal sommer BAIE meer stories hê om te vertel!

Ons storiebus ry in 2021 vanaf 12 tot 16 September.

Namakwa_blousporrie-Copy.jpg

Blousporries (foto: Namakwa Toere)

Johny Klein, gebore Namakwalander, akteur en briljante storieverteller, gaan saam met ons reis. Die toer is meer as net ʼn ervaring van ʼn blommeskouspel, jy kan ook uitsien na dae gevul met lekkerlag-oomblikke, stories soos net ʼn Namakwalander dit kan vertel en vriendskappe wat gesmee gaan word.

In die aand kuier ons saam in die hotel se voorkamer en ons gaan stories vertel, die Hardebaard-boereorkes gaan ons vermaak, en daar wag sommer nog hope verrassings wat dié geleentheid onvergeetlik gaan maak.

Natuurlik is lekker eet ook op die spyskaart. Namakwaland Lodge sorg vir die wonderlikste etes – die lesers wat in 2019 saam getoer het, kan getuig dat niemand ooit honger geword het op dié toer nie!  Ons word boonop ook bederf met die lekkerste wyne uit die kontrei nie, en die heerlikste Namakwalandse rooibostee.

Namakwa_Piekniek tussen blomme.jpg

Daar word heerlik piekniek gehou tussen die blomme (foto: Namakwa Toere)

Hierdie storiebustoer is ʼn ongelooflike ervaring wat jy nie kan misloop nie. As jy nou reeds bespreek vir volgende jaar se toer, betaal jy boonop nog 2019 se toerpryse.

Bespreek nou al jou plek op 2021 se Storiebus!

Vir meer inligting en besprekings, voltooi jou besonderhede in die vorm onderaan. Ons sien uit daarna om hierdie lewensverrykende en onvergeetlike ervaring met jou te deel!

Lekker, Maroela!

Kom toer saam:

Oops! We could not locate your form.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jaco ·

Hoe seker is julle dat daar in 2021 geen inperking gaan wees nie? Onthou ookRamaphosa het self gesê inperking wys hoe ongelyk SA is en dat wit mense se “beheer” oor die ekonomie moet stop. So al stop inperking soos wat ons dit nou ervaar ook, gaan “inperking” en uitskuif en toemaak van wit besighede sterk toeneem, dalk reeds vanaf vroeg volgende jaar. So maak tog net seker die regstellende aksie en BEE van die toeroperateur is reg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.