Straatbrak kry nuwe huis oor mooi maniere

Tua Plu, ʼn straathond van Thailand, gaan binnekort aangeneem word, en dit is als te danke aan sy goeie maniere. Foto: Facbook

Tua Plu, ʼn straathond van Thailand, gaan binnekort aangeneem word, en dit is als te danke aan sy goeie maniere.

Orawan Kaewla-iat, ʼn Thaise vrou wat daagliks straathonde voer, sê Tua Plu is nie soos die ander honde wat ook hul daaglikse eetdingetjie kom kry nie. Soos ʼn goeie gas, bring dié hond eers ʼn geskenkie saam voor hy begin smul.

“Wanneer hy honger is, sal hy ʼn blaar of ʼn stukkie papier saambring,” vertel Orawan.

Tua Plu sal die geskenkie in sy bek dra, dit voor Orawan se voete neersit, en dan eers wanneer sy die bak kos aanbied, begin eet. Orawan het ʼn video van die oulike hond op Facebook gedeel en nou is daar talle mens van oor die wêreld wat hom graag wil aanneem.

Wys jou net, mens moet nooit met leë hande opdaag wanneer iemand jou vir ete nooi nie …

Posted by อรวรรณ แก้วละเอียด on Saturday, March 18, 2017

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

amvi ·

Ag shame. Ek sal hom ook aanneem om hom daar weg te kry. Sy ogie lyk ook vir my seer. Ek hoop hy kry regtig ‘n goeie huis.

Theresa B ·

Ek stem Amvi. Mag hy tot in die afgrond bederf word deur die regte mense. My hart breek oor al die diere wat hulself so moet “verdedig” teen die mensdom. Ek is dankbaar dat daar ook darem goeie mense met goeie harte is.

SARIE VAN HEERDEN ·

Hierdie klein Jack Russell is nie sommer ‘n straatbrak nie. Kyk jy na sy “goeie maniere” weet jy hy kom uit ‘n goeie huis en hy is goeie maniere GELEER. Geen hond ken menslike gedrag om te weet wat is die goeie maniere van die mens nie.

Ruby ·

Hierdie storie ruk my aan die hart.

So bly en dankbaar dat hy ‘n goeie lewe nou gaan hê.

Andrea ·

Dankie aan die goeie Thaise vrou wat na die diere omsien. Mag sy geseënd wees.

jean ·

Ag tog as die vlieë net nie so lasig was nie dat ek darem kansie kry om klaar te eet!….Pragtig!

Dankie ·

Pragtig. Mag meer mense hulle harte en huise oopmaak vir hawelose diere. Maar nee daar is steeds mense wat honde teel terwyl duisende daagliks uitgesit moet word of verskriklike lewens aan kettings of op vullishope moet lei. En dit is in alle lande so, daar is geen justice vir diere nie, hulle is aan die elemente oorgelaat en aan wrede mense wat hulle skop en slaan en mishandel, so af en toe kom daar ‘n helpende hand. Hierdie storie WYS jou maar net dat ‘n dier ‘n beter hart het as ‘n mens, so vergewensgesind, so lojaal en goedhartig, die gebaar van die ou blaartjie wat hy elke dag vir haar gebring het is pragtig, maar meeste mense sien dit as ‘n dier, wat moet ‘vrek’. Dit is so hartseer, aangesien hulle regtig net liefde wil gee en liefde ontvang. Mag al die mense oor die wereld heen se houding jeens diere verander, hulle voel ook pyn en verwerping, hulle voel ook seer en raak ook bang, kannie dink mense het so harteloos teenoor die skeppings geword nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.