Studiefonds help nou ook CVO-leerders

(Argieffoto: Verskaf)

Solidariteit Helpende Hand se Studiefondssentrum het Donderdag saam met die Beweging vir Christelike Volkseie Onderwys (BCVO) ʼn studiefonds in die lewe geroep wat behoeftige CVO-leerders sal help om hulself tersiêr te bekwaam.

Die eerste skenking van R50 000 is reeds bewillig deur ʼn anonieme skenker wat bereid is om elke rand wat vir die fonds geskenk word te verdubbel, tot ʼn maksimum van R50 000.

Volgens Stefan Pieterse, hoof van die studiefondssentrum en self ook ʼn oudskolier van Pretoria CVO, dien die studiefonds as ʼn bewys van die omgee en vertroue wat die BCVO in sy leerders het.

“Dit is ook ʼn sprekende voorbeeld van die krag wat daar in ʼn gemeenskap lê om mekaar te help,” het Pieterse bygevoeg.

Lucia van Wyk, uitvoerende hoof van die BCVO, meen dit is belangrik dat finansies nooit in die pad mag staan van flink leerders se studiedrome nie. Sy het gesê die stigting van dié studiefonds is vir die groep skole ʼn historiese gebeurtenis.

Die fonds sal daarop fokus om behoeftige jong mense wat aan ʼn CVO-skool gematrikuleer het en by enige geakkrediteerde tersiêre instelling in Suid-Afrika wil gaan studeer, se studie moontlik te maak deur middel van gedeeltelike, rentevrye studielenings.

“Voorkeur sal gegee word aan studente wat by Akademia, Sol-Tech, die AP Akademie en Aros wil gaan studeer,” het Pieterse gesê.

Voornemende kandidate wat aan bogemelde vereistes voldoen kan elke jaar tussen 1 Julie en 30 September aansoek doen deur op die volgende skakel te klik, te registreer en die aanlyn aansoekvorm te voltooi.

Skenkers wat wil bydrae tot die BCVO-studiefonds kan Solidariteit Helpende Hand telefonies kontak by 012 111 8360 of ʼn e-pos stuur na [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Hendrik ·

Daar begin die dinge nou beter loop. Mooi so Stefan en veral Lucia vir julle harde werk. Dankie Helpende Hand.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.