Sy liefde vir Adoons lei tot Boggom-manewales  

Ian de Jager. (Foto: Verskaf)

Ian de Jager van Pretoria was nog altyd lief vir skryf, maar het nooit gedink dat hy ʼn lewe daaruit sou kon verdien nie.

Toe hy die derde keer in ses jaar afgelê is, was dit juis sy humoristiese skrywes wat hom gehelp het om positief te bly te midde van sy finansiële verknorsing.

Vandag is De Jager se Facebook-blad, Boggom, waar hy sy spitsvondige skrywes deel, 40 000 volgelinge sterk en het ʼn suksesvolle sakeonderneming uit dié liefde vir skryf gespruit.

“As ʼn klein kannetjie het oom TO Honiball se strokiesprente my vreeslik gefassineer. Oom Kaspaas se aandik-stories en ‘nefie’ wat dit moes aanhoor het my laat skaterlag, maar Adoons-hulle se kaskenades was verreweg my gunsteling,” vertel De Jager.

“Baie jare later, danksy Facebook, het ek ʼn punt in my lewe bereik waar ek my skryftalent met uitgesoekte vriende en familie kon begin deel. Die terugvoer uit hierdie binnekring was ongelooflik positief en het my genoeg selfvertroue gegee om [in September 2016] my eie Facebook-blad te stig onder ʼn skuilnaam.

“My eerste keuse was natuurlik Adoons, maar ek het by nabetragting op Boggom besluit uit respek vir oom TO se werk.  Die naam is vanselfsprekend ʼn kopknik na die oorspronklike Adoons, wat moontlik vêrlangs familie van Boggom mag wees.”

Boggom se gewilde skrywes het uiteindelik gelei tot ʼn suksesvolle sakeonderneming waardeur egte vellies aanlyn verkoop word. (Foto: Verskaf)

Nadat De Jager vir ʼn derde keer afgelê is, het hy begin om klein sous- en dranktafeltjies uit hout te vervaardig en aanlyn te verkoop onder die Boggom-handelsnaam. “Terselfdertyd het ek weekliks ʼn humoristiese ‘Boggom-berig’ geskryf om myself op te beur, en dit Vrydagmiddae op my Facebook-blad geplaas. Die Boggom-berig was ʼn komiese opsomming van die week se gebeure in my plaaslike gemeenskap,” vertel hy.

Nooit sou hy kon dink dat dié Boggom-berigte só gewild sou wees nie. Spoedig het hy derduisende Afrikaanse aanhangers van reg oor die wêreld op sy Facebook-blad gelok, wat hy tong in die kies die “boggomjane” gedoop het. Gou het sy volgelinge sommer self besluit om hulle in die kommentare te onderskei as “BoggomJanne” vir die mans en “BoggomJanas” vir die vroue, vertel De Jager.

Maar die Boggom-manewales het nie net by skryf gebly nie en later het De Jager sy entrepreneursvaardighede ingespan om te verseker dat die Boggom-handelsnaam kan voortleef.

“Ek wou sedert Boggom se ontstaan ʼn produk aan die trop smous wat net so uniek soos Adoons en sy familie sou wees, maar tog ook deel vorm van ons Afrikanerkultuur en geskiedenis. Kwaliteit, handgemaakte vellies waarmee jy kan bergklim soos ʼn wafferse bergbobbejaan was dus net die ding.”

In Februarie vanjaar het De Jager Boggom Vellies bekendgestel, natuurlik met unieke tong in die kies name gepas vir Boggom! Die vellies vir mans is na drie bergreekse geoem om by die “bobbejaan klim die berg”-tema in te skakel, naamlik die Magaliesberg-vellies, die Sederberg-vellies en die Drakensberg-vellies.

Daar is natuurlik ook voorsiening gemaak vir die “BoggomJanas” met die Bergpatat-vellies wat spesifiek vir vroue ontwerp is. “ʼn Vroumarathon-atleet het net nou die dag laat weet dat sy haar Bergpatatte bo haar hardlooptekkies verkies. Indien dít nie ʼn getuigskrif vir Boggom-vellies se gemak is nie, weet ek jou wrintiewaar nie,” lag De Jager.

Hy beplan om binnekort nog Boggom-produkte bekend te stel, maar is voorlopig eers geheimsinnig oor watter produkte beplan word.

Ian de Jager sê die vellie-verkope gee hom die geleentheid om aan te hou skryf. (Foto: Verskaf)

Sy raad aan ander entrepreneurs? “Doen sover moontlik alles self, na die beste van jou vermoë. As jy nie weet hoe nie, leer hoe. Destyds moes ek biblioteek toe; deesdae is daar ʼn YouTube-video wat jou sal wys hoe om feitlik enigiets onder die son baas te raak,” sê hy.

“ʼn Uitstekende, kwaliteitproduk is jou eerste stap; innoverende maniere om jou produk te bemark is die volgende. Moenie ʼn skaap wees wat bloot die trop volg nie – wees anders. Bemark anders. Dink anders.”

En natuurlik, lang ure, harde werk en opoffering. “Dit neem ongeveer tien jaar om ‘oornag’ ʼn sukses te word. Wees bereid om harder te werk as wat jy in jou lewe nog ooit vir iemand anders gewerk het. Indien deursettingsvermoë en ywer nie twee van jou sterkste punte is nie, laat vaar jou idee sommer nou.”

Maar aanhangers van die Boggom-berigte hoef nie bekommerd te wees dat Boggom se skrywes binnekort gaan opdroog nie – dit bly steeds De Jager se groot passie en die rede hoekom hy doen wat hy doen. “Die vellie-verkope help ʼn mens natuurlik om aan die lewe te bly en dan aan die skryf te bly,” sê hy.

En dit is danksy sy “trop boggomjane” wat hy aanhou skryf, erken hy. “Elke dan en wan kry ek uit die bloute ʼn riem-onder-die-hart kompliment van iemand wat ’n plasing geniet het, of wie se dag ek kon inkleur deur middel van ʼn pittige plasing of ʼn komiese kwinkslag. Dit is ongelooflik inspirerend en hou dit my aan die skryf.”

Boggom het sommer vinnig ‘n reuse groep volgelinge op Facebook opgebou met sy humoristiese skrywes. (Grafika: Verskaf)

Dit is juis Boggom se kwinkslae en spitsvondigheid wat hom so gewild onder aanhangers maak. “Ek het baie beslis my sin vir humor by my dierbare ma geërf,” sê De Jager. “Sy het al die stampe, stote en geweldige beproewinge wat sy in haar lewe ervaar het – selfs tot en met haar dood aan kanker op ʼn vroeë ouderdom – vierkantig in die oë gekyk en met ʼn glimlag die hoof gebied. Die grootste les wat ek by haar geleer het, was om mense rondom jou se lewe op te vrolik. Hopelik doen ek juis dit deur middel van my skrywes, uitlatings, en spitsvondigheid.”

Hoe lyk Boggom se toekomsplanne? “Die onmiddellike plan is (nog steeds) om genoeg te verdien om aan die lewe te kan bly, om sodoende uiteindelik te kan skryf. Indien Boggom per ongeluk iewers langs die pad ʼn welbekende handelsnaam word, is dit goed so. Ek sal beslis weekliks flikflakke in die gang af doen!”

Dan is daar ook ʼn boek in wording oor die lewenslesse wat De Jager langs die pad geleer het, ʼn lighartige kinderboek of digitale app vir kinders oor die avonture van Boggompie, en ʼn derde projek waaroor De Jager nie nou meer wil verklap nie. “Dié aap moet liefs maar in die mou bly vir nou,” lag hy.

Besoek Boggom se Facebook-blad en webblad hier vir meer inligting of om lid te word van die vrolike trop boggomjane.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

146 Kommentare

Attie de Bruin ·

Welgedaan Boggom! Kyk noord en boggom steeds voort!

Mart Grunewald ·

Wow!! Dit sal awesome wees om gereeld van Boggom se wonderlike sêgoed te lees

Chani Rossouw ·

Ek lief Boggom se skrywe en is van die begin af ‘n groot bewonderaar. Hou asseblief aan skryf Boggom, jy maak menigmale my dag!

Reyn du Preez ·

Dankie Boggom dat jy ons altyd laat lag en ook iets gee om oor na te dink. Ek is trots om een van die trop te wees

Ilse Edwards ·

Welgedaan, Boggom! Ek kan nie wag om te sien wat jou planne is nie!

Johan ·

Baie geluk met die pragtige skrywe oor Boggom. Die paar kere wat ek gelees het op die facebook blad wat hy skryf is ek verstom. Baie goeie goed en sal graag meer wil lees wat hy skryf.

Leoné du Toit ·

As iemand wat al die pad van werkloos, inkomsteloos en moedeloos moes stap, weet ek hoe Boggom se pa, De Jager moes voel. Dis n harde moedelose stryd om kop bo water te hou. En as jou kinders ook daai pad begin stap raak n ouerhart baie klein want hul weet wat dit behels. Danksy God se genade kon ons darem nog aan die lewe bly en kop bo water hou, gebed no 1, maar geniet jou stories en kwinkslae geweldig. Die vellies is n blink idee en my gebede is vir ongekende sukses. Hou aan skryf hierdie ouma geniet dit om vir die kleintjies te lees.

Boela Swanepoel ·

Boggom se humorustiese blik op die lewe en die lewe se uitdagings, is beter as enige pil of terapiesessie. Sy fyn en gevatte humor is ‘n lafenis vir die siel.

Leoni Flynn ·

Verseker een van die mees vermaaklike blaaie op Facebook. Humor is skerp en beskywings altyd in die kol! Helfer altyd my dag op!

Susan Kruger ·

Boggom manewales is altyd goed vir die siel. En lagspiere. En dan indirek vir langslewendheid. Navorsing het bewys dat lag verleng jou lewe. ????

Desiré Els ·

Die Boggom blad is goeie vermaak op sy beste. Die skrywe laat mens altyd lag. Goeie vermaak wat ‘n mens se dag ophelder. Die vellies is so onbeskryflik mooi en met die verkeidenheid kleure maak dit ‘n mens ‘n paar in elke kleur wil hê. Dit is wat ‘n mens REGTE VELLIES noem. Handgemaak in die bosveld, met perfeksie. TROTS SUID AFRIKAANS.

Annemarie ·

Boggom se skrywes is so verkwikkend en vlymskerp. Sy fyn waarneming en weergee herinner my aan Dana Snyman. Heerlik.

Riekie Kruger ·

Moet asb nie flikflakke in die gang probeer nie. Daarvoor waardeer ons jou geskrywery te veel :)

Marlene Victor ·

Ek geniet die blad baie. Boggom voort asb. Dit lig altyd my gemord!!

Amber Rabie ·

Ek geniet elke dag Groot Oom Boggom se uitlatings.
Laat mens met kleurvolle herhinderinge en gedagtes. Sal graag die boggomtalies wil sien in die gang af…dink daar gaan meer kop en potjies wees.
Welgedaan De Jager. Hou Noord en Boggom voort. Trotse Suid Afrikaanse Boggom Berg pattats (Vellies)’n naam wat wereld wyd genoem en gesien gaan word. Hoor hoor!!!!

Louwisa Putter ·

My gunsteling blad op Facebook, sorg vir groot Vermaak, maak my dag, pragtige Vellies ook, wat n boggomjana se hart laat Vinniger klop. Kyk noord en boggom voort

The Barber's Chair ·

Welgedaan Boggompie. Dalk een van die dae n boek?

Caty Faurie ·

Dit is lekker om die meneer te sien wat my so so vermaak met sy spitsvondigheid!

Susan ·

Kan nie wag vir Boggom se volgende rubriek nie. Hy kikker die vaalste dag op. Doen so voort!!

Monica Lombard Giorgiutti ·

Uitstekende blad. Boggom ons geniet jou blad baie. Moet jou nie dat die midia jou onder kry nie. Jou vellies is van gehalte en saam dit kom goeie humour wat mens se dag maak. Kyk Noord en boggom voort.

Wyona Landman ·

Uiteindelik sien ek my crush , en jinne is die Boggom Vellies nie te oulik nie , amazing blad en verskaf baie vermaak hou so aan.

Riana Pretorius ·

Maak n slegte dag sommer lekker met jou spitsvondigheid en goeie humorsin. Lekker om n boggomjana te wees. Boggom voort en noord.

Chrissie ·

Geniet Boggom se kwikslae baie, dis heuning virtue siel! Boggom asb voort en gaan groot!

Hannelien Coetzee ·

Ek kan nie wag om elke oggend my stukkie Boggom humor te geniet nie. Baie geluk Boggom vir die groot eer om op Maroela Media te wees. Ons volg jou….

Gerda ·

Altyd lekker om Boggom stories te lees, en eendag as ek groot is, gaan ek ook ‘n paar Bergpatatte dra. Kyk noord en Boggom voort.

Anthony Tosen ·

Ian se stories is ‘n pret-ervaring om te lees. Hy maak selfs ‘n gewone sosiale media-inskrywing die moeite werd om te lees. Sy taal is puik versorg, en sy Boggomstories sorg vir wonderlike leesgenot. Boggom voort!!

Vanessa ·

Boggom se stories mask elke dag deel van my lewe. Skerp skryf werk ????

Jana van Rhyn ·

Ou Boggom, volg al jou stories vadat jy na ons kant van die wereld gekom het tot no waar jy die groot sukses van jou vellies maak. Hou asb aan ons almal vermaak verskaf met jou wonderlike skrywe! Groete die (oorspronklike) BoggomJana

Adele ·

Boggom is soos my elke oggend se koppie koffie. Kan nie sonder dit nie. Vir iemand om altyd die positiewe dinge te sien en grappies te kan maak veral met soveel negatiewiteit om ons vat ‘n besonderse mens en ek is trots om een van die trop te wees!

Rooikopdolla ·

Wel gedaan oom Boggom. Dis n daaglikse opkikker vir die blues. Word ongelooflik baie waardeer.

Almari ·

Boggom laat mens glimlag, soms hardop lag, selfs op ‘n dag wat mens eintlik net wil huil. Boggom met sy pittighede maak my dag.

Ruanda ·

Met trots ook deel van hierdie groep. Mense julle sal nie spyt wees om ook aan te sluit nie!

Mlilo ·

My gunsteling FB blad, die humor en kleurvolle beskrywings maak my dag, keer op keer. Beste manier om jou dag mee te begin is om eers oom Boggom se blad te besoek. Ons sien uit na nog vele vertellings …..

Justine ·

Selfs die engelsman in die trop Boggomjane geniet die blad!

Alma Beer ·

Dis juis Boggom se skrywe wat my onmiddelik hom laat “like” en “follow” het ….sonder om EERS te gaan spioeneer op sy FB. Hy woeker met ons taal!
Daars nie plek vir ‘n kuis giggel op sy blad nie…

Elmaré ·

Ek gaan krap op Boggom rond. Daar is altyd iets om oor te giggel. Ek kom al n rukkie saam die blad en ek beplan om nog vi n hele ruk n “bogomjaan” te wees.

Rooikopdolla ·

Wel gedaan oom Boggom. Dis n daaglikse opkikker vir die blues. Word ongelooflik baie waardeer.

Christo Venter ·

Lekker oom Boggom. Een van die min blaaie se posts wat ek elkeen lees.

Karin ·

Dis nou waardige tropleier van baie boggoms! Geniet sy stories!

Ritchie ·

“Kyk Noord, en Boggom Voort” Wyse woorde en n moewiese inspirasie. Dankie ou Boggom

JMK ·

Bly Noord kyk, jy is op die regte pad. Beste blad op facebook en lewer uistekende produkte.

Dirk ·

Well done! Altyd n plesier om die boggom “brand” te sien vooruit gaan

Carol ·

Hy het’n baie eg en goeie Afrikaanse sin van humor. Laat ‘n mens sommer weer lus kry om weer Afrikaans te lees.

Leonie Combrinck ·

Doe zo voort! Boggom, jou staaltjies laat my altyd glimlag, en ver verlang. Welgedaan!

Veldyuppie ·

Boggom se stories elke Vrydag is voorwaar ʼn opkikker…byna so lekker soos ʼn sappige skerpioen. Die feit dat hy sommer van hier agter die berg in Pretoria skryf verseker dat sy stories so bekend bly soos ʼn Akasia en geen geroeiery oor die soutwater verg om by te kom nie.
Baie Sterkte met jou Vellies en ons keer elke dag ʼn klip om in die hoop op Vrydag se skerpioentjie…

Renee ·

Ek Lief Boggom se stories en my Boggom vellies! BOGGOM VOORT ASB❤

Maryna ·

Ek soek altyd n goeie storie om te lees en het so Boggom se blad ontdek. In Australia is dit n luukse om afrikaanse leesstof, kraakvars en nuut, te kry. Geniet sy blad baie en het selfs al vellies ‘ingevoer’ laat ek soos n boeremeisie kan voel tussen die roo’s

Leonore Badenhorst ·

Flinke humor is net die ding om enige mens se dag op te vrolik! Doen so voort Boggom!

Louise de rebeira ·

Beste blad ooit. Love die stories en komedie…

Maud Strydom ·

Ek geniet die pittige Afrikaanse skryfstyl en kwinkslae. Afrikaans moet bly! Kyk Noord en Boggom voort!

Elaine ·

Ag dit sal lekker wees om n weeklikse grappie of storietjie van boggom te kan geniet en dan ook te deel op maroela. Boggom voort.

Gerda ·

Dankie Ian en Boggom julle maak elke dag MY dag! Binnekort gaan ek ook kan bele in my eie paar vellies!

Elaine ·

Dit sal lekker wees om n weeklikse grappie of storietjie van boggom te kan geniet en dan ook te deel op maroela. Dankie, Boggom voort.

Ann Oberholzer ·

Wel gedaan, Ian. Boggom se kwikslae is legendaries. Mag die Boggomjanetroep lank en voorspoedig voortleef.

Juanita ·

Jislaaik maar ek geniet Boggom se bakgat reguit praat met ‘n twist vreeslik baie! Ek het nou vir my ‘n paar Bergpatatte bestel sodat ek ook kan glimlag elke keer as ek na my voete kyk :)

Lynette ·

Die Bogmeester is die beste! Luv sy skrywe en awesome handewerk. ????

Tuschka ·

Ai man, ek is so trots op jou en wat jy als reggekry het!

Renette Greyling ·

I always enjoy reading what Boggom has to say. It brings me a feel of home when I’m not in SA and is guaranteed to put a smile on my face.

Valerie Durand ·

Met trots ‘n boggomjaan. Ek geniet elke storie só baie. Ek is bang ek word per ongeluk unfriend. Hou asb aan met skryf.

Lorette ·

Glo my, ou Boggom eers soos klippie in my slipper gewees en nou hang ek aan sy lippe.. Ons ou troppie love sy vertellings en stories en hy is awesome!!!!!! Love sy humorsin????

Santie O'Connell ·

Boggom is ‘n bobaas-skrywer. Briljant en bekkig.

Erica ·

Lekker om die gesig agter die skrywes te sien. Die fb blad is altyd vol humor en die mooiste vellies wat enige vrou in elke moontlike kleur sal begeer. (Ek weet ek doen)

Kyk Noord en Boggom voort!

Nel-Mare ·

Beste blad op Facebook. Dankie vir die spitsvondige bydrae; dit jou hou die trop verseker positief en in goeie luim.

Lorraine Pelser ·

Wat n belewenis om deel te kon wees! (Steeds)

Trotse BoggomJane

Anelia ·

Oom Boggom op Maroela…my daaglikse vermaak op my daaglikse nuusbron. Spoggerig.

Corrie Van Niekerk ·

Ian was een van my laerskool vriende. Ek het geweet hy gaan dit nog groot maak eendag. Ek was so bly toe ek hom weer op Facebook opgespoor het. Gaan groot Ian.

Rianna ·

Oegh toggie!!!! Het nie geweet ek kan nie glimmlaggies op die ‘kommentaar’ sit nie!! :) Skies Boggom! Bevraagteken nie dat jy die beste is nie!! Hahaha!! :)

Bianca ·

Go oom Boggom. Uitstekende stories. Ek spaar hard vir my eie paar boggomjane.

Zurita Pretorius ·

Geniet Boggom met my eerste koppie koffie in die oggend en dan sien ek kans vir die dag. Boggom voort

MarykevWyk ·

Oom Boggom en al sy geskrewe is ‘n plesier om te lees. Baie kreatief en humoristies. Ek geniet dit om elke oggend dit te gaan lees. Sy vellies is ontsettend pragtig en hy is en het ‘n wen resep

Anni Thirtle ·

Ek was baie bly toe ek dié facebookblad ontdek het. Ek is seker al die boggomjane en -janas voel net soos ek. Ons geniet die snaaksighede, die erns en die intense boeiende mededelings vanaf die tropleier. Ons is baie trots op jou Ian!

Andri Theyse ·

Kyk noord Boggommeester!! Ons klomp boggomjane sien uit na jou nuwe skryfstukke

ronel nel ·

Dankie Maroela Media vir die berig. ek is baie trots een van die boggomjane en dra baie trots my boggom vellies. eg suid afrikaans…

Annetjie ·

Boggomstories is vir my n wenner. Ek geniet elkeen van hulle

Beverley Ann Swanepoel ·

Boggom is ñ wonderlike blad. Lag altyd oor al die snaakse skryfies van Oom Boggom ????????????

Annelize ·

Hierdie vrouemarathonatleet leeeeef in haar rooi Bergpatat-vellies! Boggom bo!

Estelle ·

Soms is die dag nie baie lekker, maar Dan pop Boggom se pittige skrywe op en lyk die dag sommer weer beter. Jy sien weer Kans om voort te boggom! Dankie Ian

Cornel Chambers ·

Ek Boggom ook saam… Dis lekker om te lag en n trotse boggomjana te wees!!!!

Tanya Rossouw ·

Oom Boggom ons LOVE jou skryfstyl! Moet nooit ophou skryf nie asb!!

Tanya Bezuidenhout Booysen ·

Dis beslis die beste blad op fb. Die humor maak my dag. Dis altyd my eerste blad wat ek gaan besoek as ek op fb gaan.

Mariaan Linde ·

Boggom, jy maak ‘n mens se hart sommer groot van trots!

Caroline ·

Ag dis altyd so lekker om hierdie Oom Boggom se stories te lees, dit maak my dag lig en sit n smile op my gesig. Boggom voort en kyk noord! ????????

Frida ·

Ek sien uit na Boggom se skryfkuns,veral die vlymskerp humor!

Annetjie Prinsloo ·

Brandwag Bobbejaan, Tropleier duisend. Sy humor en kwinkslae is uit die boonste rakke. Die manier van skryf, absoluut uniek, ‘n mòèt lees. Eenmaal ‘n Boggomjaan. Altyd een!

Annemarie ·

Boggom se skrywes stel nooit teleur! En ja, ek kort steeds ‘n paar van al die verskillende kleur verruklike bergpatatte!! En so kyk ons noord en boggom voort.

Rafel ·

Ek is n trotse boggomjaan!! Boggom bring beslis n glimlag elke dag. Doet so voort Boggom!

Loumie ·

Boggom het op sy sonderlinge manier net so deel van ons afrikaner kultuur geword soos boerbeskuit en biltong. Boggom is een van my fb blaaie waarvan ek nie ‘n plasing mis nie, en natuurlik neem ek elke
maand aan sy vellies kompetisie deel! Ek hoop van harte dat Boggom se platform al hoe meer sal uitbrei, want hoe meer mens van hierdie man hoe beter!

Juanita Burger ·

Helder my dag op met sy kwinkslae en tipies Afrikaanse humor. Doe zo voort

Cindy ·

Altyd lekker om n geselsie aan te knoop en baie aangenaam om mee besigheid te doen. Boggom so voort

Annalisa ·

Oom Boggom! Ons kyk noord en Boggom voort! Dankie vir n fantastiese fb blad. Dit maak beslis my dag

Rina ·

Ons lief Boggom en sy pittige sêgoed… om nie eens te praat van die bergpatatte nie… ons trop boggomjane staan bank vas agter hom dit sal goed wees om gereeld sy skryf werk iewers te kan lees

Elna Chapman ·

Ons sit in die buiteland, ver van ons mense en ons taal. Daarom geniet ek “boggom” se stories en lekker vertel in ons eie taal verskriklik. Dit maak die verlang na wat was so bietjie makliker.

Gerrie Swanepoel ·

Ekke volg hom elke dag en dit wat hy opsit maak my skaterlag! Boggom voort!

Zelma Rossouw ·

Ek dink Oom Boggom is ‘n Adonis. Ek ???? sy stories.

Boggom_Edward ·

Smaak my Boggom sit nou hoog in die boom as hy MM se stoep slaan.

Louise du Plessis ·

Die heel eerste storie wat ek van Boggom gelees het, het my sommer dadelik die skakel na sy Facebook blad laat volg. Mens voel regtig deel van die trop daar en ek geniet al die plasings terdeë. Nie eers te praat van al die oulike Boggom ware nie!

Boggom ·

Lees maar weer die berig mooi (die derde projek waaroor ek nie nou wil praat nie)… en hou daardie een vir eers maar stil, soos wat ek seer sekerlik ook gevra het jy moet doen. :-)

KITI DE JAGER ·

Selfde van maar geensins familie. Ek het Ian leer ken toe ek sy Boggomjanas raakgelees het op FB. Het vir my man bestel saam met ‘n geleentheid terug hierheen, en ek het self ‘n paar wat ek die hele Australia vol platdra. Ek geniet Ian se skrywes net so baie soos sy skoene. Boggom voort, vriend.

Elmie ·

Ek sien altyd uit na Boggom skrywes en posts. Dis soms die enigste ding wat ‘n glimlag op hierdie BoggomJana se gesig kry ????

Cindy du Plessis ·

Ek geniet die Boggom en sy pittige sê-goed en stories. Smaak my ons kan doen met meer lag vir onsself en ander.

IEBS ·

Ek is mal oor Boggom en hoe dit my laat lag wanner ek juis moeg en depressief voel

Tricia du Plessis ·

Oom Boggom, hou so aan! Die lewe kry jou nie onder nie! Inspirasie vir baie mense. Kyk noord en boggom voort!

Jacky Steyn ·

Leesstof van uitstaande gehalte en hoogs humoristies. Die skrywer besit definitief ‘n bo-gemiddelde vermoë vir die aanwending van die taal ek kan in bykans elke sin ‘n humorisitiese kwinkslag inwerk. Welgedaan Boggom!

Heidrie Fullard ·

Ek het besigheid met Ian aka Boggom gedoen n hele tydjie terug en kan bokrwaar se dat alles wat hy aanpak hy vol paasie doen.
Sy berigte is amazing en goed vir die siel, met n tong in die kies komedietrant. Mag Boggom net van Berge na hoër Berge voort boggom!!

Heidrie Fullard ·

Ek het besigheid met Ian aka Boggom gedoen n hele tydjie terug en kan bokrwaar se dat alles wat hy aanpak hy vol passie doen. Wel verdiend.
Sy berigte is amazing en goed vir die siel, met n tong in die kies komedietrant. Mag Boggom net van Berge na hoër Berge voort boggom!!

Louise ·

Kyk noord en boggom voort! Welgedaan, en dankie vir die lekker stories! Mag jy net voorspoed en sukses beleef vorentoe.

Surika ·

Boggomstories is altyd in die kol en oorspronklik!!
Geniet dit baie!

Hannie ·

Wel gedaan Boggom… Hierdie Boggomjana waardeer jou vreeeeeeeeslik. Jou opbeurende storietjies is altyd welkom en word opreg waardeer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.