Sy neem die stryd op vir lang vroue

Carina Nel (Foto: Stroopsoet.Fotografie/Facebook)

Langer vroue het vir lank genoeg gesukkel met hul voorkoms en selfbeeld; van sukkel om klere en skoene te vind wat hulle pas, tot mense se aanmerkings oor hul lengte. Dit is die siening van Carina Nel, ’n mode- en voorkomsstilis van Pretoria.

Nel het die beweging Tall Women Movement (TWM) gestig wat bewusmaking skep oor die uitsluitende kultuur wat langer vroue ervaar.

“As ’n lang vrou, ek is 1,87 m, weet ek die stryd is ’n werklikheid.  Veral as dit kom by klere en skoene vir die langer vrou (vroue van 1,78 m en langer). As mode- en voorkomsstilis het ek die afgelope 18 jaar met duisende vroue gewerk en ek is baie dankbaar dat die behoeftes van die voller figuur en die petite figuur in ag geneem word, maar êrens langs die pad is die behoeftes van die langer vrou vergeet!” het Nel gesê.

“Ek glo dat die kettingwinkels ook bewus moet wees van ons behoeftes en daadwerklik ’n poging moet aanwend om daaraan te voldoen! Ek hoop dat wanneer ek my ‘lang’ storie deel, daar ’n ander lang vrou is wat ek kan seën!”

Hiermee is TWM gebore – ’n platform wat aandag gee aan die modebehoeftes van die langer vrou. Die beweging wil ook die emosionele skade uit die weg ruim wat langer vroue moet hanteer as gevolg van die ongevraagde en onsmaaklike opmerkings deur vreemdelinge.

Nel het gesê sy wil TWM-funksies landwyd aanbied sodat lang vroue daar saam kan kuier, hul stories kan vertel, mekaar kan motiveer en om ’n netwerk van verskaffers daar te stel wat in hul klere- en skoenebehoeftes kan voorsien.

“Ek wil graag ’n groter platform skep vir die stem van die langer vrou en ek glo media soos tydskrifte en televisie kan ’n groot bydrae lewer om ’n bewustheid en sigbaarheid daarvoor te skep,” het Nel gesê.

Vir meer inligting oor die beweging, besoek hul Facebook-blad hier.

We are Tall & Beautiful……..

TWM was launched last night (more pics to follow about the event later)……..BUT I am super excited to share this amazing video that was made by Carel Nel from 1988films about these tall fabulous women, God has put on my path! I salute each and everyone of YOU!Credits:Stroopsoet.Fotografie- Photos1988Films – VideoFashion and Style Club – Fashion & Image Stylist Love Long Clothing – JeansMakeup by:@Martie’s salon-Martie Kruger@MK Makeup, Beauty & Style- Merie Kruger@Heimi Jacobs@Milindi van Schalkwyk@Angelica Laubscher@Jeanne-Kay Goodale

Posted by TWM Tall Women Movement on Thursday, November 15, 2018

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Ronel Stander ·

Kan ek asb die stryd op neem vir vroue wat kort is, vir vroue wat n voller figuur het? ons sukkel net so. vra my … ek weet.

Mel ·

Daar is baie reekse vir die voller figuur. En lang klere kan korter gemaak word.
Klere wat se moue, pype of rok wat te kort is kan nie langer gemaak word nie.

Maar neem die stryd op :-) ons land kan doen met nog entrepreneurs!

VanAfrika ·

Wat van mans, my seun van 6ft6 sukkel baie met skoene, hemde en broeke. As ons iets soek moet ons Big and Tall toe maar kry nie altyd die geleentheid omdat dit ver van ons is.

Maryke ·

Wonderlike nuus!!
Ek sal jou eerste klient wees as jy dalk beplan om klere te maak vir langer vrouens. Altyd ‘n stryd om netjiese broeke te kry wat lank genoeg is!!!

May ·

Fantasies! Altyd ‘n gesukkel om’ n Lang broek te kry en knie lengte rokke raak :n minnie

Vonnie ·

Great. Sorg net dat daar asb groter skoene beskikbaar gestel word vir ons teen ordentlike pryse. Nie almal kan froggies bekostig wat sandale het vanaf slegs R700+ nie. Dis aaklig dat net kleiner voetjies mooi skoene mag dra!!

HK ·

Beste nuus wat ek nog vandag gelees het! “Hoog” tyd! Hou graag hierdie spasie dop, glo en vertrou dat hier fantastiese nuwe geleenthede vir lang dames ook hieruit sal kom!

aNNa ·

1,83 m híér en my sussie is 1,87 m.
Al wat ons kan sê, is: “DANKIE TOG!”

Thala Deerans ·

Great news.Ek is 1.83m en trots dat ek so lank is.Sukkel met Skoene,en dra nooit hoè hak skoene nie.

Janine ·

Ek is bitter trots om hierdie ongelooflike vrou een van my beste vriendinne te kan noem!
Byt vas dames – soos ek haar ken, glo ek sy het wonderlike planne in die nabye toekoms wat julle gaan help met jul groot – nee LANG – probleem. :-). Hierdie is net die begin …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.