Tandarts laat vaar werk vir ‘ware roeping’

Foto: boredpanda.com

Brent Estabrook. Foto: boredpanda.com

Brent Estabrook (31), ʼn kunstenaar van Los Angeles in die VSA het besluit om sy ware passie ná te jaag – om te skilder.

Dié jong man het ʼn graad in tandheelkundige chirurgie, maar het nog nie een dag as tandarts gewerk nie. Ten spyte van ʼn hoop studieskuld het hy daarin geslaag om nie net sy skuld af te betaal nie, maar ook om ʼn bestaan as suksesvolle kunstenaar te maak.

Foto: boredpanda.com

Foto: boredpanda.com

Met sy jongste skilderwerk verbeeld Estabrook ʼn reeks sagte speelgoed wat tot die kind binne-in ʼn mens spreek. Dié werk is kleurvol uitgebeeld en hy meen dit is nie net om tot ʼn jonger gehoor te spreek nie, maar ook om die mens aan te moedig om sy passie en drome te volg.

“Ek wil mense terugbring na dié goed wat hulle gelukkig gemaak het toe hulle jonger was; die drome wat ʼn mens as kind gehad het. Die samelewing wil ons laat glo dat ons ʼn ‘veilige’ werk moet kry en dat ons eers ná die ouderdom van 60 jaar kan begin lewe. Ek wil nóú lewe en ander aanmoedig om dit ook te doen,” sê hy.

Die skilderye sluit ʼn verskeidenheid van speelgoed in – van teddiebere tot olifante – elkeen noukeurig en realisties uitgebeeld. Estabrook is nie seker hoe lank dit neem om ʼn skildery te voltooi nie – hy meen dit kan enigiets van 200 tot 300 uur wees.

“Ek weet dit is nie altyd moontlik vir mense om hul drome na te jaag nie, maar ek wil hulle aanmoedig om ten minste elke dag tyd af te staan aan iets wat hulle gelukkig maak.”

Lees die volledige berig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

jaco ·

ek het aanvanklik toe ek die opskrif sien, gedink hy bly in SA en dat hy weens sy “verkeerde” velkleur ‘n slagoffer is van regstellende aksie en BEE.

john heesen ·

Deze werken zijn genezender dan veel ingespoten chemicalien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.