Taxibestuurder geloof ná hy twee kinders ‘red’

Mbulelo Mngqenge by Lt. kol. May-Louise Dyers by die Mowbray-polisiestasie. foto: Verskaf.

Die Wes-Kaapse polisie het ʼn taxibestuurder se lof besing ná hy twee kinders langs die N2-hoofweg opgelaai het.

Die goeie samaritaan was op pad na Kaapstad, toe hy stilgehou en die twee kinders opgelaai het.

Lt.kol. Andre Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê Mbulelo Mngqenge het die kinders na die Mowbray-polisiestasie geneem. “Taxibestuurders is nie noodwendig bekend vir hulle deernis nie, maar Mngqenge het besef die kinders verkeer in dreigende gevaar.”

Volgens Traut het die polisie met die hulp van maatskaplike werkers daarin geslaag om die kinders se gesin op te spoor.

Die vierjarige seun is met sy gesin herenig terwyl die 14-jarige meisie na die Groote Schuur-hospitaal geneem is vir waarneming.

“ʼn Mens kan Mngqenge net loof dat hy van sy normale roetine afgewyk het om seker te maak dat die kinders in veilige hande is.”

Traut wou nie bekend maak hoekom die kinders langs die hoofweg was nie en het gesê die omstandighede rondom die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Elizabeth ·

Wonderlik om dié goeie berig te lees. Die meeste mense is inherent goed!

Lion ·

Prys die man as dit my kids was sou ek baie dankbaar gewees het. Dankie liewe Heer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.