Die organisasie Jazz Hands is verlede jaar gevestig vir die doel om teaterproduksies en ander regstreekse optredes meer toeganklik vir die dowe gemeenskap te maak.
Volgens Marsanne Selzer, tolk en stigter van Jazz Hands, is hulle besig met pionierswerk. “Ons doel is om professionele gebaretaaltolke te gebruik tydens teater- en musiekoptredes sodat daar ʼn sterk kultuur gevestig word van bywoning deur die dowe gemeenskap.”
Jazz Hands het hierdie jaar in samewerking met die Innibos-kunstefees en FTH:K, ’n onafhanklike teatergeselskap met die motto “Luister met jou oë”, twee professionele gebaretaaltolke vir Innibos gekry om dowe mense se ondervinding meer aangenaam te maak. Die fees wat die naweek ten einde geloop het, het 50 kaartjies aan gehoorgestremdes beskikbaar gestel om dié nuwe benadering op die proef te stel.
Besoek gerus Jazz Hands se Facebook-blad vir meer inligting oor dié organisasie.
Hierdie video is saamgestel deur Laevelder. Vir meer inligting besoek dié koerant se webwerf.