Teaterbystandsfonds verras met geskenkpakkies

Brümilda van Rensburg oorhandig die geskenkpakkies names die agente aan die verteenwoordiger van die Teaterbystandsfonds, Gert van Niekerk. Foto: Jessica Kleinhans

Brümilda van Rensburg oorhandig die geskenkpakkies namens die agente aan die verteenwoordiger van die Teaterbystandsfonds, Gert van Niekerk. Foto: Jessica Kleinhans

Elf akteursagentskappe het net voor die feestyd saamgespan om 22 geskenkpakkies aan die Teaterbystandsfonds te oorhandig.

Die Teaterbystandsfonds is ʼn liefdadigheidsfonds wat vrywillig deur mense in die vermaakbedryf geadministreer word. Die fonds se doel is om akteurs wat nie meer aktief is in die vermaakbedryf nie, maar weens die aard van hul werk nie vir hulself voldoende voorsorg soos medies en pensioen kon tref nie, by te staan met onder meer maandelikse toelae, mediese en begrafniskostes.

“Hierdie tyd van die jaar word universeel beskou as familietyd en aangesien sommige veteraan akteurs alleen en sonder die warmte van ʼn familie leef, wil ʼn mens hoop skep waar dit nodig is,” het Marius Meyer, ʼn organiseerder van die projek, gesê.

Meyer is al sedert 1997 ʼn agent vir akteurs en vertel dat hy vanjaar besluit het om ʼn verskil te maak. Hy het ander agente in bedryf genader om pakkies op te maak en elf agente het vinnig ingespring om bydraes te maak.

Hy vertel dat hy al baie ellende onder die akteursgemeenskap gesien het,  veral onder die ouer generasies.

Brümilda van Rensburg het verlede week die geskenke  namens die agente aan die verteenwoordiger van die fonds, Gert van Niekerk, oorhandig.

Vir meer inligting oor die Teater Bystandsfonds klik hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.