Tegno-tiener wen duisende in kompetisie

(Foto verskaf)

Burnedine Matthews van Hoërskool Goudrif in Germiston is die jongste wenner van R30 000 in Die Wolkskool en Virseker se Kop-in-die-wolke-kompetisie.

Dié kompetisie beloon mense wat aktiewe Wolkskool-profiele en ook ʼn kwotasie of ʼn polis by Virseker het.

Burnedine is tans in gr. 8 en is een van vyf kinders. Burnedine is nog altyd erg oor tegnologie en kan gereeld gevind word waar sy op haar foon besig is om na video’s op die internet te kyk. Sy kyk ook deesdae veral graag na die wiskunde- en wetenskap-video’s op Die Wolkskool se platform.

Die R30 000 prysgeld word aan Hoërskool Goudrif oorbetaal om te help met Bernadine se skoolgeld.

Die Wolkskool en die Virseker Trust bied saam die kompetisie aan waarin daar elke maand R30 000 se skoolgeld aan ʼn  gelukkige gesin gegee word wat ʼn aktiewe profiel op Die Wolkskool het en ʼn Virseker-kwotasie aanvra.

As jy ʼn bestaande Virseker-kliënt is, hoef jy net by Die Wolkskool te registreer om in aanmerking te kom, en as jy ʼn kliënt is wat reeds geregistreer is, kom jy outomaties in aanmerking.

Volgens, Leon Fourie, uitvoerende hoof van die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS), bied Die Wolkskool vir ouers en leerders gemoedsrus oor hul akademiese prestasie en is dit ʼn winskoop teen slegs R95 per maand.

  • Skryf vandag nog in vir die kompetisie deur die kompetisieblad te besoek by www.virseker.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.