‘Tel jou seëninge’ – Potch-polisieman het SA gaande

Dawie Williams (skermgreep uit die video)

Dawie Williams (skermgreep uit die video)

ʼn Video wat ʼn polisiebeampte van Potchefstroom op Facebook gelaai het, om mense “op te beur”, het die internet gaande.

Dawie Williams, ʼn werknemersbystandspraktisyn by die SAPD en senior pastoor van Kingdom Life Centre, het ʼn video opgelaai waar hy, in sy polisie-uniform, die gospelliedjie “Count your blessings” sing.

Sedert hy die video op 8 November op Facebook gelaai het, is die video deur meer as 78 000 persone gekyk en meer as 2 500 keer gedeel.

Dawie verduidelik hy het nooit dié reaksie verwag nie. “Ek het dit regtig net gedoen om iemand te laat glimlag. Baie dankie vir almal wat dit gedeel het,” het hy geskryf.

Hy het later weer ʼn inskrywing op Facebook gemaak om te sê dat hy só baie vriendskapversoeke ontvang het, dat hy ʼn nuwe bladsy, Dawie Williams Ministeries”, moes oopmaak. “Ek sal dieselfde inligting op daardie bladsy publiseer wat julle op my persoonlike blad sou sien,” het hy gesê. “Ek voel oorweldig deur al die liefde wat ek ontvang het. Ek het nooit dié liefderyke reaksie verwag nie, want ek geniet wat ek doen, om mense gelukkig te maak.”

Dawie publiseer daaglikse boodskappe van inspirasie en foto’s van sy vrou en jong dogter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Bekkie ·

Hierdie is so waar iets baie goeds om te lees en te luister. Kan ons nie maar asb elke dag so iets op die nuus luister en lees in plaas van geweld nie. Well done Dawie en AMEN

Andre ·

Awesome Dawie jy het klomp mens beinvloed! Mag God verder deur jou werk ter eer van Sy naam. Kom SA laat ons saam Sy wil soek.

Melanie ·

Doen zo voort, Dawie! Jou opregtheid en warmte straal uit jou uit – mag dit uitkring en n positiewe, blywende indruk laat!

Mel ·

Dis so mooi, en ook een van my gunsteling gewyde liedjies, jy sing met soveel passie, ons het saterdag aand met die Kerssang Diens gehoor “daar kom Goeie Nuus” ons as volk moet net glo en vertrou

Liza ·

Wat ‘n pragtige jong man, as daar maar net meer van gehalte kan wees…. Dankie Dawie jy het my hart aangeraak, mag God met jou elke dag wees en jou en jou familie seen…. mooi stem ook….

Anene Knoesen ·

May God bless you, your family and the rest of South Africa.
We are so blessed!

Elisabeth Kruger ·

Dawid hou so aan moet nie stop nie, eendag gaan SA verander dan maak ons jou die President van SA. Seenwense vir jou en jou Gesin

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.