Tennisster Rynhardt glo in wedersydse respek

RynardtRynhardt Knoetze van Hoërskool Hugenote in Springs het onderskeidings behaal in Afrikaans, Engels, wiskunde, lewensoriëntering, rekeningkunde, ekonomie, besigheidstudies en geografie.

Rynhardt is ʼn passievolle en bekroonde tennisspeler: Hy speel sedert gr. 8 vir sy skool se eerstespan, is vyf jaar lank deel van die Gauteng-Oos-tennisvereniging en is in 2014 gekies vir die o/19 Suid-Afrikaanse skolespan. Hy het die voorreg gehad om met die span na Brittanje te toer en het die hand van helde soos Kevin Anderson en Jo-Wilfried Tsonga geskud.

Die bekende tennisster Rodger Federer is sy rolmodel: “Hy is ʼn ware heer, hy speel altyd sy beste en gee nooit moed op nie. Ek streef daarna om soos hy te wees op die tennisbaan.”

Rynhardt is sedert laerskool onder die top-drie op Hugenote se akademiese ranglys en het in 2015 vakpryse gekry vir sy prestasies in geografie en wiskunde.

Hy beskou homself as ʼn rustige persoon en geniet dit vreeslik om te lag en tyd met sy vriende deur te bring.

Rynhardt glo dat almal met respek hanteer moet word, ongeag hul sosiale omstandighede:

“Ek streef daarna om ander te hanteer soos wat ek self hanteer wil word, met respek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.