Tienjarige koop met spaargeld ʼn fiets vir petroljoggie

Vaughn en Tony (Foto: Verskaf)

Die tienjarige Vaughn Fish van Hillcrest in KwaZulu-Natal het onlangs die internet behoorlik aan die gons gehad toe hy sy spaargeld gebruik het om vir ʼn petroljoggie ʼn fiets te koop.

Vaughn se gebaar is deur ʼn Facebook-inskrywing van sy ma, Mandy Fish, versprei en sedertdien het mense van reg oor die wêreld vir Fish boodskappe gestuur om haar te loof oor haar kind se goeie daad.

Fish het aan Maroela Media gesê sy het nie verwag dat haar Facebook-inskrywing so baie aandag sou trek nie, en dat sy eintlik maar net vir mense wou sê hoe trots sy op haar seun is.

“Bo enigiets anders ag ek goedhartigheid die hoogste, en oor die jare het ek probeer om my kind dieselfde te leer. So twee maande gelede het ons Tony, ʼn petroljoggie by ons plaaslike Caltex, ontmoet,” het Fish vertel.

“Vaughn was siek en nie by die skool nie en Tony het met hom begin gesels en met hom gespot oor hy nie by die skool is nie. Dit het sommer Vaughn se hele gesindheid verbeter, en van toe af was Tony en Vaughn groot vriende en het hulle altyd met mekaar gesels as ons by die Caltex stop.”

Fish het gesê dat Tony en Vaughn altyd oor ʼn fiets gesels het, omdat Vaughn vreeslik lief is vir fietsry en daar gereeld verskillende fietse in hul motor is wanneer hulle by die vulstasie aandoen. Tony het ook eendag vir hulle gevra om op die uitkyk te wees vir ʼn goedkoop fiets, want hy wou vir homself een koop.

“Op daardie stadium was Vaughn besig om geld te spaar vir ʼn ‘vakansie’. Hy het al die silwer geld by die huis vir ʼn geruime tyd lank in ʼn spaarblikkie gegooi. Maar op ʼn dag het hy na my toe gekom en gevra of hy eerder die geld kan gebruik om vir Tony ʼn fiets te koop,” het Fish gesê.

Fish het gesê sy het hom aangemoedig en toe ʼn advertensie van ʼn goedkoop fiets by Game gesien.

“Ons is met al die munte Game toe en het die fiets gaan koop. Hulle het ons baie mooi gehelp om dit als te tel,” het sy gesê.

Die munte wat Vaughn gespaar het, was so ʼn paar rand kort, wat Fish toe self bygedra het. Sy het wel nie vir Vaughn gesê daarvan nie, want sy kon sien hoe belangrik dit vir hom was om dit sélf te doen en self te betaal.

Vaughn gee vir Tony die fiets (Foto: Verskaf)

“Hy is baie trots en was opgewonde om die fiets vir Tony te gaan gee,” het sy gesê.

Fish het gesê Vaughn is nog altyd ʼn baie geselserige, goedhartige seun wat omgee vir ander.

“Sy onderwysers vertel altyd vir my dat hy homself ontferm oor klasmaats wat dalk laaste vir ʼn span gekies is en dat hy ʼn groot hart het. Maar hy is maar net ʼn gewone tienjarige, hy neem net dinge ter harte en dink aan ander.”

Fish het gesê hoewel dit ʼn mooi gebaar van ʼn kind is, het Tony vir Vaughn net so baie waarde gegee deur sy vriendskap.

“Dit is baie oulik, maar Tony het vir my kind tyd gegee. En baie keer is tyd meer waardevol as geld en geskenke. Hulle het ʼn regte vriendskap gebou en regtig met mekaar gesels en mekaar se geselskap geniet. Kinders sien nie kleur of status raak nie, hulle sien net ʼn vriend, en dit is wat Vaughn gesien het. Hy wou net vir sy vriend ʼn fiets koop, so hy het dit gedoen.”

Talle besighede het reeds aan boord gespring om verder vir Vaughn en Tony te help. Fish het vertel dat die restaurant RocoMama’s vir hulle genooi het vir ʼn ete en dat sy toe Maandag vir dié twee vriende daar gaan aflaai het om lekker te kuier en gesels. Sy het hulle toe weer na die tyd opgetel.

Game het ook geskenkbewyse vir beide Tony en Vaughn belowe. En Caltex het beloof om vir die vakansie te betaal waarvoor Vaughn oorspronklik gespaar het.

Fish het gesê hulle het gesels en dat sy Tony en Vaughn dié week nog saam gaan fietsry. Sy het gesê dit is wonderlik om vir Tony die geleentheid te gee om iets te doen wat hy nie noodwendig andersins sou kon doen nie.

“Ek is so trots en so oorweldig met die goeie terugvoer,” het Fish gesê. “Ek hoop jy weet dat van al jou dae op die aarde is my hart vandag die volste en ek is die trotsste wat ek nog ooit op jou was. Hou aan so vrygewig wees met jou tyd en geld en onthou dat deur vreugde na ander te bring, kan jy net soveel vreugde na jouself toe bring. Die wêreld het meer sulke goedhartigheid nodig,” het sy vir haar seun op Facebook geskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Dink Anders ·

PAY IT FORWARD… meer sulke gebare as om eerder oor mense te trap om bo te kom. MAAR… doen dit vir die goedheid uit jou hart en omgee vir jou medemens

Magda ·

Wonderlike gebaar !!
Wonder sommer net hoekom word Vaughn en Tony op hul naam aangespreek in die berig maar Mandy is ‘Fish’??

goggaman ·

Nee nee nee “se maar net” Goed sal altyd seevier oor kwaad – altyd. Ek persoonlik is baie moeg vir al die haat en gierigheid wat in hierdie land maar ook elders aan die orde van die dag is. Mens kan dit nie regmaak deur terug te haat nie. Ons moet iewers begin om dit reg te maak en opregte liefde vir jou medemens is nie n slegte wegspringplek nie. Ek weet dit klink idealisties maar ons moet iewers begin!

Kitty ·

Shoe, wat ‘n goeie storie. Mandy en Vaughn, wil vir julle sê – Here seën julle baie, Hy sien goed in julle se harte wat jul vir ander mense doen. Wel gedaan! :-)

Nou ja Toe. ·

Johannes Kerkorrel:
‘….en gee gee gee! GEE GEE GEE’!
En solank jy dit doen….is die saak reg.
Vra maar vir Amy Biehl.

Bronwyn ·

Sies vir jou…… klein positiewe dinge begin met jouself en as die jonger geslag dit vir ons kan doen en ‘n voorbeeld wees hoekom nie… Jy is net suur oor negatiewe dinge in jou lewe…. kyk bietjie om jou en jy sal sien daar is soveel positiewe dinge om jou en ek hoop en bid dat jy dit sal vind.

Sue ·

Wat ‘n ongelooflike gebaar en wat ‘n fantastiese storie om te lees, te midde van al die negatiwiteit! Bitter trots op jou Vaughn!

Piet Pompies ·

Goeie gebaar, paying forward.
Geen ander persoon het slegte seggenskap oor iemand anders se goeie optrede, moet nie toelaat dat vreemdelinge vir jou voorskryf oor hoe jy moet optree. As dit jou byval om iemand anders se lewe maklik maak, is dit jou keuse, nie ‘n vreemdeling se keuse.
Dit is tyd dat mense besef hulle is uniek, hierdie stereo tipe voorskrifte deur vreemdelinge ontneem mense hulle identiteit en neig tot ‘n gedrag van gebrek aan besluitneming.
Hou jou kop omhoog, wees die person wat God geskape het!

Spike ·

Baie mooi verhaal. Nou toe eff, blf, anc, comrades en kaders ons wag vir julle omgee aan ander.

B ·

Interessant om die verskil in kommentaar hier te lees teenoor gister se motor-skenk berig. Mens kan sommer die verskik in gesindheid aanvoel :)

Mooi so jong man, goed om te sien jou nasiebou projek is op dreef! ?

Ouma Bekkie ·

Ai Vaugh, dit was nou ‘n lieflike gebaar van jou! ek glo Tony geniet sy fiets. En as hierdie ouma geld gehad het, het ek jou ook ‘gesponsor’! Jy is ‘n kind om op trots te wees.

willem Botha ·

My buurman se seun wil ook graag n fiets hê maar sy pa is ontslaan uit n staatsdiens departement slegs oor hy n wit vel het en moes plek maak vir n donker kleur persoon ,wie gaan nou n fiets vir Dawie koop malema,muamane,die anc,nee sy hoop is gevestig op Solidariteit se helpende hand.

Liewe Heksie ·

Ag nee wil hulle gesig koop, presies soos die mense wat hulle kar weg gegee het, tipies ons wittes, staan nooit saam nie.

Johann Jordaan ·

Vriendskap het nie kleur nie, mooi manne geniet die vriendskap en onthou vriende is kosbaar!

Linda ·

Wat n mooi gebaar van so n jong seun !!! As almal in SA maar net so kon wees sou ons so n lekker land he !!!

Staak saam ·

Goeie gebaar bly maar n goeie gebaar.

Die kind vat sy spaarveld om vir n wekende man n fiets te koop, hoekom klink dit nie reg nie?

Elvira ·

Dit IS n goeie gebaar MAAR dink jy vir een oomblik daai man sal vir jou iets doen waar hy sy hand i n sy sak moet steek. Nooit.
Het jy al ooit by robotte opgelet wie gee fooitjies aan die bedelaars?

bollie ·

Wat hy mag doen is nie tersake nie. As jy iets goeds doen vir iemand anders moet jy dit doen sonder om iets terug te verwag.

Elvira ·

Lyk my dis n week van vrygewig wees. Is daar dalk n ryk man wat my kar vir my sal laat diens.

liefie ·

Elvira, ek kyk ook die ding so uit. Dalk sien iemand jou help.

Just a Thought ·

My Father (May he rest in peace) taught me that “It does not matter what people think of you, but it matters what God thinks of you”

Piet Pompies ·

Totally agree, your existence does not require the approval by another human.

bollie ·

My geld gaan vir die Orania Helpsaamfonds. En so nou en dan die DBV.

Ekke ·

Die fiets is ‘n aardse ding wat eendag nie meer sal kan ry nie, maar die vriendskap tussen die twee is lewenslank. Regte vriende is skaars.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.