ToekomsVenster: Die mense staan voor ’n keuse

Foto: Juanita Badenhorst.

Jes. 25:1 – Here, U is my God!

Daar is baie mense wat beweer dat hulle Christene is en in ʼn persoonlike verhouding met God staan maar ʼn mens kan nie help om te twyfel nie. Ons kom juis later in die week uit by watter impak hierdie belydenis op ʼn mens se lewe behoort te hê.

In ons natuurlike staat is ons verwyderd van God. Romeine sê dit mooi, verwyderd van God en van medemens, trouens, sterker as dit, haters van God en van ons medemens. Paulus getuig eweneens daarvan wanneer hy in Efes. 2 oor die geestelike toestand van mense getuig.

Die Jode het die onderskeiding gehad dat hulle binne die verbondslinie grootgeword het. Hulle het die geskiedenis van God met sy volk vanaf die roeping van Abraham met mekaar gedeel. Soos groot dele van die ou Testament getuig het dit hulle nie daarvan weerhou om onverskillig en rebels teenoor God op te tree nie. Die heidene had geen aandeel aan die beloftes wat met die verbondsverhouding gepaard gegaan het nie. Hulle was buite die dampkring van God se openbaring aan Israel. Die Jode was naby en die heidene ver, beide egter sonder God en sonder hoop in hierdie wêreld en dit vanweë die keuses wat hulle self gemaak het.

Immers, Romeine getuig dat geen mens verskoning het by God nie. Uit die natuur kan die grootsheid van sy krag en liefde en Goddelikheid gesien word. Mens kan God nie verwyt dat hy nie in die verbondskring grootgeword het nie. Paulus sê egter beide hulle wat ver was en hulle wat naby was deel moes kry aan God se verlossende genade. Sonder die wedergeboorte kan geen mens die Here ken nie en dit is ʼn gawe van God.

Redding is nie vanuit die mens nie maar vanuit God. Hy neem daarin soos in alles die inisiatief.

Die mense staan voor ʼn keuse om dit wat om Christuswil hom aangebied word in die geloof te omarm of te verwerp. Niemand word gedwing om te glo nie. God erken en respekteer die mense se vryheid in die verband. Die mens moet egter saamleef met die keuse wat hy gemaak het want daar kom ʼn dag van afrekening waar die vraag, wat het jy met Jesus van Nasaret gemaak gevra sal word.

Wie glo is gered en word nie veroordeel nie. Wie nie glo nie is reeds veroordeel omdat hulle nie geglo het in God se verlossingsplan vir hierdie wêreld nie.

Om die vraag dus te antwoord, wie mag hierdie belydenis maak? Net die mens wat buig voor die genade en liefdesaanslag van God drie enig. Dit behoort vanselfsprekend te wees. Wie wil willens en wetens die lewe van die hand wys?

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Chris ·

Ek dink/glo elke mens kry op ‘n stadium in jou lewe die geleentheid of geleeenthede om die maklikste keuse met die verreikendste gevolge te maak. Jy kry ‘n geleentheid om op jou knieë jou sonde te belei en God te dank vir die voorreg/geleentheid/ dat jy Hom kan/mag volg. Jy word geroep/gevra en al wat jy kan sê is ja dankie Here hier is ek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.