Elizna, verlede jaar se hoofmeisie, het agt onderskeidings in die matriekeindeksamen behaal. Sy het A’s gekry in Afrikaans, Engels, wiskunde, rekeningkunde, fisiese wetenskappe, lewenswetenskappe, rekenaartoepassingstegnologie en lewensoriëntering.
Sy gaan vanjaar chemiese ingenieurswese aan die Universiteit van Pretoria studeer en by Madelief-koshuis tuisgaan.
“Chemie en wiskunde het my van jongs af baie geïnteresseer. My pa het ons nuuskierig gemaak en verduidelik hoe chemiese prosesse werk. Hy is ʼn apteker en my rolmodel. Hy het my altyd gehelp as ek iets nie verstaan het nie.”
Elizna het tennis op skool gespeel, aan die ATKV se redenaarskompetisies deelgeneem en bergfietskompetisies aangepak. “Ek en my pa ry gereeld saam bergfietsroetes. Hy het my die sport aangeleer en ek het baie lief geword daarvoor.”
Sy sal altyd dankbaar wees vir die geleenthede wat haar skool haar gebied het.
Moenie net genoeg doen nie, doen meer as wat nodig is.
Volgens Elizna het harde werk en die vermoë om ʼn gebalanseerde lewenstyl te handhaaf gemaak dat sy akademies kon presteer.