Topmatrieks: Nicol glo almal is gelyk

Nicol Stassen

Nicol Stassen

Doen die beste met wat jy het en gebruik elke geleentheid, selfs al gee dit jou ’n onregverdige voordeel bo ander.

Dit is Nicol Stassen van Potchefstroom Gimnasium se lewensfilosofie. Hy het verlede jaar nege vakke gehad en onderskeidings behaal in Afrikaans, Engels, wiskunde, dramatiese kunste en lewensoriëntering.

Volgens Nicol is sy pa, ook Nicol, sy grootste rolmodel. Hy het baie respek vir sy pa, wat sy eie onderneming van niks af opgebou het en begin het deur boeke op straathoeke te verkoop. Vandag is hy die uitvoerende hoof van Protea Boekhuis, wat verskeie winkels het.

Nicol wil vanjaar wiskunde en statistiek by die Universiteit Stellenbosch gaan studeer. Daarna wil hy ondervinding opdoen en dalk sy eie onderneming in finansiële dienste begin. Hy beplan ook om ’n ontwikkelaar te word.

In sy skoolloopbaan het Nicol skaak gespeel en op die Gimmie-koshuisraad gedien. Hy was deel van Noordwes se A-span vir skaak en by die SA’s het hy 35 ste geëindig.

Nicol beskryf homself as iemand wat probeer om altyd nederig te wees.

Ek glo dat almal gelyk is en ek probeer om almal so te hanteer.

Hy meen hy is ’n lojale vriend wat uit sy pad sal gaan om sy vriende te help.

Nicol se ma, Suzette, is ’n grondslagfase-onderwyseres. Het het drie sussies, Liesl, ’n derdejaar mediese student, Talita, ’n sekretaresse, en Anna, wat vanjaar in gr. 3 is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.