Topmatrieks: Ruan presteer danksy ‘goeie gene en harde werk’

Ruan Steenkamp

Ruan Steenkamp

Ruan Steenkamp van die Hoërskool Waterkloof in Pretoria skryf sy agt onderskeidings aan goeie gene en harde werk toe.

Ruan het onderskeidings in Afrikaans, Engels, wiskunde, geografie, fisiese wetenskappe, musiek, inligtingstegnologie en lewensoriëntering behaal.

Hy gaan vanjaar aktuariële wetenskappe aan die Universiteit van Pretoria studeer. “Ek hou baie van wiskunde en die finansiële industrie interesseer my. Ek hoor daar is ook baie geld in die versekeringsindustrie en sal graag daar wil werk,” het Ruan geskerts.

Wiskunde en inligtingstegnologie was sy gunstelingvakke op skool. Ruan het ʼn groot liefde vir die saksofoon en was ʼn lid van die skool se orkes. “Ek sal nooit die lang ure se oefen vergeet nie.”

Hy was ook kaptein van die skool se eerste skaakspan en het erekleure in akademie ontvang.

Ruan se pa, Dirk, is sy rolmodel. “Ek kyk op na hom. Hy is ʼn voorbeeld van iemand wat altyd hard werk. Hy gee baie om vir ons en is baie lief vir ons.”

Sy raad aan gr. 12’s: “Kies vakke wat vir jou interessant is. Dit het gemaak dat ek presteer.”

Volgens Ruan het sy nuuskierigheid hom geprikkel om meer oor sy skoolvakke na te vors.

Matrieks moet nie klas mis nie. Doen wat gedoen moet word, want niks in die lewe kom maklik nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.