Topmatrieks: Suné geïnteresseerd in kernkrag

Suné Grobbelaar

Suné Grobbelaar

“Maak nie saak hoe slim jy is nie, dit is die harde werk wat jy insit.” Só sê Suné Grobbelaar van Hoërskool Waterkloof in Pretoria oor haar nege onderskeidings.

Sy het A’s in Afrikaans, Engels, wiskunde, fisiese wetenskappe, ekonomie, rekeningkunde, rekenaartoepassingstegnologie, geskiedenis en lewensoriëntering behaal.

“Ons elkeen kry dieselfde hoeveelheid tyd, en ʼn dag het altyd dieselfde getal ure. Dit hang net van jouself af wat jy met daardie tyd gaan doen. Gaan jy dit effektief gebruik sodat jy jou doelwitte en sukses kan behaal?”

Suné gaan vanjaar weer haar resep vir sukses volg wanneer sy chemiese ingenieurswese by die Universiteit Stellenbosch gaan studeer. “Ek is veral geïnteresseerd in kernkrag en kernenergie, dit is ʼn breë veld wat my lok.”

Suné is van gr.8 af die toppresteerder in haar klas. Sy speel graag klawerbord en het Unisa se gr.5-eksamen gespeel. Sy was ʼn joernalis by haar skool se koerant. “Ek het ook graag aan akademiese kompetisies deelgeneem en my skool verteenwoordig.”

Suné kyk op na haar ouers, Wim en Maud, aangesien hulle vir haar ʼn goeie voorbeeld stel.

Ek gaan my skooljare mis en sal die goeie vriende wat ek gemaak het koester. By ons skool was daar die gevoel van ʼn gemeenskap wat saamstaan. Ek dink nie ek sal so iets weer beleef nie.

Haar raad aan toekomstige matriek is: “Werk deurlopend en voltooi altyd die hele eksamenvraestel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Wynand Bezuidenhout ·

Die meisiekind moet betrokke raak met die ontwikkeling van Thorium reaktors. Dit is ons wereld se toekoms energie bron. Die tegnologie behoort volgens Bill Gates teen 2022 beskikbaar te word. Ons het jong energievolle mense soos hierdie nodig om nou al daarby deel te neem want dit sal ons energie krisis tot n einde bring. Maroela media kan gerus bietjie opkyk oor “Thorium ractors” op Youtube en Suid Afrikaners meer bewus maak van die verwikkelinge. In my opinie behoort Eskom en die regering ernstige aandag daaraan te skenk en deel te neem aan die oefening. Indie het onlangs die eerste Thorium reaktor geinstalleer. Ek sien al hoe hierdie meisiekind vir haar n blink toekoms daaruit kan bou. Sy moet sommer vir Bill Gates ‘n e-pos stuur en haar geintreseerdheid uitwys want hy is op die stadium n belangrike skakel in die proses….wie nie waag nie sal nie wen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.