Ons troeteldiere is deel van die gesin – of dit nou hond, kat, papegaai of troetelvarkie is.
Ons het lesers genooi om hul troeteldierfoto’s met ons te deel. Uit duisende inskrywings moes die span beoordelaars behoorlik kopkrap.
Ons het die foto’s baie geniet! Van troeteldiere wat die Springbokke ondersteun, ʼn rits honde, katte en ook bokke, reptiele, meerkatte, visse, varkies, apies en selfs ʼn vlakvark en ʼn emoe.
Stem vir jóú gunstelinge en kom in aanmerking vir ʼn geskenk van Afrivet!
ʼn Ekstra bederf
Afrivet bederf sewe persone wat aan die stemmery deelneem asook elke kategoriewenner met die boek ʼn Gids tot dieresiektes in Suid-Afrika: Katte en honde. ʼn Kalmerende halsband vir katte word ook ingesluit. Die waarde van dié prys beloop R600.
Loer na die foto’s en stem nou vir jou gunsteling uit elke kategorie.
Maak seker jou stem bereik ons voor 5 November 2023.
Top-10-finaliste in die kat-kategorie
- Petro Heyneman van Swellendam, Wes-Kaap
- Suné Laing van Kaapstad, Wes-Kaap
- Karen Breytenbach van Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal
- Elmarie Delport van Kimberley, Noord-Kaap
- Alta Booyse van Witbank, Mpumalanga
- Tania Human van Potchefstroom, Noordwes
- Nika du Plessis van Ellisras, Limpopo
- Juanri Topham van Johannesburg, Gauteng
- Karlien Visser van Wellington, Wes-Kaap
- Doria Cucciolillo van Parklands, Wes-Kaap
Top-10-finaliste in die ander-kategorie
- Leané Grobler van Randburg, Gauteng
- Wikus Myburgh van Modimolle, Limpopo
- Lenette Duvenage van Bloemfontein, Vrystaat
- Alta Selzer van Fouriesburg, Vrystaat
- Tania van Rooyen van Potchefstroom, Noordwes
- Liezel du Toit van die Paarl, Wes-Kaap
- Carin Vrolijk van George, Wes-Kaap
- Cat Schramm van Pretoria, Gauteng
- Anina Panther van Ottosdal, Noordwes
- Lizaan du Toit van Standerton, Mpumalanga
Top-10-finaliste in die hond-kategorie
- Ancois Olivier van George, Wes-Kaap
- Mari-Lynn Hoy van Nelspruit, Mpumalanga
- Marius Steenkamp van Pretoria, Gauteng
- Estaschia Cossadianos van Centurion, Gauteng
- Lelanie Venter van Reitz, Vrystaat
- Marcelle Smit van Pretoria, Gauteng
- Lise du Toit van Durbanville, Wes-Kaap
- Karen Breytenbach van Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal
- Riaan Nel van Pretoria, Gauteng
- Hanré van Geffen van Pretoria, Gauteng
Stem vir jou gunsteling
Die kompetisie het gesluit.
Bepalings en voorwaardes
- Die sluitingsdatum vir stemmery is 5 November 2023 @ 23:45.
- Die wenners van die onderskeie afdeling sal aangewys word uit die hoeveelheid stemme wat per kategorie ontvang word.
- Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
- Die geskenkbewyse en pryse kan nie vir kontant omgeruil word nie.
- Daar is uiteindelik vyf kategoriewenners: die algehele wenner in die honde-kategorie; die naaswenner in die honde-kategorie; die algehele wenner in die katte-kategorie; die naaswenner in die katte-kategorie en die algehele wenner in die kategorie vir enige diere wat nie honde of katte is nie.
- Sewe persone wat aan die stemmery deelneem, se name sal lukraak uit alle stemme getrek word vir die Afrivet-prys.
- Maroela Media kan nie aanspreeklik gehou word as jou inskrywing ons weens tegniese redes nie bereik nie.
- Maroela Media sal die wenners telefonies en per e-pos kontak.
- Die onderskeie ondernemings sal self die geskenkbewyse of pakkie aan die wenners versend.
- Indien jy nie van ons hoor nie, kan jy aanvaar dat jy nie ʼn wenner was nie.
- Die kategoriewenners se name en foto’s sal op Maroela Media bekendgemaak word. Die sewe wenners uit die stemmery se name sal ook op Maroela Media bekendgemaak word.
- Slegs lesers wat in Suid-Afrika woon kan in aanmerking kom vir die pryse.
- Jy moet ouer wees as 18 om aan die kompetisie deel te neem.
Pryse vir die kategoriewenners
Enige troeteldier buiten katte of honde
Die wenner uit die kategorie “enige ander troeteldier” wen ʼn baie spesiale lyn-illustrasie van jou troeteldier deur Bearer of Good News. Die waarde van die prys beloop R650,00.
- Bearer of Good News is ʼn klein onderneming wat digitale moderne lyn-illustrasies van jou beste maat – enig in sy soort – doen. Dit is hier waar liefde vir kuns en troeteldiere saamsmelt. Besoek die webwerf vir meer inligting.
Honde
Die algehele wenner van die honde-afdeling ontvang ʼn geskenkbewys van Pennie and Me, ʼn geskenkbewys van Jelico en ʼn geskenkbewys van Floofen. Die waarde van dié prys beloop R950,00.
- Pennie and Me is ʼn klein onderneming in die Tuinroete wat naamplaatjies uit koper vir troeteldiere maak. Elke naamplaatjie word spesiaal met die hand gemaak. Hulle maak ook blommekranse vir honde – die perfekte bykomstigheid vir spesiale geleenthede soos troues en fotosessies. Die waarde van dié geskenkbewys beloop R250,00. Besoek die webwerf vir meer inligting.
- Jelico maak luukse troeteldiermeubels. Die reeks sluit in bamboes- en staalverhoogde voerders, bamboesbeddens, stylvolle hondetrappe en estetiese katskrapers en katmuureenhede wat naatloos by jou huis sal inskakel. Elke item is plaaslik handgemaak om kwaliteitprodukte te skep wat nie net mooi is nie, maar ook funksioneel en volhoubaar is. Die waarde van dié geskenkbewys beloop R500,00. Besoek die webwerf vir meer inligting.
- Floofen treatz is ʼn klein onderneming wat tydens die Covid-19-pandemie ontstaan het. ʼn Brakkie, Leila, het heelwat gewig opgetel van hondekoekies en die idee het toe ontstaan om ʼn gesonder alternatief te vervaardig. Floofen treatz is ʼn bakkery wat daarin spesialiseer om graanvrye koekies en koeke, wat vry is van enige kunsmatige middels, vir honde te bak. Vir die vierpotiges wat glutenallergieë het, word daar spesiale glutenvrye lekkernye gebak. Die waarde van dié geskenkbewys beloop R200,00. Besoek die webwerf vir meer inligting.
- Pennie and Me (Foto verskaf)
- Pennie and Me (Foto verskaf)
- Jelico (Foto verskaf)
- Jelico (Foto verskaf)
- Floofen treatz (Foto verskaf)
- Floofen treatz (Foto verskaf)
Die naaswenner in die honde-afdeling ontvang ʼn geskenkbewys van Pennie and Me en ʼn geskenkbewys van Floofen. Die waarde van dié prys beloop R450,00.
- Pennie and Me is ʼn klein onderneming in die Tuinroete wat naamplaatjies uit koper vir troeteldiere maak. Elke naamplaatjie word spesiaal met die hand gemaak. Hulle maak ook blommekranse vir honde – die perfekte bykomstigheid vir spesiale geleenthede soos troues en fotosessies. Die waarde van dié geskenkbewys beloop R250,00. Besoek die webwerf vir meer inligting.
- Floofen treatz is ʼn klein onderneming wat tydens die Covid-19-pandemie ontstaan het. ʼn Brakkie, Leila, het heelwat gewig opgetel van hondekoekies en die idee het toe ontstaan om ʼn gesonder alternatief te vervaardig. Floofen treatz is ʼn bakkery wat daarin spesialiseer om graanvrye koekies en koeke, wat vry is van enige kunsmatige middels, vir honde te bak. Vir die vierpotiges wat glutenallergieë het, word daar spesiale glutenvrye lekkernye gebak. Die waarde van dié geskenkbewys beloop R200,00. Besoek die webwerf vir meer inligting.
- Pennie and Me (Foto verskaf)
- Pennie and Me (Foto verskaf)
Katte
Die algehele wenner van die katte-afdeling ontvang ʼn geskenkbewys van Pennie and Me en ʼn geskenkbewys van Cat & I. Die waarde van dié prys beloop R550,00.
- Pennie and Me is ʼn klein onderneming in die Tuinroete wat naamplaatjies uit koper vir troeteldiere maak. Elke naamplaatjie word spesiaal met die hand gemaak. Hulle maak ook blommekranse vir honde – die perfekte bykomstigheid vir spesiale geleenthede soos troues en fotosessies. Die waarde van dié geskenkbewys beloop R250,00. Besoek die webwerf vir meer inligting.
- Cat & I het begin toe die eienaar ʼn katjie genaamd Knuffel aangeneem het, maar gesukkel het om die aanbevole katharnas in Suid-Afrika op te spoor. Dit het die saadjie geplant om Suid-Afrikaanse kateienaars van pragtige katharnasse en bykomstighede te voorsien sonder om die veiligheid en gemak van hul katte in te boet. Die harnasse en bykomstighede word gemaak van 100% katoen, wat beteken dit is lig en die dier kan selfs tydens die Suid-Afrikaanse somers steeds maklik asem haal. Slegs plaaslik gedrukte materiaal word gebruik en elke item word met die hand in Kaapstad vervaardig. Cat & I is ʼn baie klein span wat bestaan uit drie Suid-Afrikaanse dames en ons meowdel en “proefkonyn” Knuffel die kat. Items word slegs by die versameling bygevoeg as Knuffel sy poot van goedkeuring gee. Die waarde van dié geskenkbewys beloop R300,00. Besoek die webwerf vir meer inligting.
- Pennie and Me (Foto verskaf)
- Pennie and Me (Foto verskaf)
- Cat & I (Foto verskaf)
- Cat & I (Foto verskaf)
Die naaswenner van die katte-afdeling ontvang speelgoed van Insomni Cat Toys en ʼn geskenkbewys van Floofen. Die waarde van dié prys beloop R410,00.
- Insomni Cats Toys het begin as ʼn stokperdjie tydens die Covid-19-pandemie. Die eienaar was gefrustreerd oor die gebrek aan verskeidenheid in katprodukte in vergelyking met hondeprodukte. Sy het in dieselfde tyd in viltwerk begin belangstel, vilt gekoop en begin eksperimenteer. ʼn Paar van die speelgoed is met vriende gedeel en die onderneming het van daar gegroei. Insomni Cats Toys se doel is om oulike, duursame speelgoed teen bekostigbare pryse te verskaf. Dié prys sluit in ʼn Flamingo Rod Toy, stelletjie van drie Zoo-koekies, Valerian Root Whale, Doughnut, Jungle Balls, stelletjie van vyf muise en ʼn Dangly Squid. Die waarde van die prys beloop R260-00. Besoek die Instagram-profiel vir meer inligting.
- Floofen treatz is ʼn klein onderneming wat tydens die Covid-19-pandemie ontstaan het. ʼn Brakkie, Leila, het heelwat gewig opgetel van hondekoekies en die idee het toe ontstaan om ʼn gesonder alternatief te vervaardig. Floofen treatz is ʼn bakkery wat daarin spesialiseer om graanvrye koekies en koeke, wat vry is van enige kunsmatige middels, vir honde te bak. Vir die vierpotiges wat glutenallergieë het, word daar spesiale glutenvrye lekkernye gebak. Die waarde van dié geskenkbewys beloop R150,00. Besoek die webwerf vir meer inligting.