Troeteldierfoto’s: Geluk aan die wenners!

(Foto: Shutterstock)

Ons troeteldiere is deel van die gesin – of dit nou hond, kat, papegaai of troetelvarkie is.

Ons het lesers genooi om hul troeteldierfoto’s met ons te deel. Maroela se lesers het ʼn kans gehad om hul gunstelinge aan te wys uit die toptien-inskrywings in die kategorie vir honde, vir katte en vir enige ander dier.

Afrivet het boonop sewe persone bederf wat aan die stemmery deelgeneem het. Baie geluk aan Augusta Pretorius, Junita de Beer, Chantal Grobler, Ryno Freidberg, Helga van der Merwe, Ester-Helene Clark en Hantie Lourens wat elkeen die boek ʼn Gids tot dieresiektes in Suid-Afrika: Katte en honde wen. ʼn Kalmerende halsband vir katte word ook ingesluit. Die waarde van dié prys beloop R600.

Elke kategoriewenner ontvang ook dié prys van Afrivet.

Hiermee die kategoriewenners:

Kat-kategorie: Wenner

Baie geluk aan Elmarie Delport van Kimberley in die Noord-Kaap. Haar kat Happy ontvang ʼn geskenkbewys van Pennie and Me en ʼn geskenkbewys van Cat & I. Die waarde van dié prys beloop R550,00.

Elmarie Delport

Kat-kategorie: Naaswenner

Baie geluk aan Suné Laing van Kaapstad in die Wes-Kaap. Haar kat ontvang speelgoed van Insomni Cat Toys en ʼn geskenkbewys van Floofen. Die waarde van dié prys beloop R410,00.

Sune Laing

Hond-kategorie: Wenner

Baie geluk aan Karen Breytenbach van Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal. Haar hond Flynn ontvang ʼn geskenkbewys van Pennie and Me, ʼn geskenkbewys van Jelico en ʼn geskenkbewys van Floofen. Die waarde van dié prys beloop R950,00.

Karen Breytenbach

Hond-kategorie: Naaswenner

Baie geluk aan Ancois Olivier van George in die Wes-Kaap. Haar hond Oliver (of Ollie) ontvang ʼn geskenkbewys van Pennie and Me en ʼn geskenkbewys van Floofen. Die waarde van dié prys beloop R450,00.

Ancois Olivier

Ander-kategorie: Wenner

Baie geluk aan Lizaan du Toit van Standerton in Mpumalanga. Haar twee donkies, Lira (links op die foto) en ma Saartjie (of Sanna) het vir Lizaan ʼn baie spesiale lyn-illustrasie van haar troeteldiere deur Bearer of Good News in die sak gebring. Die waarde van die prys beloop R650,00.

Lizaan du Toit

Baie dankie aan ons borge

  • Bearer of Good News is ʼn klein onderneming wat digitale moderne lyn-illustrasies van jou beste maat – enig in sy soort – doen. Dit is hier waar liefde vir kuns en troeteldiere saamsmelt. Besoek die webwerf vir meer inligting.

 

Bearer of Good News (Foto verskaf)

  • Pennie and Me is ʼn klein onderneming in die Tuinroete wat naamplaatjies uit koper vir troeteldiere maak. Elke naamplaatjie word spesiaal met die hand gemaak. Hulle maak ook blommekranse vir honde – die perfekte bykomstigheid vir spesiale geleenthede soos troues en fotosessies. Die waarde van dié geskenkbewys beloop R250,00. Besoek die webwerf vir meer inligting.
  • Jelico maak luukse troeteldiermeubels. Die reeks sluit in bamboes- en staalverhoogde voerders, bamboesbeddens, stylvolle hondetrappe en estetiese katskrapers en katmuureenhede wat naatloos by jou huis sal inskakel. Elke item is plaaslik handgemaak om kwaliteitprodukte te skep wat nie net mooi is nie, maar ook funksioneel en volhoubaar is. Die waarde van dié geskenkbewys beloop R500,00. Besoek die webwerf vir meer inligting.
  • Floofen treatz is ʼn klein onderneming wat tydens die Covid-19-pandemie ontstaan het. ʼn Brakkie, Leila, het heelwat gewig opgetel van hondekoekies en die idee het toe ontstaan om ʼn gesonder alternatief te vervaardig. Floofen treatz is ʼn bakkery wat daarin spesialiseer om graanvrye koekies en koeke, wat vry is van enige kunsmatige middels, vir honde te bak. Vir die vierpotiges wat glutenallergieë het, word daar spesiale glutenvrye lekkernye gebak. Die waarde van dié geskenkbewys beloop R200,00. Besoek die webwerf vir meer inligting.

 

Floofen treatz (Foto verskaf)

  • Cat & I het begin toe die eienaar ʼn katjie genaamd Knuffel aangeneem het, maar gesukkel het om die aanbevole katharnas in Suid-Afrika op te spoor. Dit het die saadjie geplant om Suid-Afrikaanse kateienaars van pragtige katharnasse en bykomstighede te voorsien sonder om die veiligheid en gemak van hul katte in te boet. Die harnasse en bykomstighede word gemaak van 100% katoen, wat beteken dit is lig en die dier kan selfs tydens die Suid-Afrikaanse somers steeds maklik asem haal. Slegs plaaslik gedrukte materiaal word gebruik en elke item word met die hand in Kaapstad vervaardig. Cat & I is ʼn baie klein span wat bestaan ​​uit drie Suid-Afrikaanse dames en ons meowdel en “proefkonyn” Knuffel die kat. Items word slegs by die versameling bygevoeg as Knuffel sy poot van goedkeuring gee. Die waarde van dié geskenkbewys beloop R300,00. Besoek die webwerf vir meer inligting.
  • Insomni Cats Toys het begin as ʼn stokperdjie tydens die Covid-19-pandemie. Die eienaar was gefrustreerd oor die gebrek aan verskeidenheid in katprodukte in vergelyking met hondeprodukte. Sy het in dieselfde tyd in viltwerk begin belangstel, vilt gekoop en begin eksperimenteer. ʼn Paar van die speelgoed is met vriende gedeel en die onderneming het van daar gegroei. Insomni Cats Toys se doel is om oulike, duursame speelgoed teen bekostigbare pryse te verskaf. Dié prys sluit in ʼn Flamingo Rod Toy, stelletjie van drie Zoo-koekies, Valerian Root Whale, Doughnut, Jungle Balls, stelletjie van vyf muise en ʼn Dangly Squid. Die waarde van die prys beloop R260-00. Besoek die Instagram-profiel vir meer inligting.

Insomni Cats Toys (Foto’s verskaf)

  • Afrivet bederf sewe persone wat aan die stemmery deelneem asook elke kategoriewenner met die boek ʼn Gids tot dieresiektes in Suid-Afrika: Katte en honde. ʼn Kalmerende halsband vir katte word ook ingesluit. Die waarde van dié prys beloop R600.

Afrivet-geskenk (Foto verskaf)

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.