Troeteldierfoto’s: Hier is al die wenners!

Die wenners van die troeteldierfotokompetisie

Ons troeteldiere is mos deel van die gesin en daarom het ons vir Maroela-lesers gevra om hul beste troeteldierfoto’s met ons te deel.

Ons beoordelaars moes eers deur die duisende inskrywings sif wat ons ontvang het – van honde en katte tot hoenders, skape, varkies, donkies, papegaaie en selfs ʼn skilpad en ʼn vlakvark. Daarna het ons lesers gehelp om ʼn wenner vir elke kategorie te kies.

Daar was vyf kategorieë:

  • snaakse oomblikke
  • slapende diere
  • oulikste gesiggie
  • mooi van lelikgeit en
  • ek lyk soos my dier

Algehele wenner 

Rani (Foto: Ilse Meyer van Centurion)

Een foto het egter koning gekraai en die meeste stemme gewerf. Ilse Meyer van Centurion se foto van Rani is as die algehele wenner aangewys. Sy is ook die kategoriewenner in die kategorie “oulikste gesiggie”. Ilse ontvang R3 000 kontant (R1 000 as kategoriewenner en ʼn ekstra R2 000 kontant as algehele wenner). ʼn Skenking van R2 000 word ook aan die liefdadigheidsorganisasie van haar keuse gemaak.

Ilse is baie opgewonde oor dié prys. Sy versorg papegaaie wat uit haglike toestande gered word en sy dra self finansieel by tot hul operasies en enige mediese behandeling wat hulle moet ondergaan. Die prysgeld sal dus net só aangewend word vir ander papegaaie wat nie so gelukkig is soos die sewejarige Rani wat vroeg reeds gered is nie.

Rani is een van slegs ʼn handjievol papegaaie wêreldwyd wat met ʼn seldsame bloedsiekte gediagnoseer is en help Ilse met bewusmaking en liefdadigheidswerk. “Sy is ʼn ikoon!” sê Ilse. “Mens kan mos sommer op die foto sien sy word lekker baie bederf.”

Rani het selfs haar eie kruiereeks wat gesonde happies vir papegaaie vervaardig.

Ilse kies “Laat Waai Papegaai” as die liefdadigheidsorganisasie waarvoor die R2 000 geskenk word.

Kategoriewenners

Die volgende persone het koning gekraai in hul onderskeie kategorieë en wen elkeen ʼn kontantprys van R1 000.

  • Helena de Wet van Pretoria met haar foto van Spot in die kategorie “snaakse oomblikke”
  • Inalize Burger van Louis Trichardt met haar foto van Bella (eland) en Jager in die kategorie “slapende diere”
  • Christelle Faihst van Griekwastad met haar foto van Lelik in die kategorie “mooi van lelikgeit”
  • Steven Opperman van Danabaai met ʼn foto van hom en Zoey in die kategorie “ek lyk soos my dier”.

Dotsure-geskenkpakke 

Twee persone wat foto’s ingeskryf het wen elkeen ook ʼn geskenkpak ter waarde van R2 500 van dotsure.co.za. Dié twee geskenkpakke bestaan elkeen uit die volgende:

    • Vier Le Creuset-bekers
    • Een Le Creuset medium hondebak
    • Een dotsure.co.za-kombersie
    • Een dotsure.co.za-strikdas
    • Baxter & Co: Twee klein/medium bandanas, leer halsband (medium)
    • Mimi & Munch: Lekmat en wortelsnoep-sakkie
    • EcoWag: Groot speelgoedbal en ring
    • Lindt-sjokolade (vir die mense in die huis, natuurlik)

Dié twee wenners is:

  • Lerene Sadie van Kraaifontein met haar foto van Tahiti en Cotton in die kategorie “oulikste gesiggie”
  • Marie Nel van Nelspruit met haar foto van Nonna (die skaap) in die kategorie “snaakse oomblikke”

Wie is Dotsure.co.za?

dotsure.co.za bied uitstekende kliëntediens en produkte wat by elke kliënt se behoeftes pas. Elke keer wat dotsure.co.za met ʼn kliënt gesels is die belangrikste doel om seker te maak dat hulle ʼn positiewe ervaring het. “We create fans, not policyholders.

Vir troeteldier-, motor- en besigheidsversekering, besoek www.dotsure.co.za vir ʼn verpligtingvrye kwotasie.

*Dotsure Limited (Reg. nr. 2006/000723/06) is ʼn gelisensieerde nie-lewensversekeraar en gemagtigde finansiëlediensteverskaffer (FSP39925).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Sandra

Ag in my opinie is al die vierpotiges wenners.

Chantel

Oulike foto’s, diere is darem maar vol streke.