Trourok, troufoto’s vir die eerste keer ná 77 jaar

Royce en Frankie King (Foto: Hilary Michelson via St. Croix Hospice/Facebook)

Royce King (98) en sy vrou Frankie (97) kon uiteindelik ná 77 jaar saam troufoto’s neem danksy Hospice-werkers.

Toe die egpaar in 1944 getrou het, was daar nie tyd om ʼn fotograaf of selfs ʼn trourok te huur nie. Royce was twee dae met verlof voor hy oorsee moes reis om in die Tweede Wêreldoorlog te gaan veg.

Dié egpaar van Iowa in die VSA het egter ʼn baie spesiale 77ste huweliksherdenking gevier toe personeel by St. Croix Hospice vir hulle ʼn spesiale bruilof gereël het.

Frankie het ʼn trourok uit die 1940’s gedra en Royce het sy Lugmaguniform aangehad.

Hilary Michelson, ʼn personeellid by St. Croix wat ook ʼn professionele fotograaf is, het die spesiale dag verfilm sodat die King-egpaar nou ook met ʼn troualbum kan spog.

Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

ONTPS ·

Pragtige voorbeeld van uithou en aanhou. Liefde seëvier altyd

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.